Video: Rover se eerste tree ná tiener glo ‘spierkrag op hom toets’

Rover voor sy operasie. (Foto: DBV)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein sê hy is oorweldig deur die publiek se reaksie nadat hy Sondag ʼn hondjie gered het wat se been glo deur ʼn tiener gebreek is.

Die DBV is na ʼn huis in die stad ontbied waar ʼn hond onophoudelik getjank het. Daar het hulle die hond, ʼn terriërkruising, in ʼn plas bloed aangetref. Die dier kon glad nie beweeg nie.

Die hond se 17-jarige eienaar het inspekteurs van die DBV probeer weghou en die polisie is ontbied om in te gryp. Volgens die DBV het die seun gesê hy oefen graag in die gimnasium en gebruik aanvullings om sy spiere te bou. Hy het glo op sosiale media gesien hoe mense swaar voorwerpe optel om hul krag te toets. Hy het dieselfde gedoen en selfs ʼn besemstok gebreek. Hy het daarna inligting op die internet opgesoek oor hoe sterk bene is en watter mate van krag dit verg om ʼn been te breek.

Hy het die hond, Rover, nader geroep en op sy been begin druk tot dit eindelik gebreek het. Dit het só sleg gebreek dat die been deur die vel gesteek het.

Die DBV sê Rover het onophoudelik getjank terwyl daar op die owerhede gewag is en inspekteurs kon die dier eers begin help nadat die polisie die tiener in hegtenis geneem het.

“Dit was skrikwekkend om te sien,” het Duan Matthee, ʼn DBV-inspekteur, gesê.

Hy het gesê nadat hulle ʼn beroep op die publiek gedoen het om te help met skenkings om te betaal vir ʼn operasie aan Rover se been, is hulle oorweldig deur die positiewe reaksie.

Rover se linkeragterbeen is Maandag afgesit. (Skermgreep: DBV)

Rover het Maandag reeds dié operasie ondergaan en weens die aard van die fraktuur moes sy linkeragterbeen noodgedwonge afgesit word.

“Dit gaan regtig baie goed met Rover. Die operasie was suksesvol en hy het reeds sy eerste treë gegee,” het Matthee gesê.

Die DBV benodig egter steeds geld vir Rover se rehabilitasie. Hy gaan onder meer swemterapie ondergaan en moet spesiale kos eet om sy gewrigte te versterk.

“Ons was verstom deur die publiek se ondersteuning. Elke donasie het vir ons iets beteken,” het Matthee gesê.

Meer as 300 mense het reeds aangebied om die hondjie aan te neem en die proses om vir hom ʼn permanente huis te vind, het reeds begin. Hy sal egter eers na sy permanente tuiste gaan sodra ʼn veearts tevrede is dat hy voldoende herstel het.

Volgens Matthee is ʼn klagte van dieremishandeling teen die 17-jarige seun by die polisie aanhangig gemaak. Hulle wag nog op terugvoer van die polisie oor vordering met die saak.

Intussen oefen Rover om op drie bene oor die weg te kom. Die DBV het Donderdag ʼn video gedeel waarin gesien kan word watter goeie vordering die hondjie reeds getoon het.

“Ons is positief alles gaan goed uitwerk,” het Matthee gesê.

#Rover

Posted by Bloemfontein SPCA on Wednesday, December 18, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Anoniem ·

Hy is n sadis dis n twak storie geen regdenkende mens gaan sy krag op n onskuldige dier uit haal nie as hy dit aan n dier doen wat kan hy nie als aan n onskuldige kind of mens doen nie maak sy identiteit bekend sodat hy vir sy walglike dade kan pa staan te veel wil verskonings vir hul swak gedrag en maniere soek hy is verby wreed en moet n erge straf opgele word wonder hoe sou hy voel as die rolle omgeruil was nee hy is somer n wreedaard

Lizelda ·

Dankie Annonime se ek ook. As hy DIT kan doen doen hy al lankal “groot mens” goed, so WYS SY GEVREET!!!!!!!!!!!!!!!!!

Annelize ·

Goeie genade! My bloed KOOK!!!! Ek sal so kind mos te lyf gaan, hy sal dink hy is omsingel!

Daai kind kort dringend psigiatriese hulp, want hy het ernstiglik ‘n skroef los as hy sulke goed kan aanjaag. So bitter bly die hondjie is gehelp, aan die emosionele letsels wil ek nie eers dink nie.

Ek hoop hierdie kind word bitter hard gestraf. Ek hoop MM hou ons op hoogte rondom die saak.

dam ·

Hy is lank nie meer n kind nie, vol steroids en n toekoms in misdaad. Een dag wil hy sy krag op n vrou en kinders ook tots, sluit op die ding.

LOUISE ·

Die arme hondjie,, op 17 jarige ouderdom glo ek ken jy al die verskil tussen reg en verkeerd, die kind moet sommer die swaarste straf denkbaar vir diere mishandeling kry, waar was die ouers? opvoeding? nee regtig,,, sou graag wil weet hoe lyk so n nikswerd wat homself n mens noem, nee hell man,, baie dankie aan die DBV vir julle hulp en dat julle dit nie daar gelos het nie

Gerrit ·

Daar is groot fout met n samelewing se regstelsel indien verpligte doodstraf nie vir so iets geld nie.

Oog vir n Oog ·

Hierdie tipe mishandeling gebeur daagliks – ons wèèt nou maar net van uitsonderings soos diè te danke aan die media.
Vir my is daar GEEN verskil tussen n hartelose imbesiel wat n hond se been breek en diè wat sy hond vir jare aan n kort ketting hou nie; en genadeloos sonder kos of water aan die natuur se elemente blootstel. Wat van hierdie arme ‘Rovers’, wat so allerdaags is, geïgnoreer word en nìè mediadekking of hulp kry nie? Dis tyd dat die samelewing hulle ophou blind staar teen dieremishandeling!

ria de beer ·

Baie baie siek mens wat dit doen. As hy dit aan ‘n dier kan doen wat sal hy nie aan ‘n mens kan doen….

Asmain ·

Stem saam Ria….meeste reeksmoordenaars & psigopate begin op n jong ouderdom reeds diere seer te maak, daarna eskaleer dit tot marteling & moord van mense.

Santie ·

Tranne in my oe ek is so happy te sien die woef is okay !!! hy gaan die beste huis ooit kry.Hoe enige mens n dier seer kan maak sal ek nooit kan verstaan nie.

Lc ·

Verbied hom uit alle gym’s in die land, as hy by een van die groot gym,’s oeffen maak sekker hulle skort sy lidmaatskap op.
Seun jy behoot in instansie wat jou kop so bietjie Kan skoon maak. O try n slag n regte body builder se bene breek, Ek wil net graag Daar wees on dit te sien, moet nie die manne se sport goedkoop maak nie, hierdie krag manne gaan vir jou seer maak

toy ·

Daar is groot fout met die kind. Dit klink vir my meer of hy sigopaties is. Hy kan gaan kyk hoe sterk hy is om ysters te buig en nie dierbare hondjie se been nie. Dit is verskriklik WREED.

Josi ·

Plaas bietjie n foto van die 17jarige monster. Ek weet ek weet “minderjarig” ek voel die misdadigers moet GEEN reg he op privaatheid nie

Jou arme hondekind ·

Jy wat dit aan hierdie hulpelose klein hondjie gedoen het is ‘n onmenslike wreedaard!! Jy behoort te boet vir jou wreedheid. En nog steeds is daar net liefde in daardie klein hondjie se oë.

Mag die mense wat hierdie klein hondjie gaan aanneem en versorg hom toevou met liefde en menslikheid. Dankie aan almal wat al gehelp het om hierdie hondjie se lewe draaglik te maak.

Lee ·

Ek is so bly Rover herstel mooi. Was so bekommerd oor hom gewees. Hoop daai tiener mag NOOIT weer ‘n dier besit nie. Hy moet eintlik as deel van sy straf by die DBV gaan hokke skoonmaak en elke maand vir hulle geld gee in plaas vfan opkikkers koop. Arme hond.

Sandra ·

Lee, ek stem 100% Saam. Hy moet hokke skoonmaak, al die vuilwerk doen. Hy is Mos sterk en Kan swaargoed optel. Gebruik dan nou jou krag, boetie. Vieslike gemors.

Lizelda ·

NEEEEE asb nie!!!! Julle kan nie die arme diere so teroriseer nie, diere voel aan as mense evil is of sleg.

toy ·

Waar was sy ouers. Hoop hy mag nooit ooit weer ‘n dier naby hom he nie. Hoe sal hy voel iemand breek sy arm of ‘n been. Dit is dieremishandeling in die ergste graad ook.

Jacques ·

Wat ‘n drek van ‘n mens doen so iets aan ‘n hulpelose hondjie.
Ongelukkig is die konsekwensies vir sulke wandade heeltemaal te lig in ons land en gaan die gemors nie behoorlik gestraf word nie, indien enigsins.
Sterkte liewe diertjie! Hoop jou volgende eienaar is werd om ‘n mens genoem te word.

Helene ·

Ongelukking is straf vir dieremishandeling ‘n skande in Suid-Afrika. So bly Rover is OK. Dankie DBV Bloemfontein!!

emily ·

Klein SOT, Gebruik jou breins, Julle slimmes google te veel en glo al die strooi wat julle lees.
Hoop jy is verbied om OOIT weer n dier te he.

Mandi ·

Hoe ʼn mens diere behandel sê baie van jou as mens. Wat hy gedoen het sê alles! Die feit dat hy die SPCA probeer weghou het todat die polisie ontbied moes word, sê dat hy GEWEET het wat hy gedoen het verkeerd was. Mag hy slapelose nagte hê

Neegenade ·

Genade hy het dringend sielkundige hulp nodig voor iemand erg gaan seer kry. As dit nie werk moet hy liewers gaan vir veilig bewaring uit die samelewing. Dis nie die laaste wat ons van hierdie mannetjie gaan hoor as hy so aan gaan. En ek nie nodig om n profeet tewees

Dewald ·

Sy ouers is seker onsettend trots oor hoe hulle hom groot gemaak het. Wel gedaan.

SIOUX ·

Ek is 3 maand kort van 52 en ek het nog NOOIT gedink om so iets te doen nie , Of ek was/is baie dom of ek het geweet my ouers sal my been breek.
Ek sidder om te dink wat die sadis gaan doen as hy my ouderdom is.
Name and shame the idiot.

Wie weet ·

Maroela plaas sy foto ons wil graag sien hoe lyk hierdie sterk man wat dink hy is sterk

Michael Bouwer ·

Ek stem saam, sy naam en van ook, ek wil baie graag vir hom gaan kuier.

Sydney ·

Die klein gemors “kan hom nie iets anders noem nie” laat hy gemeenskap werk gaan doen vir die volgende 360 uur by veeartse, maak nie saak hoe lank dit neem nie dat hy kan sien waste leiding die diere het agv van sulke op treedes soos wat hy aan gevang het. Daarna moet hy skoon maak agter na . Stuur hom na verskillende veeatrse toe. Waar die diere nie meer lewe nie, laat hy hulle neem na hulle laaste rus plek. O ja voordat ek vergeet, na elke sessie moet hy sommer ‘n verslag opstel van wat hy gesien het. Moontlik leer hy terselfde tyd om ander en hulle diere te respekteur. As hy dit met sy eie hond gedoen het hoe gaan hy sy mede mens en diere hanteur.

dalene ·

Vreeslik wreed ek was so bekommerd en is so dankbaar aan bure wat geskakel het en SPCA bloemfontein en almal wat bydrae gemaak het.

Marius ·

Ek kan nie glo iemand kan dit oor hul hart kry om so-iets te doen nie.

Grysburger ·

Spiertiere en anaboliese steroïede, ‘n toksiese kombinasie vir die samelewing. Sulke oortreders behoort gestraf te word en daardie toksiese kombinasie behoort as verswarende omstandighede te dien, of dit nou padwoede of dieremishandeling is.

Sarel ·

Laat hom gemeenskapsdiens doen vir die volgende 100 jaar by die hokke skoonmaak!! by DBV onder toesig natuurlik!!!!!

Rentia ·

Sjoe. Baie ontstellend en kommerwekkend. Wat gaan hy volgende probeer breek? ??

Miekie ·

Soos gewoonlik is my kommentaar seker gedelete.
Ek dink die klein gemors moet gaan waar hulle die hele dag in die son honde en katte se hokke skoonmaak. Hy mag nie aan een dier raak nie. Waar was sy ouers of gee hulle net so min om. En ja soos reeds gevra wys ons die foto van die klein ………….

Johanna Botha ·

Hy is n BAIE SIEK ….wat makeer so n persoon in sy kop ….die mense het geen waarders oor in die vullishoop van n land !

Lizelda ·

Dit sal great wees neh… Maar asb geen iemand wat weer gaan se:
“ons immigreer, kort n huis vir my hondjie”
“Ons moet dringend in n woonstel more trek, ons kan ongelukkig nie die hondjie meer hou nie, ons harte is stukkend”
“Ons is op pad met vakansie ons het die hond/e langs die pd afgelaai, gaan soek hulle”
Because why i say all of this is… Dit is net VAN die verskonings wat mense gebruik…

Petrus ·

Seker een van daai wat nie weet wat om met sy Arms te doen en “Muscle Huggers” dra!!

CHANTI ·

Daai aanvullings moes sy kop aan tas…ek kan net nie indink hoe daai arme dier moes voel terwyl hy so wreed deur pyn moes gaan MENS KRY WREED EN SIEK mense Ek is bitter ontsteld en so n persoon wat dit aan n man se beste vriend,n hond aan doen behoort mos nie in die samelewing nie Hy is mos n gevaar want iets is nie reg ”upstairs”nie aaaai

Werner ·

Die gemors hy moet harde arbeid doen hy het mos so baie krag

Catharina ·

Baie dankie bloem vir julle om gee vir die diere wat nie kan praat nie. Ek wens hier was n SPCA in vryburg om ok hier te kan help met die diere wat so behandel word. My hart is stukkend as mense dit aan onskuldige diere doen. Mag julle net deur die hand van ons Vader so mooi na ons diere kinders kyk.

W ·

Nou waarom vra die DBV vir skenkings…. stuur vir dit vir die kind se ouers die rekening en. laat hulle elke sent belaat…

Misky ·

Ek stem 100% saam met jou!!!! Sy ouers moet maar eers betaal en hy kan sy ouers hoe ookal terugbetaal. Daai middels is baie duur, so klink nie of daar `n tekort aan geld is nie

James ·

MM kan julle ons se of hulle nog hulp nodig het. Finansieel.

Caroline ·

Die berig en video sê hul het nog fondse nodig vir rehabilitasie en spesiale kos. Die hondjie moet onder andere swemerapie ondergaan ens.

Blue ·

Wat is die laatie se naam en van, ons wil weet wie die vark is

Hanlie ·

Dit is uiters skokkend en wreed!! Hoop jy word gou gesond Rover.

George ·

Ja, en dan mag die stomme bloedjie nie eers meer ‘n pakslae kry nie!!! Sal darem bitter graag met hom wil afreken.

Perspektief ·

ONS EIS SY NAAM, ONS EIS SY NAAM, ONS EIS SY NAAM

Dit is nie eers my hond en ek het begin huil…Dit is ons verantwoordelikheid om te praat vir die wat nie kan praat nie, en sorg vir die wat nie kan sorg nie.

Daai kind moet dadelik uit die samelewing verwyder word, en die ouers moet ook ondersoek word…sulke gedrag het gewoonlik n oorsprong “naby aan die huis”

Harrie ·

Nou sit biki die 17jarige meneer se gesig by die artikel…dat hy biki geleer kan word oor die lewe…

Jo ·

Rover, wens ek kon jou vashou en jou pyn wegvat, julle is suppose to be om ons beste maats te wees, julle vra nie veel nie, warm plekkie om te slaap, kos, water en net onvoorwaarlike liefde. Ek huil waar ek hier sit, hoe vieslik moet jou hart wees om so iets te doen. Ek so lief vir my dier kinders, hulle is ons lewe. Ek weet jy gaan iemand kry wat jou al die liefde gee wat jy wou gehad het, iemand wat jou sal beskerm. Dankie vir die persoon wat ingebel het oor hoe hy gehuil het, you have a heart xxx

Nieko ·

My Pa het gesê – “Wys my hoe jy jou hond behandel en ek sal jou vertel watse karakter jy het”

Johanna ·

Ek hoop van harte dat Rover nie weer terug te gaan na die wreedaard se huis nie. ASB diere beskerming eenheid. asb. moenie weer Rover vir hulle terug gee nie. Wat n hart verskeurende storie. Hierdie 17 jarige knapie het groot probleme!

Anni ·

Nee hy gaan ni terug ni, daar’s baie mense Wat hom wil aanneem. Wens di mense wil ook van di ander diere aanneem asb.

Tokkie ·

Ons will weet wat is sy naam. Ons wil by sy huis gaan toi-toi.

Neyjie ·

Net om te dink iemand het daai 17jarige stuk gemors groot gemaak , daai diertjie het nie gevra om hier te wees nie . Ek wens j word bitter swaar gestaf

McG ·

Ek stem. Wys die laaitie se gesiggie en sê by watter DBV hy sy naweke vir twee jaar sal spandeer sodat almal kan gaan kyk hoe hy lyk.

Elzet ·

serial killers het almal by diere mishandeling begin… ted bundy hulle almal het diere mishandel as kinders so straf die ding goed dat sy dae nie escalate nie, of sluit hom net toe… Wie de … breuk n lewenige dier se been. en kry hom van die flippen spier bou middels af. hy dink nie lekker nie… nogal gaan google

Vra net ·

Jamer om te se.dis ni krag toets ni.hkm gaan hy en gaan gym to en try n gespierde se been te breek want nee dan kry hy op ay hel.wens kan my been kom try breek.arme dier

smurfie ·

Laat die gemors die rekeninge betaal. As hy aanvullings kan bekostig kan hy bekostig om die rekeninge te betaal. Hys 17 hoort nog id skool. So mamma en pappa betaal sy aanvullings. Laat hulle die rekening betaal!!!

Bea ·

Ek as ouer sal my kind nooit kan vergewe vir so daad nie. Ek hoop uit die diepste van my hart hy kry ‚n swaar straf en lewenslank mag hy geen dier besit nie.

Heleen ·

As Rover die wreedaard gebyt het, sou Rover dadelik “vankant” gemaak geword het. Maar die wreedaard gaan ongedeerd anderkant uitkom! Wanneer gaan daar besef word dat mense baie wreder is as diere?

Lizelda ·

@Heleen ek stem saam. hoe is dit moontlik dat n hond na n klein kameelperdjie omsien, of n seekoei, maar die mensdom??? Die mensdom is besig om sy eie planeet op te neuk en dan sit ons nog met gemors soos DIE. Wonder wat gaan hy se id hof: “Eish this was a very big mistake…sorry” Dan antwoord die landdros: “I can see the son shows remorse and he’s free to go.” En so gaan die klein gemors net aan.

Swartwolf ·

Dalk moet kragapie die volgende 5 jaar elke naweek by die lokale DBV verniet werk om sy skuld terug te betaal. O ja en hy mag nie gym toe gaan vir 5 jaar nie.

Lita ·

Wys asb die misbaksel se gesig en naam sodat die publiek kan weet om hom te vermy. Hy mag nooit weer by n gym oefen tensy dit n tronk gym is nie – dis waar sy soort hoort, hy sal nooit waarde kan toevoeg tot die samelewing nie. Waar is sy ouers?? Het hulle hom niks geleer nie??

ursula ·

Gaan lees bietjie op oor reeks moordenaars, serial killer in the making.
Weet iemand wat met die persoon gebeur het of gaan die daad nie gestraf word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.