[Video] Rower skiet verkeersbeampte langs hoofweg

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Kaapstadse verkeersdepartement het Donderdag ʼn video op sosiale media gedeel waarin gewys word hoe ʼn vermeende rower ʼn verkeersbeampte trompop loop en hom skiet terwyl hy besig is om ʼn boete uit te skryf.

Die voorval het reeds in November plaasgevind maar dit is die eerste keer dat beeldmateriaal daarvan bekend gemaak is.

Nizaam Alexander is as die departement se beampte van die jaar aangewys nadat hy ondanks die skietwond voortgegaan het met die uitvoering van sy pligte.

Op die video, wat deur ʼn paneelbordkamera in Alexander se motor geneem is, kan gesien word hoe hy ʼn motoris wat in die noodbaan op die N2 gery het van die pad aftrek en na dié se motor loop. Terwyl hy langs die motor staan, besig om ʼn boete te skryf, kan ʼn voetganger aan die linkerkant gesien word wat die voorval dophou.

Die volgende oomblik verskyn die voetganger weer voor die kamera, hierdie keer met ʼn vuurwapen. Hy sukkel eers om die vuurwapen gelaai te kry, verdwyn buite die kamera se beeld en verskyn dan weer terwyl hy die vuurwapen op Alexander rig en eis dat hy sy vuurwapen oorhandig. Alexander kyk op en dit is dan dat die rower hom in sy rug skiet.

Voordat die rower egter tot sy sinne kan kom, het Alexander sy vuurwapen uit en begin hy terugskiet. Die rower slaan op die vlug en Alexander sit hom agterna terwyl hy op sy handradio hulp ontbied.

Alexander keer kort daarna terug na die motoris en handel sy taak af voordat hy mediese behandeling ontbied.

Die Kaapstadse verkeersdepartement het gesê die video bewys dat verkeersbeamptes dikwels baie gevare moet trotseer om die paaie veilig te hou. “Toon jou ondersteuning vir beamptes soos Nizaam Alexander deur stadiger te ry, nie te drink en dan te bestuur nie, jou veiligheidsgordel te dra en jou selfoon uit te los terwyl jy bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Anny Penny ·

Wonderlike polisieman.
Sterkte met die skietwond.
Hy moet n medalje kry verseker

Johan ·

Ek weet nie of ek dit mis gelees het nie?…Maar het hulle die vent gevang of dood geskied? Dis tog ‘n baie gevaarlike persoon en mens sou wou weet of hy nou in die tjoekie is..

Jo ·

As jul die videogreep weer kyk en die byskrifte lees, sal jul sien dat die skurk weggekom het. Ongelukkig. En dit lyk nie asof die Polisieman geskiet het om dood te skiet nie…

Paul ·

Dit lyk nie of die polisieman enige “situational awareness” gehad het nie…

Ben ·

Kyk eers die video – hy het weggekom. In die VK en VSA ry die polisie twee/twee sodat die een kan waarneem en help met bystand.

GP08 ·

Shocking is nie die regte stelling nie. Hulle se dat dit reeds in November gebeur het. Maar die land hoor nou eers daarvan. Sou dit in ander land bv amerika of britanje was, sou dit hoof nuus gewees het. Die swaap is nooit eers gevang nie. (Volgens news24). Wys jou hoe min respek daar is vir die manne in blou.

P J ·

Jammer die skelm leef nog. Die vraag is leef die mense nog waar hy daai wapen gesteel het. Hy is duidelik nie bekwaam om dit te hanteer nie.

Anoniem ·

In Heidelberg, Gauteng het ‘n bejaarde blanke vrou gister haar ganse kos gegee, en 2 skepsels loop verby en skiet haar in altwee bene. Iets moet gedoen word-kan ons nie selfone gebruik en foto’s begin neem en na ‘n nommer (of instansie) stuur as ons iets verdags sien nie. Iewers moet mens so begin data of iets insamel en dit moet op leër verskyn om te sien wat hy/sy se geskiedenis is….

SNEL ·

Baie dapper polisieman, n regte yster in sy beroep. Hy het nie eers geskroom om terug te skiet nie en handel sy taak af voordat hy eers na homself omsien. Ek haal my hoed vir hom af. Jammer dat die skurk weggekom het, maar ek hoop met die video word hy nou gevang.

Hennie ·

Duisende ongelisensieerde wapens in uitvaagsels se hande, dis so algemeen dat niemand meer ‘n vraag daaroor vra nie. En dis wetsgehoorsame mense wat die spit moet afbyt. Word dit so algemeen aanvaar dat niemand daaraan iets gaan doen nie, gaan dit altyd so bly?

dries ·

Maak dit nie ons verkeers manne bang om mense te stop wat oortree. Maar hoe is dit moontlik dat iemand langs die pad loop en jou dan kom skiet. Hierdie land maak net nie meer sin.

TTh ·

So loop en wei die flaters die hele dag rond en soek ‘n geleentheid om kwaad te doen hetsy dit verkragting, moord, diefstal of rowery is – dit is die skuim (meerderheid) van SA – die nuwe geslag met ‘n nuwe soort kultuur.

Paul ·

Arno, aangesien hy probeer het om die polisiebeampte van sy vuurwapen te beroof.

Wanneer iemand ‘n ander persoon met fisiese geweld dreig met die doel om iets te steel, is hy of sy ‘n “rower”. “Roof” is diefstal of poging tot diefstal wat met geweld teenoor ‘n persoon, of ‘n dreigement van sulke geweld, uitgevoer word.

Mr P ·

Hy is n teroris. Hoop hy het n vuurwapen lisensie net soos die gehoorsame wapen eienaars….

Johann Marx ·

As dit nou ek was wat geskiet het, is AL my inligting êrens op ‘n data-basis van die regering. My vingerafdrukke is waar ek aansoek gedoen het vir (voertuig) lisensie. My adres is ge-rica en ge-fica tot satwordens toe. My foto is in my ID boek. Hierdie skieter is NêRENS op ‘n stelsel nie. Hy het tien teen een “onwettig” oor ‘n rivier geswem, bly in ‘n adres-lose sink huis in ‘n “informele nedersetting”, kan nie Engels praat nie, kan nie werk kry nie, het geen formele opleiding of selfs skool nie, kan nie sy naam skryf nie, het nie ‘n ID of ‘n paspoort nie, sy vingerafdrukke is nêrens nie, en hy loop rond met ‘n gesteelde vuurwapen. En daar is miljoene van sy soort in Suid Afrika. Losgelaat op die gemeenskap deur ‘n regering wat nie glo in grensbeheer of immigrante beheer nie…..wat glo dat Afrika vir Afrikane is, en dat almal welkom is hier om te kom aas, roof en moor. Baie mense vra dat die “identiteit” van sulke oortredes gepubliseer word. Dis tyd om ook so ‘n individu se land van herkoms te publiseer……julle gaan julle oë nie glo nie. Sulke individue teiken nie net “blankes” nie, hy terroriseer ook enige “gemeenskap” waarin hy hom bevind……want dis al wat hy KAN doen.

JPS ·

…lyk my die rower het met ‘n paintball gun geskiet want die beampte het nie eers geswik van die skoot wat hy gekry het nie…. of was dit dalk ‘n BB gun… seker ook die rede waarom die beampte rustig aangegaan het om sy boetekaartjie uit te skryf… Ek dink hier is weer een van daardie sensasie belaaide berigte wat die wêreld ingestuur is twee maande na die gebeurtenis net om aan te stig en op te sweep….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.