Video: Rowers slaan op 2 geldwaens toe, 8 mense geskiet

Die toneel in Atlasweg. Foto: Verskaf

Altesaam agt mense, onder wie veiligheidswagte en lede van die publiek, is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in die Oos-Rand geskiet toe ʼn groep verdagtes op twee geldwaens toegeslaan het.

Kapt. Pearl Van Staad, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê tussen drie en vyf voertuie het op twee G4S-transitovoertuie in Atlasweg, Boksburg, toegeslaan terwyl hulle in die rigting van Kempton Park gery het.

“Daar was ʼn skietery en albei waens is oopgeblaas. Veiligheidswagte is tydens die rooftog gewond. Omstanders is ook in die kruisvuur gewond,” het Van Staad gesê.

Volgens Van Staad het die rowers in verskillende rigtings op vlug geslaan. Van die rowers het op die N12-deurpad gevlug en die polisie het hulle agternagesit.

Die toneel in Atlasweg. Foto: Verskaf

“Van die verdagtes is in die Germiston-polisiëringsgebied aangekeer en in hegtenis geneem. Die presiese aantal verdagtes wat in hegtenis geneem is, is nie dadelik bekend nie, want ons lede is steeds op die toneel.”

Paramedici van ER24 en nóg ʼn ambulansdiens het na die beseerde mense op die toneel omgesien.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het bevestig dat agt mense met matige beserings op die toneel aangetref is. Ses mense is vermoedelik veiligheidswagte en twee omstanders.

“By paramedici se aankoms op die toneel is twee oopgeblaasde geldwaens in die pad aangetref. Die beseerdes is op die toneel behandel en na hospitale geneem vir mediese behandeling,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn transitorooftog en sake van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Chivago ·

Dis nou elke dag se ding, maar die owerhede sit en planne beraam om rokers agter tralies te kry!

Theresa ·

Dit is waar. Daar moet ‘n manier wees waarop mens die regering tot verantwoording roep. Daar is hopeloos te veel committees for this and committees for that. Daar is ooglopende kriminele optrede in hierdie land wat die regering MOET stopsit.

Karen van Zyl ·

Skies, ek het nou so lekker gelag vir die reine waarheid.

Eish ·

Hoe op dese aarde moet jy n normale lewe voer in die absolute misdaadoorlog?
Die regering faal sy burgers keer op keer.
Mag die Hemelse Vader ons genadig wees.

Lian ·

Goed georganiseerde misdaad. Maar Amerika se boewe laat ons s’n soos bobbejane lyk.

Gerhard ·

Ek hoop Suid Afrikaaners besef dat hierdie tipe dinge is NIE normaal nie. Moord, roof, highjackings. Dit gebeur daagliks in SA – letterlik. As jy kan, maak n plan – gee jou kinders n beter toekoms erens anders.

Vanessa Els ·

MAAK VOORBEELDE VAN HULLE DAN SAL DIE ANDER KAN SIEN HULLE HET NIE MEER DIE VRYHEID OM TE DOEN WAT HULLE WIL NIE.

Snowball ·

Gangster’s Paradise!! Anargie! Dit gaan uiteindelik net die kriminele en politici wees wat oorleef in hierdie nes.

Irene Myburgh ·

Net ‘n stupid vraag waarom twee waens saam, sover ek weet ry hulle mos nooit saam nie, so dit klink vir my soos ‘n “insite” job.

Jy sien altyd net een geldwa nooit twee saam nie.

Andre ·

Nou wat verwag jy moes hy doen? Instorm en hulle eiehandig uitmekaar jaag?

belinda ·

ja nee rokers maak niemand dood nie, dink dit maar weer ;n inside storie, los die rokers en vang die moordenaars en die transitorowers.

Michael ·

Ja ek wonder watse polisie base weer hier betrokke was want dit is net te maklik. Mense dit is erg.

Willie ·

Iemand maak geld vir iets? Wat presies word hier befonds? Wat?

Corne Lombard ·

Die gebeur amper elke dag maar dan gaan ons land so ver om bv. die rokers te wil toesluit vir tot 3 maande maar hulle kan eers die veiligheid in die publiek waarborg nie. Maar hulle sal eerder SAPS lede gebruik om mense te probeer stop met hulle alledaagse bestaan en hulle vryheid te beperk.

Francois ·

En Sisulu en haar korrupte regering wil vingers wys na Isreal ?
Dit is n goeie bewys dat die regering nie die land kan regeer nie !
Ons betaal hulle om ons as burgers veilig te hou….maar selfs in die ANC skiet hulle mekaar dood ?

Mads ·

My dogter en kleinseun ry elke dag daardie pad – dit maak my hartseer en woedend!

KLIKKIEBEK ·

Mads, ek werk daar naby. Dit is vreeslik om te dink dat jy nêrens meer veilig is nie.
Ek is tog so bang vir die kinders, kleinkinders en oumense. As ek kon het ek ook ander heenkome gesoek.

Neewat ·

Me. Sisulu se NIEMAND het nodig om vir sy lewe te vrees in SA nie, AFRIFORUM oordryf die moorde en aanvalle in die buiteland . en du Plessis en Habib en Kie het saamgesing in die koor .. So laat hulle dan maar SELF sien .. die buiteland gaan nie vir ewig BLIND wees vir die absolute ANARGIE in SA nie. Plaasmoorde is mos op witmense so dis fine, kom ons kyk nou dat mense van alle kleure aangeval word verander hulle storie dalk?

Tokkolos ·

G4S trokke is n baie swakker maak as ander soortgelyke voertuie. Hul maak ook makliker oop en nie dat die ander sterker waens hul stop nie dis net n meer gesukkel om hul oop te kry

Justice ·

As ek so luister na die video opname het die rowers meer ammunusie as die Wes Kaapse polisie waarvan daar vroeer berrig is.

Roof ·

Ek verstaan betroubaar die SAPD was deurgaans verteenwoordig op die toneel.

Gerhardb ·

Beslis inligting vanaf Binne wat uitlek? Hoe weet die Crooks waar en waneer en Hoeveel….Niemand hoef baie slim te wees om dit uit te werk nie.

Anoniem ·

Die regerings wat vanaf 1994 aan bewind is besig om misdaad teen die mensdom te pleeg want hulle inwoners word nie meer beskerm nie. Hulle het baie Suid-Afrikaners se bloed aan hulle hande, dit sluit in ALLE Suid-Afrikaners.

Paul ·

Dit kan nie anders nie, want hoe kan n land geregeer word en wet en orde toepas word as dié wat die leiding moet gee gewese tronkvoëls was en n kabinet vol korruptes is?

marous ·

Daar is geen land ter wereld waar dit so gaan nie , maar die heersers van die land se fokus is op snert

Siek en sat ·

Erger as die wilde weste. Hierdie Regering beter die doodstraf terugbring want misdaad het nou handuit geruk.

Janneman ·

Ms Sisulu

Is this normal for a civilized country?

You owe the citizens of this country an answer. Let me guess, you are not accountable to anyone so there will be no answer forthcoming!

Anoniem ·

Hierdie land is in sy maai. Cele en kie doen niks. As hierdie mense my vrou of n kind van my moet skiet of vermoor sal hierdie land sien wat een man kan doen

HPV ·

Sisulu so lyk die helhool wat jy daagliks goedpraat. Wat sê jy nou? Die video is alreeds in die buiteland te sien.

Johan ·

Daar is geen twyfel dat hierdie beplan word met inligting van betroubare binnekringe, en daar is geen twyfel dat as dit n prioriteit misdaad was sou die Polisie lankal lokvalle gestel vir die mense nie, waarmee hou ons Polisie hulle besig deur die dag om betogers op te pas?
Wet en orde word deur die Polisie bepaal en af gedwing, maar dit blyk dat hulle nie n mandaat het om hierdie sindikaat bloot te le nie.

Lynette ·

Die dat hul dit so in ope daglig doen met soveel karre en mense om hul,en dit nog sonder om eers hul gesigte toe te maak,sommer so gemaklik,duidelik het hul geen worry nie, dink daar sal niks met hul gebeur nie, gaan net wegkom.Defnitief dink hul iemand gaan saam hul staan wanneer hul gevang word,anders sal hul nie so gemaklik op ‘n besige pad in die dag dit doen nie.Dis pateties dat daar mense soos hulle is,duidelik geen goeie opvoeding gehad nie.Die tronk is hul enigste toekoms…for life.Wat word van die land,en dan moet ons kinders nog groot word met dit om hul,dit word erger en erger.Die is net nie normaal nie,hoop hul almal word gevang en die wat beseer is,om tenvolle te herstel en na hul families terug keer.

Casper Labuschagne ·

Dit maak sin, hier is ‘n verkiesing aan die kom en die politieke partye het fondse nodig. Uit my (onwetenskaplike) waarnemings sien ek vir dekades al ‘n verband tussen komende verkiesings en ‘n toename in transitorooftogte. Ek wens ‘n ondersoekende joernalis wil in diepte ondersoek instel, maar ek weet ook in Suid Afrika doen joernaliste nie die tipe ondersoeke wat sleg reflekteer op die groot politieke partye nie.

Reguit ·

Die fondsinsameling vir die komende bloedige rewolusie verloop lekker in wonderlike Azanië. En ons almal kan raai wie daar agter sit. Kry julle gesinne uit die land uit want anders gaan hulle bloei.

Bridget ·

Janneman dankie dat jy dit in engels se dalk lees sy dit en sal sy verstaan hoe werk haar kop hoe is dit dat sy in so ‘n posisie is sy het nie ‘n idee wat om haar aan gaan nie

JM ·

Dit is erg ,maar die ou wat die video geneem het, het seker onder sy voertuig gelê want dit is baie swak geneem

Kameraman ·

Moes hy nader staan sodat jy n aksie fliek kon kyk??
Natuurlik het hy weggekruip agter iets.

Mensig!! ·

Die man wat dit afgeneem het, het meer guts as ek. Ek sou spontaan begin ROOK het!

Ad ·

Befondsing vir iemand? Moontlik n politiese party wat beparking en stemme nodig het?

humor ·

Ek kan maar net nie oortuig word dat daar in hierdie land nie genoeg vindingryk is om hierdie rooftogte te oorkom nie.!!!

Brandon ·

Well ja misdaad neh my vraag is hoe beland 2 geld motors so naby mekaar dit is logies moeilikheid soek veral met die kennis van dat misdaad hoog is tweedens vir wat maak mense nie n plan hier is weer n probleem ons land is in armoede en dit maak dinge erger hier is wat ek se kry drones en maak gebruik van hulle met die regte staal en sagte warde sal dit buitendien onmoontlik wees om dit te roof ek hoop dit word gebruik en help tweede minder kostes om die geld te vervoer twee vliee een klap

Johan Jooste ·

Lekker nuwe Suid Afrika! Ons hoop vir ‘n pragtige toekoms verdwyn tussen rookwolke van korrupsie, plaasmoorde, besigheidsrowe, huis rowe, kapings, inbrake, stakings, optogte en plundering! Lekker Suif Afrika, lekker….

AJ ·

“Expropriation without compensation!”

Wie kort geld vir regskoste vir sy hofsake oor staatskaing?

Hugo D ·

Ons kon gelukkig 5 jaar terug na VSA immigreer, ons voel so jammer vir die wat nie kan uitkom nie, eers as jy n paar jaar in n normale land woon Kan jy besef hoe nie normaal SA is , min min hoop vir verbetering, probeer immigreer mense, Suid Akrika bestaan nie meer nie, dis nou Azania die land van korrupsie en misdaad

Marinda ·

Hulle sal die ouens vang en as dit ñ inside job is, hulle maatjies ook.

Will ·

Nou toe nou! En dit is die einste land se minister Sisulu wat gal braak oor Israel se optrede teen Hamas en Hezbollah terroriste en die ambassadeur teruggeroep het? Ja, verwyder eers die balk uit jou eie oog, voordat jy kerm oor die splinter in Israel se oog! Lagwekkend, indien dit nie so tragies was nie.

Uvonka ·

Ek kan sweer die is fopnuus! Daar gebeur mos nie sulke dinge is ons super veilige land nie, soos die dom vrou sal se!

piet ·

En ek hoev nie eers te raai nie, al die verdagtes is in die polisie of weermag met genoegsame ondervinding in oorlogvoering of eerder diefstal. Hoe kan ons as landsburgers hulke ooit vertrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.