Video: Rowers slaan toe op geldwa

Foto: Twitter via @Ambramjee.

Die polisie is op soek na ʼn groep van nege gewapende mans wat Vrydagoggend op ʼn transitovoertuig op die N4 in Pretoria toegeslaan het.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het omstreeks 08:30 plaasgevind.

“Daar word beweer dat die verdagtes op die G4-veiligheidsvoertuig geskiet het en dit tot stilstand gedwing het. Ná die voertuig gestop het, het die verdagtes drie wagte uit die voertuig gedwing,” het Masondo gesê.

Die kontantkluis is volgens Masondo oopgeblaas en ʼn onbevestigde hoeveelheid geld is deur die verdagtes geroof. Die verdagtes het in twee Audi A4-voertuie, onderskeidelik silwer en blou, weggejaag.

Die drie veiligheidswagte is nie tydens die rooftog beseer nie.

ʼn Video van die voorval word intussen op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe die mans skynbaar rustig oor die pad stap met hul buit uit die veiligheidswa. ʼn Ontploffing by die transitovoertuig kan ook in die video gesien word.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die polisie by 08600 10111 kontak.

Kyk hier na die video:

https://www.facebook.com/ian.cameron.33633/videos/10160210620820454/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hendrik van George ·

Nie bang vir die polisie nier – hulle is seker die polisie!

willie ·

Dit is nogal vir my opmerklik dat G4 se voertuie geteiken word of is ek verkeerd?

William Atkinson ·

Die Polisie daag altyd op na die tyd…..is daar iemand met n video om hulle af te neem want hulle dra al daai geld wat daar le weg dis hoekom hulle na die tyd daar opdaag en die pad TOESPAN……..nie een Polisie of verkeersbeampte i die omgewing nie hahahahah…..welkom in die nuwe Suid Afrika…..

Nettie ·

@William Atkinson – gits, wie sou dit nou kon raai – dat die Polisie VOOR die tyd (m.a.w. VOOR die insident gebeur het) daar KON opgedaag het …… Sjoe, alle Polisiemanne en -vroue moet dus “claire voyant” ook dus wees deesdae!

Eish ·

Née o genade, dis n verlore stryd teen die rowers. Uitgelewer en oorgelewer aan misdaad in die helhool.

Pierre ·

Ongelooflik hoe dit gaan in ons land , dit hou net nie op nie , en wanneer ‘n mens na die video kyk is dit soos n episode wat verfilm word vir een of ander tv reeks. Dit ons ons eintlik hoe gemaklik is die rowers, moordenaars ,verkragters ens in ons land . Hulle doen in die dag gewapen tot die tande toe , kyk ‘n bietjie mooi na die ou in die wit broek wat op die regter kant van die pad sit met sy automatiese geweer , hy sit soos n weermag soldaat vegs gereed . Hierdie ouens is opgelei en sal nie huiwer om enige iemand te skiet wat sou inmeng met hulle daad nie. Brovo aan die manne wat die video afgeneem het , die rowers was seker net te besig om julle op te merk. Indien die SAP die tegnologie sou gehad het kan hulle die video gebruik om n “face recognition” te kan doen . Misdadigers het meer wapens in hulle hande as gelisensieerde wapen eienaars in ons land. Wat gaan Ramaposa as president doen of iets se oor die vlaag van geweld in die land…hy wil eerder grond onteien .

snoefie ·

vuurwapens en geld. waarvoor is die befondsing en bewapening nodig?

Hennie ·

Dis skynbaar gladnie vir geldwa eienaars belangrik dat hulle vergesel word deur ekstra sekuriteit wanneer soveel geld vervoer word nie. As hulle wil slaap moet hulle maar die gevolge dra, tensy hulle saamwerk!

Pierre ·

Ek dink nie dit is logistiek gewys, moontlik vir enige transito maatskappy om n ekstra voertuig saam met die geld wa te stuur nie . Ek het gou vinnig op news24 gaan kyk en was dit baie interresant . Daar was altesaam 5 transito rowe wat plaasgevind het van donderdag tot vrydag oggend , N4 Pretoria , Tussen Nelspruit en Matsulu , Kaaptad by Mathatha , Tsaneen/Limpopo en by Moedswil in Rustenburg. Al die gevalle is beplan en met militere presisie uit gevoer , dis glad nie toevallig nie . Snoefie net om n opinie te lig oor jou vraag , die wapens en geld is om hulle te bemagtig en te versterk om chaos te saai in SA , en stem ek saam met Chris se kommentaar ons land is in groot moeilikheid , gaan lees ook die berig wat Brittanje se Ambasade uit gereik het oor moontlike terroriste aanvalle wat beplan in SA, hulle het toeriste gewaarsky om weg te bly van SA af …en natuurlik is daar geeen noemenswaardige kommentaar van ons regering se kant af nie . Die gemors status van ons ons gaan na vullis status toe gaan , soos die res van Afrika sal die ekonomie in duie stort en die diktators verryk hul self en gee nie n dooie duit om wat met die res van n land se mense gebeur nie

Anoniem ·

Wil iemand nie ‘n slag Wonderboom weermag basis en lede wat in Pretoria-Noord bly ondersoek nie? Mens sien vreemde dinge, vreemde optrede, bagasie wat hande ruil, voertuie wat uitgeruil word en baie baie verdag is maar SAPD ignoreer tip-offs.

Koos ·

Sal nie verbaas wees as daar polisielede betrokke is by hierdie insident nie!

Chris ·

Almal kyk verdwaas toe —
Niemand tree op nie, want die publiek word stelsematig ontwapen en misdadigers word nie ontwapen deur ons drakoniese vuurwapen beheer nie — dit skep net meer weerlose slagoffers deur hulle te ontwapen en selfs te straf indien hulle hulself verdedig.
Hoe is ons nie al gebreinspoel die afgelope 20 jaar nie – dat ons net staan en toekyk hoe ongeregtigheid seëvier.
Passiewe toeskouers wat kla dat niemand hulle help as hulle aangeval word nie.
Die land is in ‘n groot krisis.

André ·

Hulle moet die geld laat vlek as die voertuig opgeblaas word. Dan kan dit nie deur hulle gebruik word nie

Carl ·

‘N paar van die groep is dan al dood geskiet. Waarom is dit nie in die media nie?

JAN ·

op n snelweg 8.30 geen ander voertuie op die pad kan dit moontlik wees . lagwekkend……//

JAN ·

op n snelweg 8.30 geen ander voertuie op die pad kan dit moontlik wees . lagwekkend……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.