[Video] Rowers slaan toe op Tzaneen-vulstasie

Lede van Northern Security en die polisie was kort na die rooftog op die toneel. Foto: Verskaf

Lede van Northern Security en die polisie was kort na die rooftog op die toneel. Foto: Verskaf

Gewapende rowers het Dinsdagaand op ʼn vulstasie net buite Tzaneen in Limpopo toegeslaan.

Marius Jacobs, woordvoerder van Northern Security en stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief, het aan Maroela Media gesê drie verdagtes, waarvan twee gewapen was, het omstreeks 22:00 op die Deerpark-vulstasie toegeslaan. “Twee van die verdagtes het in die kantoor ingegaan waar hulle ʼn petroljoggie aangehou het. Hulle het al die kontant in die kantoor gevat, asook twee selfone,” het Jacobs gesê.

Hy het gesê die derde verdagte het ʼn petroljoggie buite met ʼn vuurwapen aangehou terwyl die rooftog aan die gang was. “Die verdagtes het ʼn waarskuwingskoot geskiet terwyl hulle van die toneel gevlug het. Lede van Northern Security en die polisie was kort daarna op die toneel. Niemand het tydens die rooftog seergekry nie.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die verdagtes is steeds op vrye voet. Enigiemand met meer inligting kan brig. Thomas Shingange by 082 565 8155 bel.

Watchdog Tzaneen het hierdie beeldmateriaal wat tydens die rooftog deur die veiligheidskameras by die vulstasie opgeneem is op Facebook gedeel:

Armed roberry Tzaneen 20/09/2016 20H50

Posted by Watch Dog Tzn on Tuesday, September 20, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nellie ·

Die vulstasies word nou behoorlik geteiken. ‘n Nuwe stelsel vir brandstof sal dalk oorweeg moet word.

Veritas ·

As ek reg is, is dit die vulstasie by Tarentaalrand. Indien wel, is dit geen verrassing nie. Dit was nog altyd ‘n onheilsnes.

Theresa ·

Werkskepping. Laat soldate wat nie veel doen bedags in kantore nie, die vulstasies begin beman. Dit raak alledaags en kan die publiek dit nie bekostig om so uitgelewer te word nie. As die brandstofprys jou nie onderkry nie – mag hierdie tipe ding dalk wel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.