Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn juwelierswarewinkel Maandagaand in Menlyn Mall in die ooste van die stad beroof is.
Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê vier onbekende verdagtes, wat mussies en pette gedra het, het omstreeks 18:00 op die winkelsentrum toegeslaan.
“Die verdagtes is na die Vault-winkel waar hulle ʼn hamer gebruik het om die vertoonvenster stukkend te slaan. ʼn Aantal Rolex-horlosies is gesteel,” het Weilbach gesê.
“Veiligheidsbeamptes het probeer om die verdagtes voor te keer toe hulle in twee voertuie op vlug geslaan het. Die verdagtes het skote op veiligheidswagte gevuur.”
Volgens Weilbach is niemand in die voorval beseer nie.
Die Brooklyn-polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.
Defnitief n “inside job” wou nie in winkel gaan as gevolg van veiligheid en sekuriteit stelsels en het net die hoe” waarde Rolex horlosies gevat. Deeglik beplan.
En almal staan maar net en kyk en doen niks.
Onthou, volgens liberale waardes is daardie honger horlosieherverdelers die heel belangrikste mense in die mall, en hulle mag nie geintimideerd voel nie. Welkom in die liberale werreld.
Lekker lag ek nou vir jou Liberaal. JANEE die gebeurtenisse vir die liberale is mos net ‘n verdeling van WHITE MONOPOLY CAPITAL . Hulle is heel tevrede met die misdaad en CIT heists want so verdeel hulle mos die RYKES se geld gelykop onder die ARMES .. WELL SAID. mens mag hulle nie agtervolg of skiet nie .. dit gaan hulle menseregte aantas . want ten minste het hulle PROBEER werk.
Lekker rustig en kalm breek hulle die venster en vat wat hulle wil. Waar is die vreeslike sekuriteit?? Menlyn loop gereeld deur. Hoogtyd dat hulle bietjie plan B probeer.
“Wagte”, wat ‘n grap! Wag vir hulle “pay”.
Laar ek opkom vir die wagte. Kan jy dink wat met ‘n wag sal gebeur as hy skiet onder die liberale regsisteem? Dink jy hy gaan sy werk behou en uit die tronk bly?
Hi Charl, sal jy hulle werk gaan doen?
Dis toe ‘n ‘fault’, die Vault is toe nie ‘n kluis nie …
dis nie meer veilig by enig mall nie.
Gaan jy jou lewe opgee vir ‘n Rolex?
En jou regte om werk te kry en jou vryheid om uit die tronk te bly.
“Gun free” zone – maklike teikens vir enige krimineel. Het jy al ooit ‘n roof gesien by ‘n skiet kompetisie? Die oplossing is om persone te verplig om wapens te dra, of ten minste sekere werker in die mall oplei en strategies plaas met wapens. Daar sal geen sulke rowe wees nie.
Maar nee, ons word eerder ontwapen en die maklike teiken gemaak van die krimineel. Die enigste met wapens die die wie die wette maak. Of ten minste hul wagte.
Net my 5 sent.. Indien die persone wat so videos geneem het of rond gestaan het die polisie sou bel, glo ek hulle kon gevang gewees het. Polisie is nie eers 5 minute van die sentrum af nie.
Daai 5min vat meestal 35min om daar uit te kom vir ons wonderlike SAPS
Het jy al probeer om ‘n saak by die garsfontein polisiestasie oop te maak?
Dis duidelik dat sekuriteit pateties is in die sentrum. Dit is duidelik dat die mense baie tyd het voor daar enige reaksie is van iemand. Sjoe. Gaan die bestuur van die sentrum iets doen om sekuriteit te verbeter?
As ek winkeleienaar is sal ek klomp fake Rolexes aanhou in geval van diefstal. Nooit die ware Jakob uitstal nie.
Art 49,kan nie iemamd dood as jou of iemamd anders se lewe in gevaar is nie.Jy gaan tronk toe,dat hulle vat en gaan.Moenie probeer cowboy wees in die land nie,jy gaan net seerkry.
Ag asb….. die “security” het aspris weg gebly.
They expropriated the rolex watches without compensation.
Lekker enetjie Pietsnot !!!
Die video wys die toppunt van liberale oorwinning. Die grootste mall in die land met ‘n leer van wagte, maar niemand mag die kosbare invallers anraak nie, maar eerder die geleentheid gun om hulle ekonomiese regte uit te oefen en hul vryheid te geniet, op hulle tyd.
Die spannetjie het onverstoord bly kap en kap en kap terwyl publiek skreeu asof hul vermoor word (dis nogal snaaks, want hul kon weghardloop want die ouens het nie belanggestel om enige een te jaag nie?). Die sekuriteit kon beslis met al hierdie tyd wat die rowers hul gegee het, almal se knieë voorberei het vir ‘n ortopeed. Sou dink sulke duur-item plekke moet ‘n alarm in vensters hê wat ‘n spesiale taakmag met als wat die manne self kan beskerm hê sodat hul kan storm en die vieslike misdadigers verwyder selle toe.
Ag toemaar wat. Versekering sal uitbetaal is mos die redenasie vir alle plundery/stelery vandag.