Polisiebeamptes het Vrydag ANC-betogers in Johannesburg met rubberkoeëls geskiet, skynbaar in ʼn poging om te verhoed dat hulle met deelnemers aan die DA se optog teen pres. Jacob Zuma bots.
Die ANC-groep is met ʼn vlaag rubberkoeëls begroet toe hulle probeer het om Ntemi Pilisostraat in Johannesburg oor te steek om in Newtown uit te kom waar die DA se optog begin het. Twee van die ANC-betogers het mank geloop nadat hulle met rubberkoeëls geskiet is.
Die polisie kon daarin slaag om die skare terug te druk na Luthuli-huis. Die skare het “Umshini Wam” gesing en stokke en sambokke in die lug geswaai op pad terug na hul party se hoofkantoor.
Die DA-optoggangers het omstreeks 12:00 uiteengegaan nadat hulle in Newtown deur Mmusi Maimane, leier van die DA, toegespreek is.
Rubber bullets being fired in Johannesburg. #peoplesmarch pic.twitter.com/7eDeiVk2Ok
— African News Agency (@AfriNewsAgency) April 7, 2017
Mooi so…!!!!!
Welgedaan SAPD! Kry die oproeriges onder beheer.
Dit is die begin van die einde vir Jacob Zuma……
Hy sal nie gaan nie, maar ons moet hom net asnhou wys.
Trots op julle SAPS!!!! Gee mens hoop…
Trots op jul SAPS! Die DA betoog vreedsaam terwyl die ANC hulle gewone hooligan styl uithaal.
Hulle begin die druk voel…
Wys jou net weer dat die ANC niks vreedsaam kan doen nie! Hulle voel in ń hoek gedryf en sal nou als probeer om daarteen te baklei. Snaaks dat die EFF so stil is?!
Bewys dat ANC weereens die moeilikheid makers is
Stem 100% saam met jou! Puik werk SAPD! Mag julle altyd teen die ANC optree! Julle verdien n HANSA!?
…maar na ure!
wat is die betekenis van umsheni wam ??????
Volgens Wikipedia is “Umshini Wami” “Bring my machine”
Dis “bring my machine (gun)
Beteken tel op jou masjien geweer
Ek is vandag so trots op ons Suid-Afrika. Dankie aan polisie, julle het regte besluit geneem.
The ironic of this protests is not to be missed. Don’t Zuma realised that this country of ours have an unique rainbow nation? That despite of our different cultures and challenges throughout the centuries, we as a nation will become stronger and stronger.
It is in our DNA to fight the wrongdoing of our leaders.
Mooi SAPD Mooi SA. Hier is die bewys van as n land en n volk saamstaan ongeag kleur of politieke oortuigings dan staan ons saam en respekteer mekaar. My hart wil bars van trots. Dankie aan almal wat deelgeneem het en ek bedoel almal!
Dankie reenboognasie dat jul vandag so saam gestaan het, dankie, dankie, dankie!! Dankie SAPS dat jul gedoen het wat reg is, dankie!!!