Video: Rustenburg: “Daar is nie meer kos en klere nie”

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Die gevolge van die voortslepende Amcu-staking in die platinummynbedryf kring al wyer uit.

Die hele Rustenburg-omgewing is onder geweldige ekonomiese druk en humanitêre organisasies gryp nou in om inwoners se honger te stil.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Mense wat Staan Saam Rustenburg wil ondersteun, kan Naomi Pasino by 014 537 2960 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

alet ·

N Mense is nie snaaks nie die stakende mynwerkers het werk hoekom gaan hulle nie terug .Nou moet ander spring en die land se President. Doen niks om dinge te verbeter.Gee die kos vir arm mense wat nie werk het en nie kan kry vie.julle versterk hulle in hulle kwaad hoe meer julle gee hoe minder het hulle nodig om te gaan werk

Rudi ·

Ek sal met een punt van jou saamstem. Waar is Zuma?! Rustenburg is ‘n ramp en GEEN leier is daar te sien nie. Nie eens Malema wys sy gesig nie. Daar gaan weer mense geskiet word.

Kwagga ·

Alet dalk moet dit so sleg met jou gaan dan sal jy dinge beter verstaan!

Wilma ·

Middag Alet.
Die probleem wat veroorsaak is, is dat die werkers wat nie mag staak nie op geforseerde verlof gesit is al in die einde van Januarie.
Die mense het net n gedeelte van hul salarisse of niks van hul salarisse ontvang.
Bv. My seun het nou vir die 4 de maand geen salaris ontvang nie. Hy mag nie staak nie, hy het geteken op sy kontrak dat hy nooit sal staak nie anders kan hul hom afbetaal. Nou vra ek jou wat doen n mens vir jou gesin as jy al vir die 4de maand geen salaris ontvang het nie?
Die skenkings van Staan Saam gaan vir die onskuldige werkers wat geen salaris of net gedeelte salaris ontvang.
Die werkers wat wel vrywillig op staking is word voorsien van skenkings deur verskeie plekke maar die wat nie mag staak nie het geen hulp gekry tot Staan Saam ingegryp het.
Daarom ondersteun ek Staan Saam 100%dankie Naomi en jul groep vir jou hulp en werk wat julle vir ons doen.

Retha ·

Die mense wat in Rustenburg woon wat direk deur stakings geraak word kry swaar, baie swaar. Hierdie staking kring ver en wyd uit. Dit raak nou nie net meer die myne nie, selfs diegene van ons wat vir werkgewers in die hoogste beroepe werk kom dit agter. Rustenburg bloei dood en ou gevestigde besighede maak toe. Daardie mense se werknemers sit sonder inkomste, hul moet weer hul huiswerkers ens huis toe stuur. Mense is honger en desperaat, die pandjieswinkels wil selfs nie meer goedere aankoop nie. Maar die werkers wat staak sien nie in dat hul behalwe hul eie kele afsny ook andere benadeel nie. Vir die wat help baie baie dankie, en ook ek stem daar saam gee vir die wat deur die stakings geraak word maar nie vir die stakers nie.

s w botha ·

Kan iemand vir ons kontak besonderhede gee vir die mense in rusten burg ons wil graag help sterkte daar groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.