Video: SA boere in aanvraag in res van Afrika

Argieffoto: facebook

Argieffoto: facebook

Duisende Suid-Afrikaanse boere boer deesdae in verskeie Afrika-lande waar hulle jarelange ondervinding en vaardighede hoog aangeskryf word, sê dr. Theo de Jager, wat TLU SA se jaarkongres toegspreek het oor die stand van die landbousake op die vasteland. Die kongres fokus veral op eiendomsreg en die moontlike bedreiging daarvan.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annie ·

Ou gesegde…. Moenie die hand byt wat jou voer nie. In SA moet dit wees, moenie die hand uitroei wat jou voer nie!

Sydney ·

Annie so waar, jy kan nie meer korrek wees nie. Maar as ons regering nie kan sien wat in ons buurlande gebeur het nie gaan ons aan die suid punt van Afrika nog slegter af wees as die noord van ons. Kyk na die plase wat reeds oorgeneem is deur hulle wat net wil he, geen boerdery, geen werkskepping ens. Daar is wel nuwe swart plaas eienaars wat sukses maak van wat hulle gekry het maar is in die minderheid en ongelukkig hoor ons nie van die suksesvolle swart boere wat ook nou sukkel agv ons ekononie en die droogte .

John ·

Dorslandtrekkers het vir jare in Angola geboer en met groot moeite op ossewaens die landsgrense help afpen. Daar was geen dankie die dag toe hulle uitgeboender is en vir hul lewens moes spaander nie. Oppas.

Marianne ·

Ek wonder net….. VIR HOE LANK GAAN DAARDIE BOERE VEILIG WEES???
Dis alles goed en wel om land en toerusting te ontvang… Dis seker ‘n fantastiese ondervinding om in Afrika vir Afrika te Boer….
HOE LANK GAAN DIT HOU????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.