[Video] SA, China bou vlootbande

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Suid-Afrikaanse Vloot sê hy speel slegs ‘n ondersteunende rol om onwettige vistreilers vas te vat.

Dit nadat agt vistreilers wat vermoedelik uit China afkomstig is en onwettig in Suid-Afrikaanse waters vis gevang het, onlangs die departement van visserye ontglip het.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

wynand ·

Dit is waarom die skelm bote so gou kon verdwyn en die storie daaroor is dood. dink hulle nou ons het nie breins nie?

cs ·

Snaaks toe vissersbote verdwyn toe daag die vloot bote op.Wonder of dit toeval is

Xa ·

China soek ons vis soos hulle ons minerale soek. Iemand hoog op gaan n lekker vet geskenkie kry daarvoor terwyl ons vissersmanne gaan weggedruk word.

Tiger ·

Hartebeespoort dam het meer bote as ons vloot so wat dink hulle gaan hulle uitgerig kry?Buitendien het affirmative action ook sy rol gespeel om seemanne met kennis te vervang met leemanne sonder kennis!

Rupert Ashford ·

Ek dink ek het die Suid Afrikaanse Vloot se “skip” gesien in een van die videogrepe – het ek reg gesien? So ‘n rubberduckie dingetjie aan die voet van een van daai skepe?

Marous ·

Vloot ? Watse vloot ? Moet eerder vlot wees … kry vir julle kajakke

M'Lady ·

Nou wie moet ons vis waters beskerm as dit nie die vloot is nie? Seker Solidariteit en Afriforum.

Wax ·

Dis ook seker apartheid se skuld dat die vloot nie meer betaan en n grap is.
Daai veter oe roei die hele see lewe uit en niks word gedoen!!!!

John ·

Toevallig, ne’. Die Sjinese-vloot bestuur die hele situasie, dit kan jy glo. Wat word op die hawe in die bote gelaai, is ‘n ander vraag. Soveel korrupsie is op land, sekerlik net soveel ter see. Wat sou die’ magtige Oosterse ekonomie met so klein Afrika-landjie in gemeen kan he?

Duitswes ·

Ja-nee, so het Jan van Riebeeck seker ook die skuldlas toe hy aan land gekom het om vlootbande met die destydse Weskus inboorlinge te deel…in die modern era staan dit bekend as “BRICS”. My vraag is: Indien ons Suid-Afrikaanse Vloot dan so paraat is; hoe op dees aarde fnuik en glip ‘n paar onbekende vissersskuitjies veilig uit ons gebiedswaters met ‘n vrag “Proudly South African”?
Eish! Slaan my met ‘n nat vis, maar ek ruik ‘n bokkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.