Video: SA het al minder vertroue in strafregstelsel

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Suid-Afrikaners het al minder vertroue in die strafregstelsel – en dít is volgens die regering se eie navorsing.

Statistieke Suid-Afrika het die jongste syfers bekend gemaak van die “Slagoffers van misdaad”-meningspeiling.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blondie ·

Die strafstelsel beteken niks as dit nie toegepas word nie. En in elk geval word polisie lede aangestel op die meriete van wie jy ken en nie wat jy ken en toepas nie.

CHRISTA ·

Vandat die leers in ons howe so weggeraak het, het mense begin vertroue verloor in ons regstelsel. Oortreders kry ook nie die gepaste straf wat hulle dade verdien nie.Ek dink ook dit is ‘n groot faktor wat meebring dat misdaad so toeneem in ons land. Wetsgehoorsame burgers het hulle vertroue in die regstelsel verloor en misdadigers het GEEN RESPEK daarvoor nie!!

George van Centurion ·

Ek het 2 jaar gelede ook die nare ondervinding met korrupte hof en polisie amptenare gehad. Die maatskappy vir ek gewerk het, het ‘n inbraak gehad. Die oortreder is op heterdaad betrap en is deur sekuriteit in hegtenis geneem. Ek is versoek om die saak by die Pretora-Wes polisie stasie aan te meld. Gevolglik is ek ook gedagvaar om in die hof te veskyn. Die aanklaer het met die slinkse voorstel gekom dat my saak ook met ‘n ander saak gekoppel moet word. Dit sou ‘n swaarder straf te weeg bring. Na 2 dae se tydmors in die hof moes ek verneem dat die polisie die beskuldigfe vrygelaat het. By navraag is ek meegedeel dat die ander klaer die saak terug getrek het. Selfs die landdros het verleë voorgekom. Ek het die saak maar daar gelaat…… 10/10 vir ons regstelsel in die nuwe SA piesang Republiek.

jaycee ·

Die woordvoerder meld wel dat verskeie faktore ‘n rol speel in hierdie afnames, maar sonder dan een uit naamlik die verslegting in die ekonomiese omstandighede van mense. (Verstaan ek hom reg?). Wat hy eintlik nalaat om te noem is dat mense se persepsies gevorm word deur realiteite en dat die doeltreffendheid van die genoemde stelsels onder die ANC-regering ‘n afdraande pad gevolg het. Hy moenie so vinnig die skuld op ‘n ander plek gaan plaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.