Bertie Rietveld, ʼn Suid-Afrikaanse mesmaker van Magaliesburg in Gauteng, se kunsmes is onlangs bekroon as die beste ter wêreld. Beoordelaars by die 2016 Blade Show in die VSA, die grootste skou van sy soort ter wêreld, het veral lof gehad vir Rietveld se ontwerp en vakmanskap.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Bertie, baie geluk jy maak ons Suid Afrikaaner baie trots op jou en jou werk.
Gaann asseblief so aan.
Baie geluk Bertie!, As jy dié sien, hoekom gebruik jy die Romeinse Wolf op die hef?
Dis baie mooi werk, sou graag so n dolk besit
Uitstekend verby! Daar is niks so mooi en bevredigend soos handewerk nie. Wens ons mense wil terugkeer na sulke kunswerk en’n slag die tv los waarop mens net ander se doen en late gade gadeslaan.
Trots Suid-Afrikaans! Baie geluk, dis voorwaar ‘n prestasie.
Dis werklik ‘n pragstuk!
Baie geluk.
Gaan kyk gerus volgende naweek 19/20 Augustus by die Mosaik sentrum in Fairland, Johannesburg na die SA mesmakergilde se skou. Jy sal skaars die vakmanskap glo wat in messe ontgin word deur hierdie mense. Van kunswerke tot jagmesse van formaat…
Baie geluk Bertie ek het al n paarkeer met n mes begin van my skooldae af maar nog nooi een klaar gemaak nie.