Video: SA se duurste skemerkelkie kos R40 000

Die Something Marvellously Unusual-skemerkelkie sal teen R40 000 te koop aangebied word (Foto verskaf)

Hendrick’s Gin en ʼn paar vennote het ʼn spesiale jenewerskemerkelkie saamgestel – maar dit sal slegs in Kaapstad, Umhlanga en Johannesburg beskikbaar wees.

Die skemerkelkie sal jou R40 000 uit die sak jaag.

“Al die vennote deel die kernwaardes van die Hendrick’s Gin-handelsmerk: premium, handgebrou, klein hoeveelhede,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. Dié vennote sluit Ardmore Ceramic Art, Barker and Quin Tonic Water en Svalbardi Polar Iceberg Water in.

Slegs drie van die skemerkelkies sal bedien word, een elk beskikbaar vanaf 1 November by die Mount Nelson in Kaapstad, die Oyster Box in Umhlanga en Marble in Johannesburg.

Shaun Stemmett, handelsmerkbestuurder vir Hendrick’s Gin, het gesê dié program is ʼn perfekte geleentheid om die ongewone en premiegehalte aard van Hendrick’s Gin ten toon te stel. “Ons vennote is van die beste in hul bedryf. Ardmore Ceramic Art vervaardig buitengewoon mooi en ongewone kunswerke wat wêreldwyd in aanvraag is; Svalbardi Polar Iceberg Water is die wêreld se beste en suiwerste water wat uit die gletsers van Noorweë onttrek is en sorgvuldig gebottel en wêreldwyd verskeep word; en Barker and Quin vervaardig unieke Suid-Afrikaanse kinawater.”

Stemmett voeg by dié skemerkelkies is die aanvang van Hendrick’s Gin O’Clock se somerseisoenprogram. “Ons bring hierdie somer weer die Hendrick’s Gin O’Clock-ervaring na Suid-Afrika met 40 deelnemende restaurante en kroeë wat ʼn verskeidenheid skemerkelkies sal bedien. Ons bring ook die geliefde Hendrick’s Gin Tea Cup-geskenkpak terug. Dié geskenkpak is vanaf 18 Oktober by verskeie drankwinkels beskikbaar en bevat drie verskillende teekoppie-ontwerpe vir jenewer-fynproewers om te versamel.”

Die Something Marvellously Unusual Cocktail Experience word bedien in een van drie unieke keramiek-beker. Die komkommer wat in die skemerkelkie gebruik word, is spesiaal vir Hendrick’s Gin gekweek deur komkommerboer Nico Laubscher. Die resep is deur Marson Strydom ontwikkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ander Annie ·

Sal graag wil hoor wie die drankie gaan koop. Wonder wat gaan in ‘n mens se kop aan wat R40,000 vir ‘n drankie betaal.

#SA ·

Dit sal nie die ou wees wat met sy Dakar in een of ander dam gaan jaag het nie – want die leuse van brandewyn het nie brieke nie – is daar ten toon gestel en is sekerlik nie vantoepassing op jenewer drinkers nie . “Each to their own”. Vir R40K gaan ek vir ‘n ou vakansietjie oor die water.

Snowball ·

Regtig!!! Seker net die manne van die VBS bank wat dié sal kan bekostig.

Daan ·

‘n Bottel goeie (nie die beste en duurste op die mark nie) brandewyn, 2l koeldrank en ‘n pak ys een keer elke 2de week teen R200-00 kan ek myself geniet vir die volgende 8 jaar en 2 maande. Totaal R40 000-00!

Dean ·

Jy kan Bybel koop vir R200.00..en jy gaan baie beter voel na die tyd as n R 40 000 se “cocktail “..Ps..10

Elize ·

Genugtig en daar sit die eend op droë grond noudat die dam onder hom uitgeruk is! Kan so bietjie vloeistof so duur wees!

Jozi ·

Kan jy dit nou oorvertel?
Daar is niks op hierdie aarde wat daardie prys ooit kan regverdig nie.
Ek gee nie om waar die spesiale water, komkommers of wat ookal nodig is vir daai tappie vandaan kom nie.
Geld koop nie klas nie, en ek kan maar net raai wie gaan daai bestel.

RG ·

Nog ‘n gat gevind vir ons swaar verdiende belasting geld. Net betyds vir jaar eind funksies.

Jan ·

As die afrikaners sterker en slimmer was her hulle noe daai geld hehad…hehehe

Stephen Namibia ·

Mnr Stemmet. Ons hier in Windhoek Namibia drink gesuiwerde rioolwater, Terloops Windhoek was die eerste Stad ter wereld wat hierdie proses vervolmaak het. Dis so suiwer dat spoorelemente bygevoeg moet word.
Ons bier word hiervan gemaak en dis van die beste bier in die wereld maar ons Lager kos nog steeds R12 bottel.
Ek vind net n man se hare krul n bietjie meer!!:) :)

Cherokee ·

Ek het vir ‘n tyd in Windhoek gewoon maar Hansa gedrink.

Cherokee ·

Gee vir daai ou wat daardie resep ontwikkel het, ‘n Bells!!!

Carina ·

O nee aarde, ek dink nie julle moet dit so openlik adverteer nie. Nou gaan al ons belastinggeld weer deur die manne van bo gebruik word om die drankie te gaan koop, net om te kan “brag” daarmee. Arme ons!!

C ·

Nee wat dankie al sou ek dit kon bekostig sou ek dit nie gekoop het nie sal eerder die arm blankes help. Maar terwyl alles so duur is sal ek maar by gewone goedkoop drankies bly.

Ginnie ·

Ag hulle is heeltemal simpel , 1 x 750 ml Hendrick’s Gin R349 , 1 x Barker & quin R15 , vruggie of twee lekker byvoegsels R10 , daai erg lelik koppie , verniet , maak nie R40 000 , selfs nie eers die ysberg water nie as jy dit kan kry vir R1000 nie

Blommie ·

Ai mense lees die berig mooi, dit gaan nie net oor die inhoud nie.
Maar ook die kuns rondom dit en slegs 3 van daardie stukke word verkoop.
En dis n wereld bekende kunstenaar wat hierdie gemaak het en dit sal verseker die prys op stoot na wat dit is.

BJ Vorster ·

Ek moes tweekeer lees om seker te maak ek yl nie dalk nie!
Uitspattig, belaglik, skokkend, skandalig en ‘n absolute sonde as mens dink hoeveel mense daar is wie nie kos het om te eet nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.