[Video] Sakemagnaat positief oor ekonomiese vooruitsigte

Whitey Basson (Skermskoot uit die video)

Whitey Basson (Skermskoot uit die video)

Een van Suid-Afrika se suksesvolste sakemagnate, Whitey Basson, glo die land se ekonomiese toekoms is blink, mits dit reg bestuur word.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Leon Coetzee ·

Dit is maklik vir Whitey Basson om te praat , hulle groep maak miljarde rande ten koste van die arme verbruiker en hul storie van besparing mag dalk duisende beindruk , maar ek val nie vir sy stories nie . Kyk na die miljoene wat hy jaarliks verdien , maar sy arme werkers vrek van die ellende

Dirk Breytenbach ·

Ek was teenwoordig by die geleentheid waar Whitey Basson opgetree het en het sy toespraak motiverend en insiggewend gevind (ek is nie ‘n werknemer of deel van sy groep nie). Die groep se pryse vergelyk goed met alle mededingers wat vir my dui op verantwoordelike en ‘n goed bestuurde groep. Ek is nie bewus van enige van sy werkers wat krepeer nie en was gemotiveer en vol moed vir die toekoms toe ek daar weg is. Ek het besef dat elkeen verantwoordelik is vir sy eie welsyn en voorspoed en waar dinge van ons weggeneem is moet ons begin bou aan nuwe uitkomste en om nuwe geleenthede te ontgin. Ons hoef nie te wag vir die Bassons, Ruperts of Oppenheimers om te begin floreer nie ons behoort onsself ook as entrepreneurs en risikonemers te bekwaam.

Fanie Jooste ·

Ek stem volkome saam met Dirk Breytenbach.Net baie jammer dat ek gister in Shoprite se winkel soos ‘n vark behandel was en verneder is deur Whitey Basson se personeel.
Whitey Basson se bestuurstyl is ontoeganglik,nogals jammer dat mens na ‘n leeftyd se ondersteuning sulke swak ervarings in die Shoprite winkels moet ervaar.

gatiep ·

Ek stem 100% met jou daai mense weet nie meer hoe dit is om n mens te wees nie.

Christo ·

As die paw paw die fan strike het hy geen probleme nie sy plekkie oorsee is reg !

Vienna ·

Niks verkeerd om ‘n deur in ‘n ander land oop te hou nie.
My elektristeit, water, levies en kos is baie goedkoper as in SA.
Het nie höe insurance, tracker en security onkostes nie.
Die grootste probleem, ons is lief vir SA en dit is baie moeilik om bye te sê.

Leon Coetzee ·

In antwoord op Dirk Breytenbach ek is of was ook nooit betrokke by hulle nie , en bid dat dit nooit met my moet gebeur nie. Terloops ek is in ‘n baie winsgewende bedryf en voer ‘n goeie bestaan en kyk goed na my personeel

Dirk Breytenbach ·

Leon, verskoning as dit na ‘n persoonlike kwessie laat lyk. Ek is eerlik nie bewus van die gewraakte slegte behandeling van Whitey Basson se personeel nie en indien hy inderdaad die dinge doen wat mense nou te berde bring sal ek ook krities wees. Ek wens jou alle voorspoed in jou onderneming toe ons het mense soos jy nodig in die land.

Tammy ·

Ek sit nie n voet in een van Shoprite Checkers winkels nie. Het self n slegte onderivinding by die betaalpunt gehad. Die kassier het n hewige gesprek met n kollega gehad (kliphard) en toe ek haar vra om my asseblief klaar te help sodat ek kan loop, dan kan hulle verder klets, het sy my so sleg gese dat ek nooit weer daardie winkels sal ondersteun nie. Daar was ook nie n bestuurder beskikbaar waar ek kon kla nie. Almal was te besig…… seker met privaat geselsies.

Siestog ·

“….. mits dit reg bestuur word” – dit is die vangplek wat SA met die huidige regering definitief nie kan doen nie.

Maria van Dieweeck ·

#KETTINGWINKELSMOETVAL, hulle is almal gierig! Bied lae kwaliteit produkte teen belaglike pryse! Kyk n grap is n grap maarR45 vir 2 avokados, waaat! Kettingwinkels is soos die staat, vat, vat en neem…ek ondersteun nou privaat winkels, tuisnywerhede en kosmarkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.