[Video] Sakeman rand glo swanger vrou aan

‘n Skermskoot van Romeo Makhubela uit die video.

ʼn Vooraanstaande sakeman en ʼn hoogswanger vrou het oor en weer strafregtelike sake aanhangig gemaak ná ʼn onderonsie by ʼn Wes-Randse winkelsentrum oor ʼn parkeerplek.

Bianca Fourie (29), die swanger vrou, se ma, Amanda de Lange, VF-raadslid van Krugersdorp, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het op 25 April omstreeks 15:00 by die Steers-restaurant by Featherbrook Village in Ruimsig plaasgevind.

De Lange hanteer navrae namens Fourie, ʼn logistieke bestuurder wat byna agt maande swanger is, aangesien die voorval haar dogter erg getraumatiseerd gelaat het.

“Sy het by die winkelsentrum ingery en gestaan en wag vir ʼn parkeerplek, want die parkeerplekke was baie beperk. Daar was ʼn BMW wat dwars gestaan het en terwyl sy vir die BMW se bestuurder gewag het om reg te trek, het ʼn man in ʼn ander voertuig agter haar sy toeter gedruk en geskreeu. Sy beduie toe vir die motoris agter haar sy wag vir ʼn parkeerplek, maar het toe uiteindelik verby gery en ʼn ander parkeerplek gaan soek,” het De Lange gesê.

Die sakeman, wat intussen as Romeo Makhubela, uitvoerende hoof van die finansiëledienstegroep Novare, geïdentifiseer is, was glo in die BMW na wie Fourie beduie het. Makhubela, sy motor se bestuurder en sy seun is van daar na Steers. Fourie was ook op pad Steers, onwetend dat Makhubela ook daar was.

“Toe sy in loop by die restaurant het Romeo haar gekonfronteer en sonder rede aangeval. Sy het hom geïgnoreer, is by die deur uit, waarna sy haar selfoon uitgehaal het in ʼn poging om ʼn foto van hom te neem om hom te identifiseer. Toe sy die foto wou neem toe gryp hy haar foon en slaan haar met ʼn vuis dat sy buite oor die marmertafeltjies val.”

De Lange het gesê die bestuurder van die restaurant en veiligheidspersoneel het tussenbeide getree en Makhubela is uiteindelik daar weg. Volgens De Lange is haar dogter tydens die onderonsie op haar maag, kakebeen en bors geslaan.

Bianca Fourie. Foto: Via Facebook

Fourie het beserings aan haar gesig en bors opgedoen en is uit vrees vir haar ongebore babadogtertjie se welstand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling.

“Bianca vat dit baie erg. Sy is dieselfde dag ontslaan, maar lyk sleg. Sy was op die ouderdom van 12 vir ʼn selfoon geskiet en dié aanval krap allerhande ou wonde oop. Sy is erg getraumatiseerd en voel verneder. Die babatjie voel die stres aan, haar hartklop is hoog en sy beweeg baie rond. Bianca moet gereeld vir skanderings gaan om haar baba te monitor.”

Fourie het ʼn aanklag van aanranding teen Makhubela aanhangig gemaak. Die Honeydew-polisie ondersoek die voorval.

“Hoe het dinge in die land só geword dat ʼn vrou, wat hoog swanger is, só gereduseer word en haar lewe so min werd geskat word? Daar is ʼn tendens dat mense in hoë profiele hulself bo die wet ag.”

ʼn Video van die voorval is op die kitskosrestaurant se sekuriteitskameras vasgelê. De Lange het die personeel by Steers en veiligheidsbeamptes van BCI-sekuriteit bedank wat haar dogter bygestaan het.

Makhubela het navrae na sy prokureur, Titswa Modise, verwys. Modise het aan Maroela Media bevestig Makhubela het ʼn saak van crimen injuria by die Honeydew-polisie aanhangig gemaak. Hy het bevestig daar was ʼn voorval, maar dat Fourie vir Makhubela agtervolg het en hom en sy kind bedreig laat voel het. Makhubela is van plan om Fourie ook by die gelykheidshof te verkla vir die gebruik van “rassistiese taal”.

“Die polisie is nog besig met hul ondersoek en ons sal wag tot die ondersoek afgehandel is voordat verdere stappe gedoen sal word,” het Modise gesê.

De Lange voel die stelling dat Makhubela bedreig gevoel het, is belaglik. “My dogter is baie kort, skaars baksteenhoogte. Hoe kan ʼn uitvoerende hoof met sy bestuurder by hom so maklik bedreig voel?” het sy gevra.

Lees ook: Sakeman geskors ná onderonsie met swanger vrou

Posted by Amanda De Lange on Sunday, May 6, 2018

Posted by Amanda De Lange on Sunday, May 6, 2018

Romeo… does it feel good to hit a 7 month pregnant woman? Punch her with the fists – her face, chest and in her stomache.Start to pray.

Posted by Amanda De Lange on Thursday, April 26, 2018

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Piet Snot ·

Spur moet net hul normale ding doen. Verbied die klein rassistiese vroutjie vir altyd.
Ek meen, sy het opsetlik die groot vet man se vuiste met haar kop geslaan: twee maal. En toe val sy hom aan met haar borste en swanger maag.
Ek kon sien hoe bewe hy van vrees.

Niel ·

dis jammer dat dinge so moet uitdraai en alles. In eerste plek slaan ‘n mens nooit ‘n vrou nie! maak nie saak wat! in die 2de plek glo ek die vrou kan man ook nou aankla buiten aanranding ook vir poging tot moord op die ongebore baba met sy oprede. Ek hoop geregtigheid gaan seevier.

Skokkend ·

OMTRENT DIESELFDE saak soos met die KFC Manne en hoekom is die man nie in die tronk nie? Dit gaan alles oor KLEUR in SA. Die VIDEO is net so ‘duidelik’ soos wat die KFC video is, die verskil is net die vrou by KFC is nie so vieslik aangerand en geklap soos in hierdie geval nie en sy was ook nie swanger nie EN sy het ‘n mans partner by haar gehad .. HIERDIE MAN SAL NIKS OORKOM NIE, die swanger vrou sal van rassisme aangekla word en hy sal skotvry daarvan afkom .. DIS DIE NUWE SA.

E.K. die eerste ·

Vieslik en plein walglik. Wys net weer geld kan nie klas koop nie. As hy vreemde vroue so aanval vir niks kan ek dink hoe dit tuis gaan. Wat ‘n HERO. Sies man!

Mandy ·

Dit is vir my ongelooflik hartseer, en weereens word die “rasisme” kaart gebruik. Gaan dit nooit einde kry nie?

Hennie ·

Volg maar op by Honeydew se polisie voordat die leer verdwyn.

Johann ·

Absolute barbaarse aanranding van n weerlose swanger vrou! Aresteer hom! Gee hom aan by die Minister vir vroue, Dlamini! En die ANC se vroue liga! As dit amders om was… wel ons weet wat dan sou gebeur? BOELIE… SHAME. ON YOU!!!!

Lollie ·

Wens hy kry wat hom toekom! Hierdie ‘rassisme ‘ storie gaan altyd gebruik word. Dit is soos wanneer ń vrou altyd ‘rape’ skree. Hulle weet daardie 2 woorde verander die hele storie en jy die onskuldige gaan aan die pen ry!
Daar was beslis getuies en ek hoop MM hou ons op hoogte.
Hoop net nie hy kom skotvry hiervan af nie! Was die rolle omgeruil was hierdie wêreld al mooi op sy kop gedraai!

Liesl ·

As die regte prokureur hierdie dame help, kan daar ‘n voorbeeld van hierdie man gemaak word…

Penellope Jones ·

Heelmoontlik sal daar niks van kom of enigsens in ander media verskyn nie . . . .

Marinda ·

Jys verkeerd, hierdie op ñ Engelse nuus blad ook gesien.

WONDER ·

Almal kan mos sien waar hy werk en grootmeneer speel. Sit pressure op hulle

·

As hy dit doen , wonder ek wat hy by die huis doen!!!!!!!
Hy het geen respek vir homself nie wat van vrouens!!

Gestremde ·

Boikot die besigheid. Miskien sal hy terug kom aarde toe. Net jammer die blankes kan nie saamstaan soos die ander KFC geval nie. Dit is omdat ons te sleg is om mekaar te ondersteun dat die persoon gaan weg kom met ‘n tukkie op die skouer.

marous ·

Ek is seker daar is eerbare prokureurs wat die blou rook uit hom sal dagvaar … verniet

HPV ·

Mens kan beslis nie ‘n onderneming steun waar ‘n vrou aanrander ‘n senior pos beklee nie.

Liezel ·

Ons moet die vent se werkgewer bel en eis dat hy afgedank word! Hoe hanteer hy dan sy kliente?

anton ·

Hy kan BAIE bly wees dat dit nie my vrou was wat hy so geslaan en gestamp het nie!!!
Dit is al wat ek kan/wil se!!!

DS ·

Dis oral so deesdae. Ek waag nie eers om in ‘n swart man wat agter stuur is se rigting te kyk nie. Dis your “stupid white b&$#h” en ander lelike goed wat geskreeu word en dan net omdat jy by rooi robot gestop het. Hulle is verwaand en arrogant. Gelukkig het ek nie ‘n vuurwapen nie want ek sou al lankal in tronk gesit het nie oor ek rassis is nie maar omdat sommige mense GEEN respek vir ander mense het nie!

LB ·

Ek sien op die video dat die vroueslaner so “bang” was dat hy met sy rug na die deur gedraai staan. Ek sien ook uiterste haat en woede op sy gesig voordat hy die selfoon uit die persoon se hand klap en geen teken van vrees op daardie gesig nie.

‘n Mens raak nou werklik keelvol vir die belaglike rassekaart wat weereens gespeel word en die haat teenoor ons mense is voelbaar. Ek as vrou gaan nie meer alleen na plekke nie, dan eers word jy geteiken. Die Afrikaner is van nature ‘n vredeliewende nasie. Gee ons net die reg om te mag leef en bestaan! Die teenoorgestelde kan gesê word van die wat so hammer op ras, alles word reggemaak deur woede en verwoesting. Geen respek en geen waardigheid word getoon nie. Hoe stel ons dit reg?

Sdl ·

Gaan kyk wie is onder sy vriende op facebook. Dink hier gaan niks van kom nie ……

Cor ·

Duidelik sal daar niks van kom nie. Die vrou is klaar die vark in die verhaal gemaak. Ek het in ander media gelees hy se sy het hom gevloek, beledig en toe met die wonder woord geskel. My beskeie advies, in so geval ignoreer die mens ry weg en parkeer op n ander plek. Tel tot 100 voordat jy uitklim en loop weg van die mens af. Sou jy moet hof toe gaan neem kennis 99% van die regters, magistrate en landroste is veerteenwoordigend van die bevolking en hy of sy wag om n voorbeeld van jou te maak . Al het jy nie die wonder woord gebruik nie jy sal nie geglo word nie

Natus ·

Wonder of die man ook verban gaan word by alle Steers takke soos die man van die Spur voorval?
Kan in die video sien die arme man was vreesbevange. Steers moes hom dalk een van hulle draai roomysies gegee het om sy senuweetjies te kalmeer.

Tokkie ·

as dit nou n wit op swart aanval was het die persoon agter tralies gesit en die eff het getoi toi voor die hof !

AD ·

DUBBEL STANDAARDE!!!!!! By KFC is die wit ouens toe gesluit. Maar as dit n wit victim is nee wat DAN IS JY KLAAR VERKEERD al is jy swanger. My niggie was ook so in n mall by parkering geklap 4jaar gelede omdat sy te lank vat om in parkering te gaan. Saak nou nog nie in hof nie. Dit net stil geraak. Maar as my niggie die nie blanke dames moes klap??

Naas Vermaak ·

Wanneer gaan die mense leer dat jy jou uithou uit situasies waar jy met laer mentaliteit as jou eie te doen het….was in elke geval dom van haar om foto te neem…..nou’t haar lewe radikaal verander…

Johann ·

Sou wat wou gee om te weet wat die vroueslaner se kolegas en venote EN KLIENTE te se het oor sy banale gedrag? CEO nogal? SHAME ON YOU!!!!!!!!!

PJC ·

Was daar geen ander man in die omgewing wat hierdie vrou kon verdedig nie of was almal te bang. Ek weet wat ek sou gedoen het met enige ou wat waag om ń vrou aan te rand in my teenwoordigheid ongeag sy kleur of grootte.

Hantie Rose ·

Ek wil geld sit op ‘n weddenskap dat die vrou wat die baba ontvoer het ook die race kaart gaan speel.

Pakkie Koekies ·

Dis wat hy kort! Dame, maak jou stem dik. Gaan Carte Blanche toe met die storie. Ek is seker as almal ratings op die besigheid se Google plaas. Sal iemand uiteindelik luister. Onthou julle die panelbeater wat die ou oom so aangerand het, hy is binne n week afgedank! Ons kan saamstaan. “SPUR”

Callie ·

A C vroueliga doodstil. Alle swartes wat bohaai maak oor wittes doodstil. Nou die tyd om voluit vir sulke boewe te gaan. Enige persoon met idee hoe almal kan saamstaan om die boef in tronk te kr y. Ek is in.

Johan ·

Maroela volg bietjie op en hou n oog op die saak vir ons…..as ek sy is kry ek vir Gerry Nel om die saak te behartig…..daar moet n duidelike voorbeeld gemaak word van die ou.

Theresa ·

Shame on you to behave so disrespectful! Disgusting behaviour for a senior person in any country. No respect.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.