[Video] SA’ner in bul-stormloop beseer

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n 73-jarige Suid-Afrikaner is een van die 14 mense wat Vrydag beseer is tydens die jaarlikse stormloop van die bulle in Pamplona, Spanje. Twee mense is ernstig beseer nadat ‘n bul se horings hulle onderskeidelik in die maag en bors getref het.

Die Suid-Afrikaner, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, en ʼn Spaanse inwoner is in ʼn ernstige toestand.

Talle Spaanse dorpe hou feeste tydens somermaande waar dié stormlope plaasvind. Toeriste reis van ver om die stormlope by te woon.

Die daaglikse bulstormloop begin om 08:00 en duur gewoonlik tussen drie en vyf minute. Daar is altesaam agt stormlope tydens die fees.

Organiseerders het deelnemers voor die tyd gewaarsku dat hulle moontlik noodlottig beseer kan word en daarop gewys dat minstens 16 mense reeds sedert 1910 gesterf het. Die jongste sterfgeval was in 2009.

Vyf mense is Donderdag beseer.

Nadat die bulle losgelaat word, vrek hulle gewoonlik tydens die stiergevegte later in die dag.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Annemarie ·

Absoluut belaglik!!! Kon nog nooit die sport daarin raaksien nie…

Justa ·

Hierdie barbaarse feeste het nie meer plek in die 21ste eeu nie. Hoe dit nog toegelaat word gaan my verstand te bowe. Vir hierdie arme bulle en ander diere is hel hier op aarde.

Justa ·

Gatiep, dit was die deelnemers se eie keuse. Die bulle het geen keuse nie.

Jef ·

Net soos die stiere gevegte in arenas in Spanje waar die arme weerlose diere met spiese of iets dergliks deurboor word en dit noem hulle dan tradisie.
Die sotte in die arena begin histeries te juig as hulle bloed sien dan vra ek my af hoe ontsettend sieklik kan mense op hierdie aarde wees.
Wat ons normale mense dieremishandeling vind, dink die Spanjaarde dis vermaak, SKANDE

Luister ·

Ook geen simpatie van my nie,….. net aan die arme diere. Wonder of die ou se versekering hom gaan help?

Idioot ·

Ag nee regtig…! Wat het deur die oomie se kop gegaan het hy nou wragtag gedink hy gaan nie id pad wees nie…..!

Buitestander ·

Die is die wreedste manier om ‘n dier te behandel en te dood.
Nee wat gewone slag metode is die beter manier om diere te dood.
Vleis is dan ook nie so taai nie.!!!!!!!

Gründling ·

Mooi so. Hou op om die diere te martel. Dis ‘n barbaarse praktyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.