Video: SA’ners se Lego-mannetjies wêreldwyd verkoop

Die Tin Tin-stelletjie wat Custom Brick and Minifig vir Paramount Pictures gemaak het Foto: Christo Brown, Flickr (word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Die Tin Tin-stelletjie wat Custom Minifig vir Paramount Pictures gemaak het Foto: Christo Brown, Flickr (word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Die video volg onderaan die berig. Christo Brown van Boksburg in Gauteng se Lego-mannetjies word wêreldwyd verkoop en hy het al selfs spesiaal ʼn Tin Tin-stelletjie vir Paramount Pictures gebou.

“Die mannetjies verkoop hoofsaaklik oorsee, en dit is veral versamelaars wat belangstel,” het Christo aan Maroela Media gesê. “Ons het ook al Star Wars-stelletjies gebou. Die superhelde soos Flash Gordon bly egter die gewildste.” Een kliënt het ook al ‘n spesiale Neil Armstrong-mannetjie versoek.

Christo behartig die ontwerp van die Lego-mannetjies. Hy bestel die dele van Lego, maar ontwerp dan met 3D bykomstighede soos gewere en selfs haarstukke. Hy is tans besig met ʼn stelletjie vir Talk Radio 702 om hulle omroepers as Lego-mannetjies te verewig. Hy sal na verwagting dié projek binne die volgende maand afhandel.

Sy maatskappy, Custom Brick and Minifig, geleë in Witfield, Boksburg, maak tussen 200 en 300 mannetjies per maand. Die maatskappy is nou ongeveer twee jaar lank voltyds aan die gang.

Die Neil Armstrong-mannetjie deur Custom Minifig. Foto: Christo Brown, Flickr (word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Die Neil Armstrong-mannetjie deur Custom Minifig. Foto: Christo Brown, Flickr (word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

“Van die mannetjies is ook op eBay beskikbaar waar die publiek daarop kan bie,” het hy bygevoeg. Een van die mannetjies is al vir $200 (ongeveer R2 100) verkoop.

Christo het ook onlangs die Lego-mannetjies begin inspan as akteurs. Die eerste Little Arrow-animasie is ongeveer nege maande gelede op YouTube gepubliseer. Jacques Geldenhuys behartig die animasie van dié video’s.

Hulle het onlangs ook ʼn prettige musiekvideo gemaak met oudpresident Nelson Mandela, Michael Jackson (Billy Jean), Michael Flatley in Lord of the Dance, Redfoo and Sky Blu se Everyday I’m Shuffling, en Patrick Swayze en Jennifer Gray uit Dirty Dancing. Christo het weer die ontwerp van die mannetjies behartig en Jacques die animasie.

“Ons doen die video’s vir die liefde van die saak,” het Christo verduidelik. “As dit ʼn glimlag op iemand se gesig gesit het, dan het ons ons doel bereik.”

Klik hier om die webwerf te besoek
Klik hier om die Facebook-blad te besoek
http://youtu.be/78IFO0xpwSA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Delia ·

Wonderlik! Het ‘n lekker gevoel gekry terwyl ek hierna kyk…..my gunsteling is Michael Flatly (Lord of the Dance!

Erica ·

Fantasties.
DIRTY DANCING IS DIE BESTE!!!!!!!!!!!
DOEN ASB N SKOUSPEL OOK.
IMAGINE NET JUANITA.KURT.NICOLIS EN EDEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.