Motoriste in Gauteng is erg ontsteld oor die Nasionale Vervolgingsgesag en Sanral se jongste strategie.
Twee staatsaanklaers is aangestel om saam met Sanral te werk om diegene wat nie e-tolgeld betaal nie, aan die pen te laat ry.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Nee wat, die koei se spene staan nog dik in die melk, maar ek is bevrees hierna gaan sy sukkel om vir haar kalf melk te produseer.
Ek sal aan die hof dit stel dat sodra die Suid Afrikaanse Regering vir my kan bewyse lewer dat hulle meer as 700 biljoen rand wat vanaf 2007 ingesamel is met die toeslag wat suid afrikaners betaal wanneer hulle brandstof koop en wat vir die doel van paaie aangewend moet word wel aan paaie spandeer het, dan eers sal ons kan praat of e-tol betaalbaar is. Tot dat hulle nie bewyse lewer nie, is daar geen manier waarop hulle ons kan dwing om e- tol te betaal nie, ons het reeds meer as genoeg betaal, sonder om die voordeel daarvan te benut. Die algemene toestand van paaie is uiters swak behalwe in sekere gebiede en die gauteng e-tol boukoste is maar ‘n fraksie van die geld wat al reeds deur brandstof gebruikers betaal is met die toeslag op brandstof.