Video: Sasol se sonkraguitdaging begin

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Vergeet maar van ‘n bloedrooi sportmotor met ‘n brullende enjin. As ‘n groep jong ingenieurstudente hulle sin kry, gaan sonkrag die nuwe in-ding wees.

Tien spanne se sonkragaangedrewe voertuie het reeds weggetrek vir die eerste skof van die sogenaamde Sasol Solar Challenge. Dit sluit in verteenwoordigers van ses plaaslike universiteite, en besoekers van Nederland, Turkye en Ciprus.

Daar’s selfs ‘n skolespan wat deelneem. Hulle lê in totaal meer as 5 000 km elk af. Die kompetisie moedig innovasie aan deur die gebruik van
sonkrag, wat Suid-Afrika in oorvloed het.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.