Video: SAUK-aanbieder aangekla ná onderhoud met EFF-segsman

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het bevestig dat hy ʼn klag ontvang het oor die optrede van ʼn SAUK-aanbieder tydens ʼn onderhoud met die EFF se nasionale woordvoerder.

Shouneez Martin, registrateur by die UKKSA, het gesê die klag sal oorweeg word wanneer hulle die beeldmateriaal van die onderhoud en die SAUK se kommentaar ontvang het. “Dit duur gewoonlik so twee weke,” het sy gesê.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het gesê Eben Jansen, aanbieder van die program SABC Newsroom, sal nie weer die program aanbied voor die saak tussen hom en die openbare uitsaaier hanteer is nie.

Jansen het Donderdagoggend ʼn onderhoud gevoer met Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, oor die land se standbeelde. Jansen het Ndlozi onder meer gevra wat die verskil is tussen die EFF se protesveldtog en een groep wat ʼn ander groep se geskiedenis probeer uitwis.

Ndlozi en Jansen het ook verskeie kere tydens die onderhoud op mekaar begin skree en mekaar in die rede geval.

News24

https://youtu.be/2uhYqvfm9Wc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter ·

Eben Jansen, jou ou doring, as meer van ons mense soos jy was, was hierdie “dinge” lankal uigesorteer. Knap gedaan!

Chris A ·

Eben Jansen, byt vas en bly staande.In Engels is daar n mooi gesegde. Never argue with an idiot; They’ll drag you down to their level and beat you with experience. STERKTE !!

Nina ·

Word die uwe, Mbuyiseni Ndlozi, ook aangekla vir sy absolute onbeskoftheid en vertraagtheid? Of net die arme Eben Jansen wat sekerlik keelvol was vir eersgenoemde se IK-lose uitlatings en antwoorde?

Lisa ·

Hy’s ‘n professioneel!! Hy behoort van beter te weet. stem saam met Chris A. Die kykers het in elk geval gesien dis ‘n idioot, Jansen moes nie sy cool verloor het nie – hy gaan nou die spit afbyt!

Chanel ·

Ag Lisa, kom wys vir my hoe hou jy jou cool. ‘n mens bly ‘n mens maak nie saak wat sy professie is nie. En ‘n idioot bly ‘n idioot. maak nie saak wat sy “titel” is nie

Peet Schabort ·

Openbare uitsaaier se voet!! Spelling is ook nie “SAUK” maar “SABC” oftewel “ES EI BIE SIE”.
Moeilik om met iemand ‘n onderhoud te voer wat net die woord ‘apartheid’ in die kop het. Sien dat die gewraakte “Kill the boer” weer op kerkplein gesing is. Vreet jouself eers dik aan die boer se kos en dan gaan vermoor jy hom.
Sal ons OOIT kan weg kom van opstokery en VREDE hê in hierdie mooi land?
Sterkte Eben.

dawie ·

Jammer hy het sy cool verloor maar ek dink enige normale mens sou ook. Dit gebeur gereeld dat as jy met iemand redeneer dat daar van die onderwerp afgedwaal word. Aangesien hulle die standbeelde wil weg he, hoekom verwyder ons dit nie self nie en breek dan ook sommer die Uniegebou, parlementsgebou, stadsale ens af nie want dit verteenwoordig ook apartheid. Dit is tog deur ons voorvaders opgerig.

dawie ·

Jammer hy het sy cool verloor maar ek dink enige normale mens sou ook. Dit gebeur gereeld dat as jy met iemand redeneer dat daar van die onderwerp afgedwaal word. Aangesien hulle die standbeelde wil weg he, hoekom verwyder ons dit nie self nie en breek dan ook sommer die Uniegebou, parlementsgebou, stadsale ens af nie want dit verteenwoordig ook apartheid. Dit is tog deur ons voorvaders opgerig.

Johannes ·

Eben Jansen het die onderhoud absoluut professioneel, korrek en met meer as genoeg respek teenoor Mbuyiseni Ndlozi gevoer. Die beeindiging van die onderhoud spreek vanself, want hoe hard Eben ookal probeer het, kon hy nie daarin slaag om antwoorde uit Mbuyiseni te kry nie. Mbuyiseni het net eenvoudig voortgegaan om sy eie storie oor en oor te sing, sonder om eers te luister na wat Eben hom gevra het. Daar kan mos nie ‘n onderhoud wees as een party nie aan die gesprek wil deelneem nie. Die vrae wat Eben gevra het was baie duidelik en relevant. As iemand my so ge ignoreer het, sou ek ook die gesprek beeindig het. Ek kan persoonlik nie sien waarom daar ‘n klag ingedien was nie, want Eben was deurgaans baie beleefd. My vraag is hoe anders moes hy die gesprek beeindig het? Na my mening het hy dit nog steeds op ‘n beleefde wyse gedoen. Of word dit van Eben verwag om apologeties en polities korrek te wees nadat hy deurgaans ge ignoreer was. Die feit dat Mbuyiseni hom nie geantwoord het nie, spreek eerder van onbeskoftheid van sy kant af.

Cruz ·

Kan net Ndlozi en niemand anders wees wat die klag ingedien het.

Rynhardt ·

Eben Jansen was briljant in sy gesprek gewees met arrogante woordvoerder van EFF!Hierdie woordvoerder van EFF het altyd uit te vaar teen blankes! Eben het een belangrike ding in gesorek uitgelig:Die geskiedenis het wereldwyd gewys, dat wanneer jy standbeelde vernietig van n volk, lei dit tot n volksmoord teen daardie volk! Eben kan dinge insien, wat talle mense nie kan doen nie! Die SAUK het teen Eben opgetree, want die EFF is die Anc se militante vleuel wat nie hardhandig moet behandel word nie!Jy sien, in die SAUK se boek moet die EFF met liefde hanteer word!

Johandre ·

Dis reg wat jansen gedoen het met die onderhoud om op die fokus te bly van hoe abdurd die verweidering en vandalisme van die beelde is. Jansen het trots gestaan en hom nie laat onder kry deur idiote wat hulle “freedom fighters” noem nie en meer mense soos hy wat die woord daar buite kan uit kry moet kan sterk staan en se ons sal nie daal tot op n vlak wat die eff ons na toe dreig nie.

Anton Smit ·

Ek hoop daar is n reg denkende firma wat Eben Jansen indiens sal neem indien hy ontslaan word want dit is gewoonlik wat gebeur indien jy Royal game aanvat

Elfie ·

‘n Ruk terug het ek ‘n program van Freek Robinsn gesien en was daar ‘n vrou van die EFF. Sy het presies net so opgetree (dis hul modus operandi, hul word aangesê om aanhoudend en oor almal te praat en dan so die debat te “wen” -sic). Natuurlik kon g’n mens so debatteer nie. Hulle moet maar die rooi brigade ignoreer en net nooit nooi vir onderhoude nie.

Ryan Peters ·

Sonder om die inhoud aan te spreek, slegs die struktuur en wyse waarop die onderhoud gevoer was, is ek van mening dat Eben in die opsig met die onderhoud gefaal het.

Hy het duidelik die onderhoud met opset op die verkeerde voet begin.

Die doel van sekere onderhoude is om jou gas se opinie oor sekere aspek te hoor en dan verder daarop op te volg, nie om ‘n standpunt in te neem en dan dit ten alle koste te verdedig.

Daar is ‘n verskil tussen ‘n debat en ‘n onderhoud…en ek is seker dat Eben die verskil ken, ongelukkig het hy sy kennis van die verskil nie toegepas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.