Video: SAUK sê jammer oor Ramaphosa-blaps

‘n Skermskoot uit die uitsending.

Die SAUK het ʼn verskoning aan pres. Cyril Ramaphosa en die publiek uitgereik nadat die openbare uitsaaier Donderdagaand die verkeerde weergawe van ʼn vooraf opgeneemde toespraak uitgesaai het waarin die president geslagsgebaseerde geweld veroordeel.

Kykers kon in dié uitsending sien hoe Ramaphosa ʼn fout in sy toespraak maak en dan vra om van vooraf te begin.

Vuyo Mthembu, woordvoerder van die SAUK, het in ʼn verklaring gesê die SAUK het per ongeluk die verkeerde weergawe op televisie uitgesaai, maar wel die korrekte weergawe op die uitsaaier se onderskeie radiostasies.

“Die openbare uitsaaier wil graag om verskoning aan die president en die publiek vra vir enige verleentheid wat deur hierdie ongelukkige fout in die vervaardigingsproses veroorsaak is.”

Luidens die verklaring neem die SAUK die fout baie ernstig op en wil die president en die publiek verseker dat die nodige prosesse gevolg sal word en die toepaslike stappe gedoen sal word.

Ramaphosa se toespraak is Donderdagaand uitgesaai terwyl hy by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Kaapstad gepraat het.

Ramaphosa veroordeel in die toespraak die onlangse xenofobiese geweld in Gauteng en doen ʼn beroep op mans om die moord op vroue stop te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

John ·

… en fake news beweer, of is dit regtig-egtig waar wat CNN glo sè nl dat Castor nou vir die SA sokker- of is dit rugby-span gaan uitdraf in weerwraak vir … Gaan ons nou dupliseer of kalibreer? Net die tyd sal leer.

Anne-Marie ·

Dit maak seker nie saak nie….maar weereens niks oor die plaas aanvalle en -moorde nie…niks word daarvan gese nie, RIV die vroue en kinders, maar CR…waar kom jou kos vandaan, jou trawante se kos…ons hele land is in sy glory in…maar jy spreek ons toe oor xenofobie en vroue en kinders…moenie my verkeerd verstaan nie…soos ek se RIV…hoeveel keer moet ons praat en mooi vra oor die plaasmoorde …en die aanvalle op weerlose oumense…?? Beduie…ons luister…..

Sarel ·

Maar Cyril, jy sê niks oor Malema of jou buddy Ace wat sê die xenophobia moet op die blankes gerig word?? Lafaard.

Janneman ·

Natuurlik nie, want hy is ‘n rassis en black supremacist nes Zuma, Mandela en die res van die ANC en hul onderstreuners

Dell ·

Die enigste een wat hier in die verleentheid is, indien daar is, is hy. Ons gee nie regtig om nie. Hoop nie “nodige stappe”beteken dat ‘n arme siel sy werk gaan verloor nie.

Se maar net ·

nodige stappe in sy verklarende woordeboek: niks gaan gebeur nie

Cherokee ·

Dell, ons hoor wat jy sê. ‘n Belangrike vraag is as dit wel gebeur dat die arme siel sy werk verloor deur die ‘nodige stappe’, wie gaan Ramaphosa vervang! Wie gaan dan die opvolg-staatspresident wees.

Sorry ·

“Sorry” maak mos alles reg al was dit mijoene wat verloor is.

Gert van Wierdapark ·

Die a en see en sy pres is die foutlyn in SA! In die VSA is een van die gevaarlikste foutlyne vir ‘n moontlike aardbewing, die San Andreas foutlyn! Die SAUK se “foutsein” gisteraand, was’ n hoogtepunt op die nuuskalender! Knap gedaan!!

potlood ·

Hy klink of hy heeeeeltemal te veel Amerikaanse movies gekyk het… My fellow…

Lou ·

Hlaudi se nalatenskap by die SABC. Hy het mos al die personeel met verstand laat afdank.
Toemaar mnr die Prez dit gebeur in die beste van families. Selfs George Bush en Trump kon ook maar lekker nonsens praat as hulle die dag tyd gehad het.

Thinus ·

Wat kan mens meer van onbevoedge regstellende aksie kaders verwag…

Pottie ·

Hehe maar die wittes moes uit is mos nou hulle land ek dink tagtig pers van die hele anc het nie graad twee klaar gemaak nie dit is hoekom die land in sy maai is

Jaap ·

As hulle dit met PW gedoen het sou hulle bietjies-bietjies gebars het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.