Video: SAUK-TV-joernaliste op kamera beroof

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

TV-joernaliste en ʼn kameraspan van die SAUK is Dinsdagaand beroof kort voordat hulle ʼn regstreekse uitsending moes doen vanaf die Milpark-hospitaal in Johannesburg. Die voorval is op kamera vasgevang.

Volgens die SAUK het Vuyo Mvoko gereed gemaak om ʼn regstreekse berig vir die 19:00 nuusbulletin op SABC3 te doen toe hy en twee ander TV-joernaliste en ʼn kameraspan deur vier gewapende mans beroof is. Mvoko het berig oor pres. Edgar Lungu van Zambië wat mediese toetse in die hospitaal sou ondergaan.

Volgens die SAUK is Mvoko, Chriselda Lewis en Sophie Mokoena van hul selfone beroof. Die rowers het glo ook skootrekenaars en ander uitsaaitoerusting gesteel. Volgens Mvoko het een van die mans geskree “skiet hulle”.

Die voorval is op kamera vasgelê en die beeldmateriaal is deur die SAUK op YouTube gelaai. Die voorval is by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa ·

Kan jy glo! Dis seker die mees arroganste wesens wat jy ooit kan kry!!

Boesman ·

Kan enigiemand vir my se wanneer gaan ZUMA besef:

“HOUSTON, WE’VE GOT A PROBLEM!!!!!!!!!”

Tammy ·

Hy gaan nooit wakker skrik nie, want hy kry al die voordeel. Hoekom sal hy enige iets vir die land doen terwyl sy eie kinders en familie bevoordeel word. Hy is n skande vir Suid Afrika. Daar is net een raad ” verjaag hom uit sy pos want hy doen nie sy werk nie maar ontvang die geld daarvoor. So ook sy meelopers. Bitter min van hulle is hul poste werd.

Theresa ·

Amazing. Hoekom word my kommentaar nie geplaas nie. Ek sien dit by verskeie berigte en ek vloek nie eers nie!

Charlene ·

Ek kan dit nie glo nie, arrogant se moses. ek hoop weklikwaar iemand gaan iets doen, hulle gesigte is meer as een keer baie duidelik. ek is net dankbaar hulle is nie geskiet nie dit sou tragies gewees het.
Vuyo, Im really happy you and your team did not get hurt

ladybug ·

Die “useless” regering sal niks doen om die landsburgers te beskerm nie, want hulle sit veilig in hul sekuriteitsomringde huise met hordes lyfwagte (waarvoor ons betaal).
Die enigste rede hoekom ons nog hier is is om hul te help om hul sakke vol te stop met ons belastinggeld!
Melk maar die koei en eet die heuning tot jul trommeldik is want wanneer die fontein opgedroog het, dan is daar k@k in Kanaan!

Maronel ·

LOL. Hulle ken seker nie van TV kameras nie. Tipies! En dan paradeer hulle nogals voor die kamera ook. Life on TV. Nou kan die hele wereld sommer sien wat in ons oulike Suid-Afrika aan die gang is en wie die trawante is….

Spokie ·

Ongelooflik…wonder of hulle op “The worlds dumbest criminals” wou kom. Ek is bly niemand het seergekry nie en hoop iemand herken die skelms en hulle word vinnig vasgetrek…nie dat dit juis help nie. Vir ons wat geregtigheid navolg is die wete dat hulle weer net so vinnig op vryevoet gaan wees, soos om met ‘n stukkende partytjie fluitjie fees te vier…

Hendrik ·

Volgens my geld enige reels glad nie vir hierdie ouens nie. Ek sien nou die dag hoe ‘n ou met ‘n splinternuwe BMW ‘n taxi blok in die noodbaan (in die geel streep). Die taxi het hom eenvoudig ingewurm , die BMW terug in die normale baan gestamp en voortgery of niks gebeur het nie.

Die enigste oplossing is eenvoudig ‘n staat in ‘n staat. Dit het alreeds begin deur eie sekuriteit (reaksie magte), eie woonbuurte (sekeuriteitsdorpies), eie bestuur van gebiede (Kleinfontein en Orania), eie Radiostasies en TV. Die volgende groot stap sal wees eie werkskepping om die AA, BBBEEE ens. te omseil. Eie belasting…

Rudi ·

Dit klink na n plan wat sal werk. Ons betaal dan alles kontant in ons eie geskepte land binne SA en weerhou soomer ons bloed belasting wat ons nou betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.