Video: Schwarzenegger reageer ná voorval

‘n Skermskoot uit die video.

Die akteur, fiksheidsghoeroe en voormalige Kaliforniese goewerneur Arnold Schwarzenegger het gereageer op Saterdag se voorval by die Arnold Classics in Johannesburg.

Die voorval in die Sandton-konvensiesentrum is op video vasgevang en sedertdien wyd op sosiale media versprei. In die video kan daar gesien word hoe Schwarzenegger met aanhangers omgaan voordat ʼn man met ʼn aanloop kom en Schwarzenegger hard in die rug skop.

Die 71-jarige Schwarzenegger het later sy Twitter-volgelinge in ʼn twiet gerus gestel dat hy nie in die voorval beseer is nie. “Dankie vir julle besorgdheid, maar daar is niks om julle oor te bekommer nie. Ek het gedink ek word net deur die skare gestamp, wat baie gebeur. Ek het [eers later] besef ek is geskop toe ek die video, soos julle almal maar, gesien het,” lui die twiet.

‘n Skermskoot uit die video.

Schwarzenegger het sy volgelinge verder gevra om nie hul fokus op die video te plaas nie, maar eerder op die 24 000 atlete wat oor die naweek aan 90 sportsoorte tydens die Arnold Classics deelneem.

Maroela Media het vroeër berig die geleentheid is ʼn inisiatief van Schwarzenegger om fiksheid, liggaamsbou en sport te bevorder.

Die Arnold Classics, wat na Schwarzenegger genoem is, is ’n jaarlikse multisport-gebeurtenis ter viering van verskillende sportsoorte – van akrobatiese gimnastiek, boogskiet, pluimbal en vlugbal tot stoei.

As die video nie speel nie, kyk dit hier op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Oom Jaco ·

Hy moet maar wakker wees in SA… As jy jou rug draai dan gebeur dit… Hy kan bly wees dit was nie ses of meer soos met die plaasaanvalle nie!

Ken ·

So tipies… Lafaard kom van agter af. Daai fris sekuriteitsman mag ook seker niks aan die ou doen na die tyd nie anders nou weer menseregte skending…. Ja wat, nog ‘n trotse oomblik vir SA…

Zenithia ·

Ons voel jammer vir jou…maar nou kan America /die wèreld duidelik sien wat in die nuwe Suid Afrika aangaan!!

Andreas ·

Vergeet nou maar van in die rug skop, baie egter dinge het al met baie van ons gebeur, maar as jou naam Arnold is, het jy die wêreld aan jou voete. Dit lyk my hy is nogal dikwels in die land en as ons hom SA nasionaliteit kon gee, sou hy dalk die ‘Terminator’ party gestig het om van al die booshede ontslae te raak. Dan sou hy Cyril se jop sommer daar van die opposisie af baie vergemaklik het, van die parlementslede sou sommer uit hul eie bedank het, die EFF en die BLF sou nie ‘n spier verroer het nie.

Andreas ·

Jip dis van oor die jare al die gewig optel en aktief betrokke bly … maar dit is mos als ingesteldheid, daar in jou kop.

Tipies SA gedrag ·

Dankie, baie dankie vir daai tipiese SA gedrag, skopper jy het ons gehelp bewys die gedrag van Jul SA outjies. Dit is n duidelik boodskap aan die wereld. Welgedaan mede burgertjie

Andreas ·

En dit nogal in ‘n saal, nie eens op die sypaadjie of ‘n parkie nie.

Boerboel ·

Mense ek is bly sulke goed gebeur. Nou kan die wereld sien ons oordryf nie. CR het mos aan almal verkondig alles gaan goed hier..

Koos de Meyer. ·

Ons wonderlike nuwe Suid-Afrika. Jy kan nie eers jou rug draai nie, want die krims loop tussen ons rond, pragtige boodskap vir die buiteland.

Andreas ·

Ek lees dis een van sy aanhangers wat hom geskop het. So betoog die ANC regering se aanhanders ook teen die regering, dié word nou nie in die rug, en so, geskop nie, maar dit breek en brand af.

Die Verlore Skaap ·

Daai lafaard kon hom net so wel van agteraf met n mes gesteek het……

Jerry ·

Suid Afrikaners wat nie wil emigreer nie asook besoekers aan SA sal moet begin besef dat SA in n misdadige onstabiele politieke klimaat verval het en dat “voorkoming is beter as genesing” maatreels ten alle tye sal moet geld. Die tyd dat gewone mense veiligheid en verdraagsaamheid as van selfsprekend in SA aanvaar het, is lankal al verby! Selfs in die parlement sal sekere mense op hulle hoede moet wees om nie hulle waaksaamheid te verslap nie

Ons kan nie ·

Baie wil vlug maar ons kan nie. As ons nie kan vlug nie, moet ons seker noodgedwonge veg as ons aangeval word.

Andreas ·

Judge, as ek net kan agterkom in watter land die kat is, sal ek ‘n video van daardie land se volkslied hier oplaai, maar ek het idee hy sit daar in Gauteng, Randburg area.

Piesang ·

Yep dis hoe ons rol in Afrika – altyd van agter; altyd die ouer mense; altyd ‘n afguns teenoor mense wat meer het en bereik het as jy.

marous ·

En hoe gaan me siesoeloe dit hanteer ? Met ‘n geskok en hartseer uitlating seker ….

Hanna Hoekom ·

My vriend is n Amerikaner, toevallig ook van Kaliforniee afkomstig. Die VSA se reisigers sekuriteit buro waarsku die Amerikaners al sedert 2015 om eerder Suid-Afrika te vermy (OR Tambo lughawe word pertinent genoem). Wat n skande! Hy was al n paar keer hier, maar baie versigtig…

SIES! ·

Ek skaam my dood dat hierdie tipe my land verteenwoordig. Jammer Arnold.

Jan ·

Heeltemal korrek arnold is in vsa deel van die elite en deel van die groter program om die westerse beskawing uit te roei

A Mac ·

En daar sien Arnie dat opvoeding ook maar net so ver strek. En die hele wereld neem kennis, of Arnie nou wat ook al sê.

Thys ·

Ai dis so sad om dit te lees kan dit ni glo ni,is daar dan niemand wat di skopper gesien het ni hkm is hy ni gevang of inhegtenis geneem nie,of het almal net verby gekyk,ek kry waaragtig skaam dat so iets hier moet gebeur maar nou ja nou kan Donald trump sien wat is werklik hier aan di gang,arnold sorry my ou maat maar soos di ander se Welkom in di nuwe suid afrika

PJC ·

Hy moet seker maar dankbaar wees dit was nie ń mes wat in sy rug gesteek is nie.

Jeremia ·

En aangesien alles op video is, enige optrede teen die rugskopper?

Anon ·

Arnold is eintlik ‘n baie beskeie mens as jy die moeite wou doen om op te lees… Sy reaksie strook ooreenkomstig met sy persoonlikheid. ?

Niek ·

Hulle moet die skopper se naam doelbewus weerhou.
Hy probeer kitsfaam bereik deur ‘n internasionale persoonlikheid aan te val met die hoop dat die media hom beroemd sal maak. Al is dit vir die verkeerde redes.
Misgun hom die geleentheid.

Jack Klok ·

As dit nou ‘n wit man was wat ‘n swart men van agter af in die rug geskop het sou dit kreet van RASSISME ten hemele opgeklink het, apartheid sou weer aan die kopvel bygesleep word en ANC, EFF, BFLF, PAC asook die linkse pers sou duisende liters ink op honerde tonne koerantpapier aan die saak afgestaan het.

Maar nou is dit omgekeerd, swart skop wit. Nou gaan ons sien hoe die linkses (politici en kommentators) blaamverskuiwing gaan inspan om ons wys te maak dis eintlik die “Termnator se verdiende loon omdat hy deel in die “onregverdige voordeel” van witwees.

Jerry ·

Andrea en Judge Dredd, diegene wat nie wou versoen nie moet nou maar maak soos Arnold en dit bloot ignoreer. Maak julle egter soos die VF party wil maak deur terug te slaan, dan maak julle die skopper “famous”. In gevalle waar dit met n wit Suid Afrikaner gebeur mag “slaan terug” ontaard in n oor en weer geslanery waarteen die minderheid nie opgewasse sal wees nie om verskeie voor die hand liggende redes. Die versoening opsie het julle lankal verby gegaan, dus moet julle nou maar liefs ook eerder ignoreer, indien julle nie kan emigreer!

Karlahari ·

Hi Jerry.
Are you missing Tom?
I must say I enjoyed the cartoon. You are nearly as funny

Ai. ·

Ag vader.. Is jy al weer op die versoenings deuntjie…Jy is soos n stok ou grammafoonplaat wat vashaak…

Gaitsigubib ·

Versoenning beteken volgens sommiges dat jy alles wat jy het moet oorhandig en dan moet jy steeds die land verlaat, solank hulle net nie self alles hoef te gee nie.

Swartwolf ·

Arnie will be back. Wonder wie is die swaksinnige wat hom probeer skop het ?

Ansie ·

Ek lees op news24 dat arnie nie n saak gaan maak teen die ou nie. Wat n fout. Dit gee die ou selfvertroue om dit weer en weer te doen.
En ja, ek skaam my vir die skopper se optrede.

Kloekie ·

Maar hy moet gearresteer word! Dis mos aanranding. En dis rassisties verby! Ek gaan nou ook begin om die rassekaart te speel.

Skopper ·

As dit n wit persoon was ….. wonder hoekom cr so stil is oor die gevra?

Abrie ·

Die ou se gedrag is nie veel erger as vele elemente langs rugbyvelde in SA nie. Verleentheid hoe mense hul wangedra.

Ai. ·

Die sotlikke aanvaller het homself misgis met WWF stoeier….waaaa jaaaa…vat so katvis…Genade ok maar lekker mal…Welkom in Suid Afrika Arnie..

Anna ·

Nou moet jy dink hoe Voel Ons wat belasting betaal. Skaam jou Prs.Rama

Ignatius ·

Neem asb aksie teen die skopper. Hy moet n les geleer word.

Nel ·

Nou weet die Terminator hoe voel ‘n propperse volstruisskop…

Spike ·

Jy is gelukkig dat jy kan terug gaan na ñ beskaafde land 1ste werêlds, ons nie. Die werêld moet leër dat jy nie na sa toe kom nie.

LK ·

Wag tot Trump se HOOGGEPLAASTES kom vir die inhuldiging dan praat ons weer. Dalk kry hulle ook ‘n aangename verwelkoming, Dit sal nou vir jou die kersie op die koek wees.

Blommie ·

Arnold welkom in SA, dis soos dit gaan hier.
RESPEK vir NIKS of NIEMAND NIE.

honourable member ·

Presies wie word bevoordeel by hierdie tipe events??? Nou kan hulle sien watse tipe hulle bevoordeel en altyd wil help. Tyd dat die buitewereld se oe oopgaan vir wat hier aangaan. Daai sekuriteitsbeampte kon seker nie veel doen nie want alle oe en kameras was virseker op hom om te kyk of die ding reg hanteer.

Marius Dobson ·

Ek kan maar net wonder wat sou in die nuus wees as dit n wit op swart aanval was. Die woord rassisme sou soos n rivier gevloei het. Ek kan geen teken daarvan in enige van hierdie beriggewing vind nie.
Laat mens drink né

Petro ·

Ja hier moet jy versigtig wees Arnold, dis die wille weste hierdie!! Honourable member jy praat so die waarheid! Tipies SA!!

Lindtjies ·

Hierdie knaap is blykbaar bekend vir soortgelyke voorvalle. Hierdie is nie misdaad nie maar hy het maar net ‘n oomblik van roem gesoek wat hy gekry het maar oor die verkeerde redes. Hy sal verseker nie vir Arnie so geskop het as hy “face to face” met hom gestaan het nie. Baie lafhartig om iemand in die rug te skop.

albert ·

Aanranding is ‘n kriminele oortreding wat deur die polisie ondersoek moet word en die dader daarvan te vervolg – of die benadeelde hom vergewe of nie wil vervolg nie is nie ter sprake.
As ons flinke polisie nie iets wil doen dan sal ek graag vir Afriforum wil versoek om die aanrander nie te laat skotvry kom nie.

Jan ·

Heeltemal korrek arnold is in vsa deel van die elite en deel van die groter program om die westerse beskawing uit te roei

Rassis ·

Daai een wat geskop het moet maar van aanranding en rassisme aangekla word. Hier gaan dit nie oor geld nie. Arnold het baie geld, maar dis tyd dat beginsels moet geld. Wie jy ookal is ek hoop jy word gevang want jy’s net so embarrassment soos die regering. ON BEHALF OF SOUTH AFRICA WE APOLOGISE ARNIE.

Cobus ·

Terminator officialy “kicked” out of Africa..his parting words ” ouch my back”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.