[Video] Seekoei koel af in reservaat se swembad

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Seekoei het onlangs ʼn opskudding by ‘n wildreservaat in Mpumalanga veroorsaak toe hy doodluiters in die swembad geklim en heerlik geswem het.

Daphne Strydom, ontvangsbestuurder by die Ingwelala Wildreservaat, op die grens van die Kruger-wildtuin, het aan Maroela Media gesê die voorval het verlede week Dinsdag omstreeks 06:00 die oggend gebeur.

“Toe ons weer sien, was die seekoei net in die swembad. Hy het heen en weer geswem, water uit sy mond geblaas en wou eers niks weet van uitklim nie,” het Strydom gesê. “Van ons werknemers het hom liggies met die swembadtoerusting probeer por om uit die swembad te klim en na omtrent ʼn halfuur en hy uitgeklim en in die bosse verdwyn.”

Volgens Strydom is dit nie die seekoei se eerste sessie in die swembad nie. Ongeveer twee weke gelede het werknemers een oggend ʼn grasgroen swembad gevind toe hulle by die werk kom, nadat die seekoei deur die nag duidelik ʼn hele ruk in die water spandeer het.

Die gebruiker Caters Clips het ʼn video van die seekoei in die swembad op YouTube gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa B ·

Ag dis dierbaar. Hoe dan nou anders. As jy warm kry, kry jy warm. Hoop net die seekoei word in vrede gelos en nie nou gepla nie.

Johann Marx ·

Die oord se creepy crawly is vir berading opgeneem en sterk aan by die naaste swembad handelaar se winkel….Hy weier om verder diens te doen by die oord, en dreig met regstappe vir onaanvaarbare werksomstandighede.

Vliegie ·

@Johann Marx……SKERP! Dankie nou baie lekker gelag vir jou kommentaar!

ina ·

Johann Marx…..jyt my nou lekker laat lag…..sulke nuusbrokkies met kommentaar is so lekker om te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.