[Video] Seldsame supermaan-maansverduistering

Foto: sightedmoon.com

Foto: sightedmoon.com

Suid-Afrikaners kan hulleself gereed maak vir ʼn seldsame verskynsel: ʼn supermaan-maansverduistering.

Suid-Afrika is een van ʼn paar lande wat dié verskynsel op sy beste sal kan sien, maar jy gaan jou wekker moet stel: die maansverduistering sal Maandagoggend (28 September) reeds omstreeks 02:11 begin en behoort tussen 04:14 en 04:47 ʼn totale maansverduistering te wees.

Wat die geleentheid so besonders maak, is dat die maan dan op sy naaste aan die aarde sal wees, en ongeveer 5% groter sal vertoon as normaalweg. Omdat dit so naby aan die horison sal wees, sal dit ook weens die optiese illusie groter vertoon. Na verwagting sal die maan tydens die verduistering besonder rooi wees.

Die kombinasie van ʼn supermaan en ʼn maansverduistering gebeur nie baie gereeld nie. Sedert 1900 was daar nog net vyf supermaan-maansverduisterings. Die laaste een was in 1982 en as jy Maandagoggend sʼn mis, is jou volgende geleentheid eers weer in 2033.

Die maansverduistering sal van die Amerikas, Europa en Afrika te sien wees.

Volgens die Noorweegse meteorologiese instituut sal Johannesburg, Durban, die Laeveld en Kaapstad skoon, helder lug hê.

Stuur gerus jou foto’s van die sogenaamde “bloedmaan” aan [email protected].

Nasa verduidelik hier hoe werk ʼn supermaan-maansverduistering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Christiaan ·

Dat mense nou so opgewonde kan raak oor ‘n skaduwee ;)

André Labuscagne ·

Annette, ek stem 100% saam met jou. Foeitog Christiaan……. Dalk sal hy eendag grootword.
Dit was lekker om te sien.

sarah van gass ·

My Nikon is gelaai ek wil graag fotos neem van dit. Ek kan nie wag nie. Ek hoop ander fotograwe geniet dit ook

maria ·

Ek wil dt graag sien. So gaan try waker wees om dt te sien.

Stefaans ·

Ek sal maar wag vir die volgende een – miskien kom dit op ‘n beter tyd

Stefaans ·

WEL…as die WESTEWINDE waai hier in SUIDWES… lyk die Maan elke aand amper so rooi..

THEA SWART ·

EK HET DIT VANOGGEND BELEEF EN DIT IS EEN WOORD ASEMROWEND DIE MOOISTE WAT EK DIE MAAN NOG GESIEN HET EN VIR MY ‘N BELEWENIS

THEA SWART ·

EK HET DIT VANOGGEND BELEEF EN DIT IS EEN WOORD ASEMROWEND DIE MOOISTE WAT EK DIE MAAN NOG GESIEN HET EN VIR MY ‘N BELEWENIS

Rynhardt ·

Vanoggend om 03h55 het die maansverduistering plaasgevind Toe die donkergedeelte oor die maan beweeg,konn mens die rooi sien deurskyn.Om 04h15 was die maan bloedrooi.Dit was fantasties om so iets te kan sien en beleef Die bloedmaan simboliseer die tweede wederkoms.Beslis iets aanskoulik om te kan waarneem!

kleintjie ·

Iets wonderliks vir my gewees baie ander in my 68 jaar gesien maar die een was die beste.
Was die moeite werd om daarvoor op te staan.

Rynhardt ·

Om 03h33 het ek die maansverduistering begin waarneem.Toe die donker gedeelte inskuif,kon n mens die rooi kleur al sien.Om 04h15 was die bloedmaan sigbaar.Dit simboliseer die wederko van die Here.Dit was absoluut fantasties om te sien.Net ongelooflik!

Rynhardt ·

Met twee bloedmane wat in Seotember op 13 en 28 September verskyn het,is dit duidelik dat iets groot(dalk skokends)gasn gebeur voor die einde van 2015.Bloedmane het n akkurate rekord wat saamval met bybelse profesie!

lodewyk ·

Nie iets ongewoon nie. dit was net `n “loadshedding” op die maan.
Maar dit was mooi gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.