Video: Seun beskryf pa se ongeluk met blouligmotor

Die motor waarin Herman van Schalkwyk gery het (Skermskoot uit die eNuus-video)

Die motor waarin Herman van Schalkwyk gery het (Skermskoot uit die eNuus-video)

Die polisie se ondersoek duur voort nadat Herman van Schalkwyk (68) op 23 Desember 2015 gesterf het ná ‘n voertuig in die konvooi van die minister van staatsveiligheid teen syne gebots het.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het omstreeks 14:30 op die R33 naby Amsterdam, Mpumalanga, plaasgevind. Van Schalkwyk was op pad na familie naby Carolina in Mpumalanga.

Sy seun, Herman jr., vertel in dié video aan eNuus wat hy op die toneel gesien het.

Lees alle vorige berigte oor David Mahlobo op Maroela Media.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Manie ·

Hoekom het jy nue by vorige regering die blou lig brigade gesien. Is dit n ding wat saamgaan met swart derdewereld se regegerings. Kan ons nie n veldtog begin #blouligte moet val

Anna-Marie Evans ·

Ek stem met jou saam.
Blouligte MOET val.
Dit is geldverkwisting.

Peet Schabort ·

Spoed? Natuurlik!!!
Alle waarskynlikheid ‘n saak van MOORD.
Beslis ‘n saak waar Maroela asb. opvolg oor moet doen van gebeure.
Sterkte aan familie oor gebeure wat nie nodig was.

Wim Smit ·

Innige simpatie aan die Van Schalkwyk gesin, familie en vriende, maar wie steek ‘n stilstaande voertuig, wat regs wil draai, aan die regterkant verby. So ‘n person moet breinloos wees.

Dee ·

Hierdie is ‘n uiters sinvolle kommentaar waarmee enige helderdenkende mens sal saamstem.

Retha ·

Beslis spoed. Moord op sy beste maar dit sal weer onder die mat ingevee word deur sy edele.

Karel ·

Hoe is dit moontlik dat sy Pa nog in sy voertuig was na die ongeluk maar die bestuurder/insittendes van die Jeep blyk nie meer op die toneel te wees nie?? Of is hulle inderhaas weg saam met die res van die konvooi ? Verstommend dat daar altyd ‘n kinkel in die storie is as sogenaamde BPP’s betrokke is ……

Berhalet Beukes ·

My innige simpatie met die familie… Dis so tragies!

Piet Coetzer ·

My innige simpatie met die familie.

Hierdie blouligbrigades jaag die hele land vol onnodig omdat nie een van die belangrike persone in gevaar verkeer nie. Die padreels geld vir hulle not soos vir ons. Hoeveel mense moet nog beseer of gedood word deur hierdie “cowboys” ?

Dee ·

Pas asseblief jou woorde aan na ‘die padreëls *behoort* vir hulle te geld, net soos vr ons.’

Chris W ·

Eerstens ons innige simpatie met die familievan Mnr van Schalkwyk .Dit moet vir hulle ‘n geweldige moeilike Kerstyd wees.Die persoon verantwoordelik vir die ongeluk moet van moord aangekla word want dis wat dit was.

CHRISTA ·

Hoe verdwyn die ander party wat deel was van ‘n ongeluk sommer net so van die ongelukstoneel af? Is dit wettig?

Kaspaas ·

Die cover up het dadelik begin na die ongeluk deur die agente van die rassistiese cANCer regering. Dit word oral berig dat die derde voertuig in die konvooi hulle kollegas opgelaai het en die toneel verlaat het sonder om hulp aan te bied. Ek is bly die familie soek nie die minister by hulle huis nie.

Flintstone ·

Die grootste ironie van die saak is:die spoed waarteen hulle altyd jaag om by hulle eindbestemming uit te kom en dan te sit en niks doen!

Eliza-beth ·

Die vraag is natuurlik ook waar was die spul op pad heen op daardie dag? Moenie my vertel daar was iets ampteliks daaromtrent nie, wou seker gaan inkopies doen vir kersfees en dit moes haastig-haastig gekied, hulle wil nie wag of stadig hoef te ry soos wetsgehoorsame mense nie. En hier gaan dadels van kom, net soos die Krugersdorp seun se storie gaan alles weer toegesmeer word. Innige simpatie met al die familie.

Johan Havenga ·

My simpatie aan almal wat al deur die bloulig brigades familie verloor het.Daar is al oor as genoeg mense dood aan die hande van die bloulig brigades. Ek dink nie die ouens kan bestuur nie maar wel net jaag daar is n verskil. Dit is tyd dat hulle verantwoordelik gehou word vir hulle aksies. Polisie word aangekla van moord as hulle, hulle self verdedig in rooftogte. Wat maak die mense so spesiaal om bo die wet te wees. Dalk moet die moord klagte teen die minister gebring word dit was sy konfooi. Hy kan die verantwoordelikheid dan af skuif na die regte persoon.

Rita Strydom ·

My simpatie met dievan Schalkwyk familie. Daar is net een wat vertroosting kan bied onse Hemelse Vader, Hy slaap nie en sal geregtigheid laat geskied.

Chris Ras ·

Die ANC is nie onaantasbaar nie… Dis net ons wit mense wat nie kan saam staan en se genoeg is genoeg nie. Niks is onmoontlik as jy die Liewe Vader an jou kant het nie. Dink an gelofte dag. Die Here het nie vir Andries Pretoruis aleen gelos nie. Dit was mans wat baklei het vir waarin hulle geglo het. God se hand is groot en Hy slaap nooit!!!!!! Ons is Afrikanners.

Elize Weyers ·

Chris Ras jy vat die woorde uit my mond. Ons as Afrikaner en witmense moet saamstaan DAT ons al hierdie duiwels uit ons midde verwyder. Mag GOD ook ons hulpkreet hoor soos die dag van bloedrivier sonder Hom is ons gedoom!!!

Piet Pompies ·

My innige simpatie met die van Schalkwyk familie.Mag die Here met die familie wees in die tyd waar almal se families bymekaar kom in die festiewe tyd.
Ek wil net my inset ook lewer oor die hele gebeurtenis en hoop van harte die mans wat die jeep bestuur het baie hard vervolg word.Dis tyd dat ons almal begin saam staan dat geregtelikheid in die land moet geskied.
Vroeer die jaar het een van my vriende fiets gery in die brooklyn omgewing toe n bloulig konvooi hom ook van sy fiets afgery het.Toe die mans van die konvooi uitklim skop hulle hom en los hom ook net daar en se vir hom dis sy verdiende loon omdat hy wit is en hulle is mos imuun teen enige geregtelikheid hy sal nils aan hulle kan doen nie.
Al wat ek wil se is die minister wat hulle vervoer het moet navore kom en die mans aanlae wNt hulle het sy lewe ook in gevaar gestel en as hy dit nie kan raaksien nie dan se en wys dit vir ons hoe die hele land se ministers werklik so stupid en uitgeslaap is en dat hulle nie eintlik weet hoe om die land reg te bestuur nie.
Waars die president lees en sien hy nie ook wat regtig gebeur nie of steur hy hom net nie daarin nie.
Wel dis baie onverantwoordelik van die jeep om n stilstaande voertuig verby te vat wat wil regs draai.wat het geword van die k53 se basiese reels wat se jy dit nie mag doen nie.waars ons land se metro polisie of so te se ons land se verkeers polisie om seker te maak dat mense nie hulle lisensies in lucky packets ontvang nie.
My innige simpatie met die van schalkwyk familie.

Rupert Ashford ·

Hoekom kan die groot volksheld Gerrie Nel nie sulke sake opneem as hy dan nou rerig wil wys hoe goed hy is nie? Of sal sy meesters dit nie toelaat nie?

Duikerkie ·

Die vark in die bloulig motor sal in alle waarskynlikheid loskom op die een of ander tegniese punt. Dit gebeur gereeld.
Hulle is niks anders as arrogante moordenaars met ‘n lisence to kill nie.

Cilliers ·

Vir wat moet kamtige ministers of kwasi-hooggeplaastes in elk geval sulke konvooie hê as hulle ry? Dis net om hulself as beklangrik voor te doen, terwyl hulle dit glad nie is nie. Ek onthou destyds met die eerste groot brandstofkrisis toe almal moes stadig ry (50 km/h in die stad en 80 km/h daarbuite) ek een oggend by ‘n geleentheid was waar die destydse minster Chris Heunis opgetree het. En waarmee het hy daar opgedaag en later weer vertrek? In ‘n Mazda 323, en sonder konvooi of blou ligte. Maar ondanks die stadigeryery het hy sy werk gedoen gekry en niemand se lewe in gevaar gestel nie. Maar vandag se klomp ministers doen in elk geval niks, nou probeer hulle máák asof huloe belangrik is deur met sulke konvooie te ry en altyd haastig te wees.

tommie ·

Dit is beslis baie onwettig om die toeleel te verlaat sulke mens hoort agter tralies vir moord of hulle wat gesuip of hulle het nie lisensie nie dis al hoekom sulke skurke weg hardloop hulle moet gevind word en toe gesluit word!!!!!

Johannes Meintjes ·

Die blouligbrigades wat so jaag en uiters onbeskof is jeens die samelewing wat deur die “Ministers” bedien behoort te word, is beslis ‘n verfoeilike boelie-magspel regdeur Afrika

Renate ·

Daar is nie ‘n manier dat een hier vervolg gaan word nie. Dit is geen geheim dat die regeringsamptenare die wet afdwing maar self dink hulle is verhewe bo die wet nie. Sommige polisielede asook verkeersmanne wat ‘orde’ moet hou, vloek die publiek, rand hul soms aan, spreek rassistiese dinge uit en sit en slaap in werksure en kom absoluut niks oor nie. Dan praat ek nie eers van die fotos wat al bekend geraak het waar sommige sit en drink in uniform nie! Ek is bitter jammer vir die familie wat hul pa en oupa verloor het en as ek so na die geskiedenis moet kyk van al die vorige ootredinge van sommige staatsamptenare gaan dit weer net toegevee word en niks van kom nie. Onregverdigheid is diegene se leefwyse! Jy mag nie maar hulle mag.

stingsa ·

Bloulig en sirene word glad nie Meer toegelaat by Escort van Ministers en/of prisoniere nie. Daar was onlangs n plasing in die Goverment Gazette Daar oor. Dit word slegs toegelaat by Escort van No.1, No.2 en die Speaker. Simpatie aan die familie. Maar volg op en neem aksie. N lewe is kosbaar en is altyd n Groot Verlies.

Jan Borman ·

Hulle steel en mors ons belastinggeld, hulle moor selfs ons mense op die paaie – wat se soort “regering” het ons?!

Ansie ·

Ek bly in n klein dorpie met twee bane ja, maar die linkerbaan word neer en deels deur voertuie gebruik wat parkeer of uit hul parkeerruimte beweeg en natuurlik vir die drie plekke waar jy kan links draai. Mense as hierdie konvooie in die dorpvin beweeg is 60vkmph taboe. Sirenes skreeu 3 motors ry gelyk in een ry. Daar is nie plek vir enigiemand in die hoofstraat nie. Ek kan net dankie se hier het nog nie so n voorval gebeur soos bo genoem nie. En n stopstraat beteken blykbaar ry so vinnig jy kan!!
Al my simpatie vir die familie ons bid vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.