Video: Seun in koma ná vuishou

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die beeldmateriaal bevat geweld en kan sensitiewe kykers ontstel.

ʼn Skokkende video het aan die lig gekom van ʼn groep vermeende boelies, vermoedelik van Kempton Park in Gauteng, wat glo mense na hul huise oornooi met die doel om hulle aan te rand.

André Snyman, stigter van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het beeldmateriaal van ʼn mediese dokter, wat een van die groep se vermeende slagoffers behandel het, ontvang. Die slagoffer is glo verlede week so erg geslaan dat hy vir byna ʼn week lank in ʼn koma was.

“Die seun se ouers en die dokter het die beeldmateriaal aan ons verskaf met die hoop om die boelies in die video te identifiseer,” het Snyman Vrydag aan Maroela Media gesê.

“Die groep maak glo ʼn gewoonte daarvan om seuns na ʼn huis oor te nooi en hulle dan erg aanrand. Die betrokke seun in die beeldmateriaal, is een keer in die gesig geslaan waarna hy sy bewussyn verloor het. Ons het vandag [Vrydag] die goeie nuus gehoor dat hy uit die koma is.”

Die seun se ouers het die voorval by die polisie aangemeld en daarna hulself tot eBlockwatch gewend omdat hulle glo nie tevrede is met hoe die polisie die ondersoek tot dusver hanteer het nie.

“Ons het die video op ons Facebook-groep gedeel en met die hulp van ons lede het ons reeds moontlik van die seuns identifiseer. Ons kan nie hul name bekendmaak nie, aangesien hulle dalk nog minderjarig is. Ons gaan die inligting wat ons het aan die polisie oorhandig sodat hulle spoedig aandag aan die saak kan gee.”

Snyman het lesers versoek om by hul groep aan te meld en inligting te deel as hulle van soortgelyke gevalle weet. “Na wat ons verneem is dié aanval die vyfde van sy soort in die afgelope tyd. Ons is dringend op soek na mense wat meer inligting het oor die ander aanvalle sodat die saak dringend hanteer kan word, en om seker te maak die skuldiges word aangekeer. Die voorvalle kan nie ongesiens verby gaan nie,” het hy bygevoeg.

Mense met meer inligting oor dié of soortgelyke voorvalle, kan hier by eBlockwatch se Facebook-blad aansluit en aanmeld, of vir Snyman by 082 561 1065 skakel.

Die video is deur eBlockwatch op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
james

Nooi my

Amanda

Jesus se woorde alweer waar bewys!!! :'( In die laaste dae sal baie mense se liefde verkoel! “Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens… Lees meer »

Drieks

Hierdie seuns is “ons” seuns wat vanaand in ons huis se beddens slaap. Hoe is dit moontlik dat ons nie weet wat ons seuns doen nie, en tot wat ons kinders in staat is nie.Asseblief, hou jou kind dop as hy nie bewus is daarvan nie, en luister wat hul gesels.

Henk

Waar is die huis waar dit gebeur,ek sal vrywillig gaan aanmeld,die Vader weet!!!!

Nina

ELKE seuntjie in daai video sal wens hul ouers het hul eerder ‘n ordentelike opvoeding gegee!!!!!!