[Video] Seun skreeu, ma bly slaan met lat

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die video onderaan die berig is gewelddadig van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn 35-jarige vrou van Limpopo is in hegtenis geneem nadat sy volgens die polisie glo haar vyfjarige seun “brutaal” oor skoolskoene aangerand het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die voorval het in die Cooperspark-nedersetting in die Matlala-polisiëringgebied buite Polokwane (Pietersburg) plaasgevind.

“Die vrou het na bewering verlede Donderdag haar vyfjarige seun met ʼn lat aangerand nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy sy skoolskoene verloor het. Die seun het tydens die beproewing verskeie beserings oor sy hele liggaam opgedoen,” het Ngoepe gesê.

Die seun moes na ʼn hospitaal geneem word vir mediese behandeling en is daarna in ʼn plek van veiligheid geplaas.

ʼn Omstander het ʼn selfoonvideo van die beweerde voorval geneem en aan die polisie verskaf.

Die vrou is in hegtenis geneem en het reeds vlugtig in die Matlala-landdroshof verskyn op aanklag van kindermishandeling en aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die saak is tot 29 Maart uitgestel vir nadere ondersoek en vir die vrou om formeel om borgtog aansoek te doen. Sy bly in aanhouding. Haar naam mag nie bekend gemaak word nie om die identiteit van haar seun te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Jacques ·

Hierdie video moet viral gaan. Dit maak mens kwaad… Om die minste te sê! Siek man!

Ekke ·

En wat gaan jul nou doen? Natuurlik moet die vrou aangekla word .en gestraf word .sy verneder die kind voor ander .sy menswees is aangetas .en en en ? Ek hou die nuus dop om te kyk wat word hiervan?????

Presies ·

Ja, die wereld gaan so ontsteld word dat hierdie kosbare vrou van haar menswaardigheid beroof is, sy sal moet kompensasie kry, nie waar nie ANC?

karen ·

Dit is absoluut verregaande, ek sou eerder sê poging tot moord! ‘n Vyf jarige teenoor ‘n oppgeskote volwasse vrou? Nee! Gevalle soos hierdie is waarom ‘n klein pakslae ook nie meer wettig toe gelaat word nie. Dit is oor sommige volwassenses ‘n tugtiging gebruik om hulle woede en frustrasie uit te haal, en hulle mag en krag te wys. ‘n klein wiks op die boud kan nie hiermee vergelyk word nie, maar sommige mense, eintlik meeste mense ken nie die verskil tussen aanrand en tugtig nie. Jy slaan nie om merke te wil laat nie. Pakslae word baie oor gebruik. My kinders kry wel pakslae, maar bitter min, en ja, dit is vir hulle seer, maar daar bly nie blou kolle agter nie, en een of twee op elke boud is meer as voldoende. My kinders (10 en 14) het maniere, en respek, en dit is al op vele geleenthede vir my gesê. Hulle verstaan waarom wanneer daar die dag ‘n pakslae is. ‘n kind is ‘n kind, en kanse vat en grense toets is deel van normale ontwikkeling. Moenie jou kinders mishandel nie, mense. Die is werklik onnodig en skokkend.

LB S ·

Ek stem meestal met jou saam, Karen, behalwe dat ek ophou pakslae (op ‘n beskaafde manier) gegee het toe my seuns ongeveer 8 was. Daarna kan jy hulle op ‘n beter manier straf deur hulle TV tyd inkort, speletjies, sakgeld, ens. My broer het altyd gesê ek maak hulle “sielkundig” groot. :-) Hulle het albei twee welopgevoede mans geword en is self wonderlike Pa’s vandag. ‘n Plesier om te sien.

Isabel ·

Ek is nou so geskok dat ek skaars kan asem haal….. is sy mal. Ek hoop hulle maak n goeie voorbeeld van haar… sies man

Toepaslik ·

Coen, ek neem aan jy kan onderskei tussen tugtig en aanrand?

Katie ·

Daardie vrou was seker so deur haar ouers geslaan. Nou maak sy ook ‘n klein monstertjie groot. Eks so verskriklik jammer vir die kleintjie. Hy is maar net 5 jaar oud. Wat my die meeste ontsteld is dat die omstanders niks doen om te help nie.

Hannatjie ·

Die arme kind .. hy is nog soo klein. Hierdie is nie tugtiging nie, dis aanranding!!

Riekie Nel ·

Ek stem. Dis wreed. Kinders moet getugtig word, maar wat sy doen is mishandeling in ergste graad. Shame.

Lisa ·

Ek verstaan nie hoe sulke mense kinders kry nie.daar is n verskil om n kind n pakslae te gee en n kind fiesies en so emosioneel aanterand.geen kind moet so geslaan word nie.die Here het vir jou n kind gegee om groot te maak en te beskerm.as jy nie kan nie gee jou kind op daar is baie mense wat jou kind sal lief he .

Han ·

Hierdie kind is wreedaardig aangerand! ‘n Skande! ‘n Vyfjarige kind is nog so klein en het nog nie verantwoordelikheidsin nie. Die straf is totaal buite verhouding. Sy moet toegesluit word; sy verdien nie om kinders te hê nie. Ek kan nie GLO (!) dat nie een van die omstanders ingegryp het nie!

Ek kan ·

Die bystaanders/ toeskouers is of bang hulle word geslaan deur die ” ma”? of hulle “tugtig” self hulle kinders so.

JdV ·

Sy ken beslis nie die verskil tussen lyfstraf (liefdevolle tug) en aanranding nie.

Valerie ·

“Liefdevolle tug”? Dis ‘n “oxymoron,” ‘n Calvinistiese mallighied.

Chelle ·

Coen, hierdie was nie ‘n “gewone” pak slae nie…
Die vrou was buite beheer. Daai kind spring so hoog elke keer as sy hom slaan-lyk my hy is gewoond daaraan.
Wie weet wat boonop tuis aangaan en gebeur?
Dis onder andere hoe brutale moordenaars gekweek word…deur geweld.
Ek hoop sy sit lank. Wonder hoeveel kinders het sy nog?

marlene ·

?????? ek het nou hartkloppings van skok. Daardie arme klein kindjie?

Chelle ·

As ek daar was sou ek die kind opgetel en Dokter toe gevat het en die Polisie gebel het – en seker aangekla gewees het van ontvoering of iets dergliks…
Maar ek sou nie dit nie geignoreer het nie.

Irene van Wyk ·

Dis ‘n absolute skande dat grootmense wat by was sulke weedheid kon toelaat. Skaam julle.

Gert ·

Is maar net n maandelikse grant en n uitgawe vir haar sy het seker nog baie ander .Voel niks vir haar eie vlees en bloed.

Rox ·

Wow, sjoe! Ek hoop nie jy het kinders nie! Die kind is 5! Al het hy die skoene verloor en al was dit haar laaste geld….slaan jy nie ‘n kind so nie! Dis vreeslik erg…sies!

Karen van Zyl ·

Rox, ek stem met jou saam maar “slaan” beskryf nou nie eintlik die aanraanding so goed nie, daai kind is met geweld “geslaan.”

Wat??? ·

Nee genade! Waar op aarde slaan n mens n 5-jarige so? Dis nie n paar houe op sy boude nie! Dis aanranding. Sy haal haar frustaries op daai arme kind uit! Niemand doen niks. Hy is verneder voor al daai ander kinders.

Piet ·

Baie erg maar ekself en baie ander kinders is gereeld so op skool pakslae gegee deur onderwysers/resse. Niemand het destyds om gegee nie. Ten minste het ons dit oorleef en geen verwyt nie.

Rob ·

Stem saam Piet, ek en my tweeling broer is van die oudedom van vyf op skool en dit was n norm om n pak slae te kry ons was eindelik bang om skool toe te gaan. Ek onhou hoe n onderwyser my broer soo hard gelaan het dat n potlood in sy borse af gebreek het en hulle moes opereer, maar niks het met die onnie gebeur nie en niemand het n bohaai daar oor gemaak nie behalve my ouers, maar hulle het nie ver daarmee gekom teen die skool nie. Dit was die norm om met n rotting n pak slae te kry op skool. Ek dink net dat die ma baie arem is en net haar kop veloor oor die skoene. Ek dink ek so ook n goeie pak gekry het as ek my skoene veloor het, want ons was ook Baie arm.

Conrad ·

Ek kyk na die komentaar hierbo en nou verstaan ek beter hoekom dit so in sa gaan en hoekom niemand meer dissipline het nie doen so voort dit gaan erger word en julle gaan meer ly.

Skoene ·

Dit wys mens die absolute desperaatheid wat armoede bring as iets verloor word.

Deloris ·

Skokkend dat n vrou wat n ma genoem word …. ek hoop sy word so gevoetet met n lat… magtig man….. ek hoop nie sy sien ooit weer haar kind nie. Hoekom het niemand gehelp nie… Dan wonder mens hoekom raak sommige vroue haters???????

Mariette van Zyl ·

n Mens weet nie hoeveel kinders daar nog is wat elke dag so aangerand word nie. Kom die kind iets oor en sy moet voor n oop graf staan word daar vvreeslik dramaties gehuil. Mense wat kinders so behandel moet nie eers kinders hê nie. Jy kan beslis nie lief vir jou kind wees ad jy hom so aanrand nie. Daar gaan n dag kom dat sy gaan berou vir wat sy nou gedoen het. Sy is in hegtenis geneem. Mag sy vir lank toegesluit word. Sies. Nare vroumens. God het daai kind net vir jou geleen

Muffin ·

Die arme kind 5jr oud kan mos nie weer in die ma se sorg geplaas word nie.
Sy is onbevoeg om n kind groot te maak. Ek wonder of het die kind n pa.

Oom Kalahari ·

Dit is darem hartseer dat ‘n vyfjarige dit so moet ontgeld. Daai klein lyfie wat deur ‘n volwasse verniel word om kwaad en frustrasies te regverdig. Volgende keer mag die kind dalk nie so gelukkig wees nie.

estelle de jongh ·

Hoe kan omstanders net staan en toekyk dat n kind so wreedaardig behandel word?! Ek sou dit totaal en al verloor het met so n ma. My hart is nou in tienduisend stukke gebreek oor hierdie kindjie ???

Cynthia TREDOUX ·

Ag nee SIES…..Die vrou moet beslis aangehou word…dis n SKANDE…en soos gewoonlik sal niemand in die onmiddellike omgewing…die arm kind te hulp snel nie….sy is nie n ma se agterstewe werd nie…sy kon ook sy armpie uit lid getrek het….en dan noem sy haarself a MA………..Dink net wat se lewe het hy by die HUIS…DANKIE dat sy IN HEGTENIS GENEEM IS…Liewe magtag…dis skandelike gedrag teenoor so n klein seuntjie. Ek voel vere vir jou Mev. Die kinder slaner…laat jy aan die HOF VERDUIDELIK HOEKOM jy so optree teen so n klein seuntjie.Ek sou haar beslis te lyf gegaan het…maar dis so hartseer…dat almal net staan en kyk het…so REGVERDIGHEID sal nou seevier!

MJ ·

Dis barbaars… pakslae so af en toe as alles voor dit probeer is om te disiplineer… maar so waar is so geslaan barbaars.

Francoios le Cochon ·

Moeder Theresa het destyds gese^, as jy die wereld wil verander, gaan huis toe en wees life vir jou kinders.

LB S ·

Hierdie “ma” het duidelik nie liefde vir haar kind nie. So tingerige ou seuntjie, duidelik is aardse goed vir haar van meer belang. Ja, ek het ook my oudste seun in Gr 1 of Gr2 ‘n pak slae gegee oor skoene wat by die skool weggeraak het, en dit was die laaste! MAAR, dit was ‘n paar houe op sy sitvlak. Wat sy hier doen is niks anders as kindermishandeling nie!

aneja ·

Weereens kyk omstanders toe en net EEN probeer met haar praat. Dit is uit en uit gruwelike aanranding en geen verskonings is aanvaarbaar nie. Sy verdien nie kinders nie wat doen sy nie alles tuis nie. Mense vergeet baie gou die Poppie tragedie sy hoort agter tralies.

Dankie ·

Dankie vir die 1 wat die video & bewysstuk gemaak het & die saak gaan maak het, maar o wragtig iemand kon werklik ingegryp het, dit is totaal buite beheer en barbaars.

Onnie ·

Waar het julle almal groot geword?? Ons het almal so pakslae gekry – dai nommer waar jy aan die hand gehou is terwyl jy al om jou pa hardloop/spring om van die houe weg te kom! Meeste van die houe was mis. Kinders sit so keel op om die straf vry te spring – Ons het ook. Ons is vandag verantwoordelike grootmense wat ons goed oppas – skoolskoene is duur! Ek belowe jou by sal van nou af sy skoene better oppas – ouers werk hard vir hulle geld en kinders moet dit waardeer en respekteer. Niks fout daarmee om jou kind waardes the leer nie. Ek dink julle kyk nie reg na die video nie. Sy verduidelik heeltyd hoekom hy pakslae kry, sy slaan nie net nie. Hy gooi ook homself op die grond – tantrum? Sy slaan ook nie met n beld op sweep nie, maar n dun stokkie. Wat sal van ons kinders word as ons hulle nie opvoed nie. PS: ek is gebore in 1982

Maniere ·

Ek stem saam met Onnie. Die ouer wat sê daai kind is te klein om verantwoordelikheid te neem oor sy skoene praat onsin. Ek het ook baie arm groot geword en dit was een van die eerste goed wat ons geleer het. Pas jou goed op. Vandag se kinders is bedorwe brokkies en het respek vir niemand nie, want die arme bloeitjies mag nie pak kry nie en moet sielkundig grootgemaak word. Glo my sielkunde laat baie groter letsels en en bly altyd by jou. ñ Pak slae is vinnig verby en glo my jy het daarna sommer weer respek en maniere.

Oom P ·

Neewat meester. Ek stem saam. Het self so een gekry oor skoolskoene, was nou wel ‘n bietjie ouer as die kind ge wees , ma dan moet ek se dit was my pa met ‘n waaier band. So dit was nie nodig om ‘n “show” op te sit nie. En hy het my maak kilometers skool toe hardloop om dit te gaan soek. Die ironie is seker dat die kind al lankal oor dit is,, maar die ma sit nog in die selle. Ek wonder wie gaan kom vanaand was en kos gee. Niks fout met ‘n goeie pak slae op sy tyd nie. Maar nie aanranding soos wat wel met party kinder gebeur nie .. # school shoes must fall

Christi ·

Onnie….ek dink regtig jy moet ń bril kry. Jy gee ń kind pakslae oor sy boude. Jy slaan hom nie oral op sy lyf waar jy plek sien nie. So jy is ook met stok geslaan oral op jou lyf? Kyk weer die video….die vrou slaan hom oor sy bene en lyf, want hy lê ń paar keer op sy rug.
Ek kry jou kinders jammer….hopelik het jy nie!!!

Elize ·

Die wat gekyk het en niks gedoen het om dit te keer nie moet ook in hegtenis geneem word

Nici ·

Sê ek mos ook Elize! Daai omstaanders moet ook op hulle herrie kry!

Belita ·

Why are no one taking these types of footage not stopping it or trying to intervene or at least protect the victims…..they are all just as involved!
It turns by gut hearing his cries and no one helps him. Poor example of humanity and to other children! GOD help them!!

Boontjie ·

My eerste reaksie was ook “hoekom doen niemand niks nie?”.
In sommige gevalle kan dit help, in ander gaan die ouers nog erger aangaan (om jou te wys wie is baas) maar in die geval is die video as bewyse ingedien en die kind in veilige sorg.
Sonder die video was hy dalk maar net deel van die groeiende statistiek kinders “wat van klimrame afval” …

Ouerskap geen grap vandag ·

Onnie dankie. Daai mannetjies is taai moedswillig en kàn skreeeee …. Die stokkie los geen oop wonde…DIT KAN DALK AL 2de paar wees, dink hy moet dankbaar wees as ma nie vir pa vertel en hy 2de pak kry boonop nie, hy was sekerlik nie enigste een wat voordeel uit skoene sou moes geniet nie kleinboettie sou skoene erf. Soos in ons huis want GELD WAS EN IS VANDAG NOG MIN. So ons wette ..? sy moes maar wag tot by huis. Dalk bietjie afgekoel het maar sy bly nog verantwoordelik vir HAAR kinders se doen en late tot 18j nie ‘n maklike taak vandag.

RH ·

as die regering dieper kyk en mooi hul oe oop maak sal hulle eintlik besef die hoeveelheid nie blanke kinders wat daagliks aangerand word deur hul ouers en die brutaliteit daarvan, asook die kinders wat verkrag word en nooit geraporteer word nie, sal die regering kan sien wie doen regtig die skade teenoor wie! Begin in die lokasies!!!

Buffel ·

Die vrou is waarskyblik ‘n ouer wat die beste vir vir haar kinders wil he met beperkte inkomste. Sy kan dalk nie nog ‘n paar skoolskoene bekostig nie. “See the unseen…..los hulle wette en veroordelings by die huis” die Ma het meer hulp nodig as se mense in die res van die video.

Boet Fasie ·

‘n Pak slae op sy tyd het geen kind nog ooit kwaad gedoen nie. Niemand ken die omstandighede waaronder hierdie ma dissipline moet handhaaf nie , maar almal wil klippe gooi.

bgj van der westhuizen ·

sy het hom n pak gegee wat maak dit saak hy sal luister volgende keur dit lyk erg maar hy sit ook net so groot geskree op hy is dokter toe gevat en hulle kan mos nou se of hy nou regtig beseer en dalk as die kinder s meer pak kry sal hulle dalk beter kinders wees as wat hulle nou is ek staan vir n pak op sy tyd maar die staat wil mos alles beheer en hulle kan hulle self nie beheer nie

Broer ·

Bjg diebkind is meeste kere oor die been en lyf geslaan. Paklae is wanneer n kind bul en jy gee hom n hou op doe boude waar dit minder seer maak. Daar is perke moenie net n stelling maak oor iets wat almal instem soos bv pakslae mar hierdie is nie n pakslae nie.

Nici ·

Ai my liefie, my hart breek vir jou! As dit is wat jou ‘ma’ in die openbaar aan jou kon doen, wat doen sy nie agter toe deure nie?! Jy is in ons gebede. Ek wens so ek kon jou vasdruk en troos en wys dat alle groot mense nie jou gaan seermaak nie!

Jy ‘dame’, is nie ‘n ma se agter ent werd nie. Jou dag sal kom!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.