Video: Shiraaz Mohamed verbreek stilte

‘n Skermskoot uit die video.

“Dit is goed om terug in die land te wees. Dit is goed om terug te wees by my familie.”

Só sê die eens vermiste fotojoernalis Shiraaz Mohamed in ’n video wat oor die naweek uitgereik is. Dit is die eerste keer dat Shiraaz die publiek toespreek sedert sy tuiskoms vroeër vandeesmaand. Hy is lank deur lede van die Islamitiese Staat aangehou nadat hulle hom drie jaar gelede in Sirië ontvoer het.

Shiraaz sit in die video styf neffens sy ma, Shireen Mohamed. Die twee hou hande vas.

“Te veel mense om te bedank. Te veel name om te noem. Ek bedank almal wat my familie bygestaan het, almal wat gehelp het met my vrylating, almal wat my familie getroos het en almal vir hul gebede en enige ander ondersteuning wat hulle gebied het,” sê Shiraaz.

Shireen spreek in die video ook haar dankbaarheid uit teenoor onder andere pres. Cyril Ramaphosa wat gehelp het met haar seun se tuiskoms.

“Ek bedank graag ons regering wat saam met ons gestaan het. Ek bedank ook graag my president wat ons gehelp het,” sê Shireen.

Maroela Media het vroeër berig Shiraaz is op 10 Januarie 2017 in Darkoesj in Sirië ontvoer. Hy is aanvanklik daarheen om die lyding van gewone Siriese burgers weens die oorlog te dokumenteer.

Volgens die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers het Shiraaz in Desember uit aanhouding ontsnap. Hy is oor die Turkse grens en is daar aan dié land se intelligensieowerhede oorhandig wat hom gehelp het om huiswaarts te keer.

Mohamed sê hy het nog tyd by die huis nodig voordat hy onderhoude sal toestaan.

Kyk hier na die video:

Message from Shiraaz Mohamed and his Mother ❤ Shukraan to everyone that has kept Shiraaz in your duahs ????????????

Posted by Sakeena Louw on Sunday, 26 January 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Peetjie

Bly jy is veilig tuis by jou eie mense. Ek glo daar is baie om te verwerk, maar saam met jou eie mense sal jy dit kan doen…