Video: Sielkundige geskrap vir wangedrag

Anton Dreyer. Foto: eNuus

Anton Dreyer. Foto: eNuus

ʼn Sielkundige, wat ʼn ongekwalifiseerde persoon toegelaat het om sy werk vir hom te doen, is van sy lisensie gestroop. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het Anton Dreyer skuldig bevind aan wangedrag.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Hier’s net te veel gewetenlose kansvatters in ons land… en ons kinders is aan die ontvangkant.

Es Fourie ·

My kleinseun is deur Anton Dreyer getoets en ek kan net met lof van hom praat. Hy toets eers die inspannende dele soos Wisk, ens. Gaan dan oor na ontspanne toetse. Hy het die moeite gedoen om ons naby ons huis te ontmoet om die uitslae met sy ouers en my te bespreek. Die persoon wat hierdie beweringe maak weet nie waarmee hy besig is nie. Los mnr Dreyer uit!!!

Werner ·

Hierdie is nie ‘beweringe’ nie. Hy is skuldig bevind. Hy erken dan dat ‘minder as n duisend’ leerlinge deur sy onprofessionele gedrag geraak word. Dit is onaanvaarbaar. Iemand met so min respek vir ander mense moet nie in die sielkundige beroep staan nie.

Loeis ·

Die Raad vir Gesondheidsberoeppe (HPCSA) laat ook veel te wense oor.

Ek was self by hulle geregsitreer en wou ‘n aantal jare gelede na Australie immigreer. Iemand het die Australiese owerheid wie my kwalifikasies moes assesseer in kennis gestel dat my kwalifikasies nie by die HPCSA geakrediteer was nie. Die persoon in beheer van professionele registrasie, Emma Maraba, het vir meer as ‘n jaar op geen versoekke gereageer om die fout reg te stel nie, en kon ek haar nooit by die werk in die hande kry nie – sy was eenvoudig nie daar nie.

Eventueel het ek die ombudsman in kennis gestel dat ek ‘n hofbevel teen hulle gaan kry, en daarna is die fout reggestel. Natuurlik het ek nie ‘n verskoning of ‘n verduideliking ontvang nie.

Bg kom terug na politiek: iemand duidelik onbevoeg is aangestel – en ons weet op grond waarvan.

Wat die Silekundige Raad aanbetref is daar ook ‘n probleem: hulle dink blykbaar gemeenskapsontwikkeling + vigsvoorkoming en sielkunde is dieselfde ding. En raai wie word meesal deur daardie denkwyse bevoordeel.

Teoreties het die meeste mense wie hierdie lees verlede maand vir ‘n party wat daardie beleid ondersteun, gestem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.