Video: ‘Silwer Mercedes-bende’ slaan weer toe

CaptureDie polisie is op soek na ‘n groep rowers genaamd die “Silwer Mercedes-bende” wat glo verbind word met kapings en huisrooftogte in verskeie buurte in Johannesburg.

David Evans en sy vrou is Saterdagaand by hul huis in Blairgowrie deur die bende aangeval en beroof. Evans het kringtelevisie-beeldmateriaal van die voorval op Youtube geplaas.

Die bende is glo in verskeie Johannesburg-buurte waaronder Glenvista, Mulbarton en Brackendowns aktief. Die rowers ry met ‘n silwer Mercedes. Maroela wag nog vir kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adolf Richter ·

Ek ondersteun Afriforum en Solidariteit vir die goeie werk wat hulle doen. Ek dra ook finansieel by tot hierdie instellings.Ek het baie geld ingesamel by die mynboumense wat saammet my werk. Die geld gegee vir NG Ligkruis Middelburg om die nie-stakende mense wat baie swaar kry op Rustenburg te help. Ek is egter geskok dat Gift of the Givers die stakende mense help.
Adolf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.