Video: Sinkgat sluk agt unieke Corvettes in

Van die Corvette-motors in die sinkgat

Van die Corvette-motors in die sinkgat

Die video volg onderaan die berig. Strukturele ingenieurs probeer steeds bepaal wat daartoe gelei het dat ‘n 9 meter diep sinkgat by die nasionale Corvette-museum in Kentucky, Amerika, agt van dié unieke voertuie “ingesluk” het.

Die voorval het reeds verlede week Woensdag plaasgevind. Van die voertuie was heeltemal uniek, soos die miljoenste Corvette wat in 1992 vervaardig is. Die voorval is deur die museum se veiligheidskameras vasgelê.

Twee van die voertuie is deur General Motors aan die museum geleen en ses ander het aan die museum behoort.

Die sinkgat is 12 meter wyd en sowat 9 meter diep.

“Die waardevolste motor wat in die sinkgat beland het, is ʼn 1993 ZR-1 Spyder,” het Katie Frassinelli, woordvoerder van die museum, gesê.

Geen beserings is aangemeld nie, aangesien die sinkgat in die vroeë oggendure plaasgevind het toe daar nie personeel in die museum was nie.

Laura Johnson, nog ʼn woordvoerder van die museum, het gesê die ander motors naby aan die slaggat is veilig verwyder.

Dit is nog nie duidelik wat die skade beloop nie, aangesien meeste van die motors versamelaarsitems van onskatbare waarde is.

Die motors wat in die sinkgat geval het, is:
– ‘n 1962 “swart Corvette”
– ‘n 1984 PPG pasaangeemotor
– ‘n 2009 ZR1 “Blue Devil”
– die 1992 wit “1 Miljoenste Corvette”
– ‘n 1993 robynrooi “40ste Herdenking Corvette”
– ‘n 2001 Mallett Hammer Z06 Corvette
– die 2009 wit “1.5 Miljoenste Corvette”
– ‘n 1993 ZR-1 Spyder

Klik hier om die Corvette-museum se Facebook-blad te besoek.
Bron: The Courier Journal, EuroNews, The Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.