[Video] Skade ná gebarste hoofwaterpyp fratsvloed veroorsaak

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Ingenieurs van Joburg Water kon daarin slaag om die stroom water te stop wat ʼn fratsvloed in die suide van Johannesburg veroorsaak het nadat ʼn hoofstroomwaterpyp glo Sondagoggend gebars het.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van twee veiligheidskomplekse in Bassonia moes hul wonings Sondagoggend ontruim.

Volgens die Glenvista-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) moes sommige inwoners van Tiffany Gardens en Bassonia Rock hul huise ontruim nadat die waterpyp omstreeks 04:00 gebars en vloede veroorsaak het.

“Sommige mense was in hul eenhede vasgekeer en moes deur beamptes van die brandweer gered word,” het die GPF gesê.

Beamptes van die polisie se soek-en-reddingseenheid is na toneel ontbied om seker te maak rekenskap kan van alle inwoners gegee word.

Sover vasgestel kan word, is geen ernstige beserings aangemeld nie. Die totale omvang van die skade moet nog vasgestel word.

Inwoners het intussen foto’s van die skade wat aangerig is op die GPF se Faceboek-blad gedeel. Josh Bezuidenhout het die volgende video gedeel en sê dit lyk of ʼn aardbewing Tiffany Gardens getref het.

Looks like an earthquake hit Tiffani Gardens complex. Bassonia, JHB South.

Posted by Josh Bezuidenhout on Sunday, January 1, 2017

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sê maar net. ·

Hoop die regering gaan dit regmaak. Wat ‘n skande kyk hoe dun laag is die teer… geen wonder die paaie oor die algemeen hou nie.

Koos1 ·

Sê maar net. ‘n Pad se basis is 98% onder dit teer. Teerlaag is gewoonlik nie meer as 5cm nie. Onder dit is dit klip, sand en sement. Die teer is basies soos versiersuiker oor ‘n koek.

Jan ·

Watwou fratsvloed, dan glo ek in Danabaai het ‘n fratsbrand amper die dorp verwoes. Mens hoef nie aan dinge te raak om dit te laat gebeur nie, partykeer gebeur dit sommer vanself, net omdat mens in die nabyheid is.

WitBlits ·

Dis jammer dit het nie in die Noorde van Johannesburg gebeur nie, want dan kon die inwoners hulle 4×4 voertuie vir eens gebruik het vir die tipe paaie waarvoor dit gebou is!

Johannes Meintjes ·

Hier weer duidelik dat die GPF inisiatief die eerste ge-organiseerde grondvlak noodweer (of voorkomende optrede) verteenwoordig. Weereens gemeenskapsdeelname aan die GPF met verwante vrywilligers in rampbestuur, branspanne, nooddiensteskakeling, SAPD skakeling, radio beheer (en/ of Whats App/ Zelo kommunikasiegroepe) en Trauma Berading, tesame met buurtwag en ken-jou-bure noodplanne aan te moedig. Dit is die grondvlak burgers in SA se wettige selfbestuur meganisme. Benut dit landswyd asb. Hopelik sal daar eersdaags baie beter nasionale vlak GPF en GOS (Gesamentlike Operasie Sentrum) strukture ontstaan.

John ·

Weer ‘n lekker vet kontrak vir ‘n nog ‘n ‘uiters bekwame kontrakteur’ en jare se lekker inkomste en die arme inwoners in die omgewing moet daagliks deur en oor die ‘groot werksaamhede’ ploeter… alles ter bevordering van ontwikkeling en vooruitgang na ‘n beter SA. Viva!

Dina ·

Nee… Hierdie is nie die regering se skuld nie. Dit is die ontwikkelaars en bouers wat drooggemaak het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.