Video: Skending van DA-reklamebord ‘sal nie waarheid wegsteek’

’n Skermskoot uit ’n video wat wys hoe die omstrede reklamebord in Johannesburg se middestad geskend word. Foto: DA

Die DA sê die verwoesting van sy reklamebord met die tema “Die ANC maak ons dood” skend die nagedagtenis van diegene wat onder die ANC-regering gesterf het.

“Al is dit nie duidelik wie vir die vernietiging verantwoordelik is nie,” sê Solly Malatsi, DA-woordvoerder, “is dit nie die eerste keer dat ʼn DA-reklamebord wat die waarheid praat, verniel word nie.”

Die enorme reklamebord in Johannesburg se middestad lys meer as 100 name van burgers wat die amptelike opposisie meen gesterf het weens ANC-wanbestuur, onder wie die 34 myners van die Marikana-slagting op 16 Augustus 2012 en die slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie.

Die DA probeer goedkoop politieke punte aanteken.

Die mynwerkersvakbond Amcu het die DA Donderdag daarvan beskuldig dat die party met die reklamebord, wat Woensdag opgerig is, “goedkoop politieke punte wil aanteken”. Amcu het die party versoek om dit dadelik te laat verwyder, het African News Agency berig.

ʼn Video het intussen op sosiale media opgeduik waarin gesien kan word hoe drie mans die reklamebord skeur. Luidens berigte is ontstoke naasbestaandes van die slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie verantwoordelik vir die skending, maar Christine Nxumalo, woordvoerder van die Life Esidimeni-families het aan JacarandaFM gesê sy twyfel of hulle dit so ver sal voer.

Malatsi sê die DA het in die verkiesingsveldtog van 2016 ʼn reklamebord laat oprig oor die feit dat ál meer Suid-Afrikaners werkloos is weens die ANC se wanbestuur van die ekonomie. Dié bord is nie geskend nie.

Dit gaan oor die nagedagtenis van al die baie Suid-Afrikaners wat slagoffers geword het van ʼn onverskillige, gevoellose en wrede regering.

Hy meen die skending van die nuwe reklamebord “is ʼn belediging vir die mense wat gesterf het tydens die voorkombare Esidimeni-tragedie, die Marikana-moorde en puttoiletsterftes. Om [die bord met] hul name op te skeur is hoogs aanstootlik.”

Volgens hom is die reklamebord se boodskap dat geregtigheid behoort te geskied. “Dit gaan oor die nagedagtenis van die baie Suid-Afrikaners wat slagoffers geword het van ʼn onverskillige, gevoellose en wrede regering en hoe so baie ander pynlike en aaklige gebeure nooit in die demokratiese Suid-Afrika moes gebeur het nie.”

Maar die ANC beskuldig op sy beurt die DA daarvan dat sy politiek “toksies” geword het. “Dis ʼn party wat glo om vrees aan te wakker en leuens te versprei sal kiesers bang genoeg maak om in die naderende verkiesing vir hulle te stem”, het Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder gesê.

DA's Billboard Ripped Apart

The #DA’s controversial billboard “The ANC is killing us” has been destroyed by two men following an outcry over the party’s exploitation of victims of tragedies for political points. The billboard unveiled in Johannesburg contained the names of those who were massacred in #Marikana and those who died in the Life Esidemini scandal. It also accused the #ANC of being responsible for the deaths of children in pit toilets. A spokesperson for the families of the #LifeEsidimeni victims, Christine Nxumalo says it’s sad that a so-called political leader in reference to Mmusi Maimane sees nothing wrong with the billboard. The families have indicated that they will approach the South African Human Rights Commission and the Independent Electoral Commission over the matter. [Video:@Xondo712]

Posted by Radio 786 on Thursday, January 17, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Paul ·

DA, Maimane, plaas dat julle met dieselfde ywer net so ‘n groot reklamebord oprig waarop julle alle vorme van rassisme in die land veroordeel, self dit van jul jeugleier by Laerskool Schwezer-Reneke. ‘n Mooi groot foto van julle twee saam mag dalk net die ding doen.

Karolis ·

Wat van ‘n bord met al die Boere wat vermoor is se name.
Kry mens so groot bord?

Taylor ·

die mense gaan alles verwoes
tot niks meer oor is
presies wat het dit nou gehelp?
plaas gaan werk hulle soos wat ons moet doen en hou op om amok te maak
sal dit net nooit kan verstaan

Lola ·

Praat jy nou van die wat die bord vernietig het of praat jy van die wat dit opgerig het. Ek dink alby partye moet soos jy se, gaan werk soos ons.

Johnnie ·

Die DA praat maar net die waarheid en die wat so kwaad word daarvoor is gebreinspoel deur die anc en sy onnosel meelopers.

Loeis ·

Nou wonder ek: sal die DA dieselfde vir die boere wie onder die ANC se bewind vermoor is, doen?

Gert ·

Ja eintlik moes daai boere se name ook op daardie bord gewees het, al probleem is hulle was wit.

Dries du Toit ·

Ek stem nie DA nie. Maar dink hulle is reg met daardie soort aanslag. Hulle moet nou n bord opsit en al die kurrupte aanslagte op die belasting betaler uitwys. SARS, Transnet, Evkom, Munisipaliteite,Prasa en nou Bossasa

Boerseun ·

Marikana moes nie eens genoem word nie. Dis die eerste keer wat die polisie reg opgetree het. As daar meer Marikana’s was sou daar minder geweldadige optogte en stropery plaasgevind het. Glo my.

PaulV ·

Boerseun; hoe kan jy so iets kwytraak? Onskuldige mense het hul lewens verloor en sodoende hul gesinne se broodwinners.

Hendrik ·

Is dit dalk tyd om die plaasmoord name en foto’s op ‘n reklame bord te sit. Watter organisasie gaan dit borg vir ons?

At Dippenaar ·

Dit gaan nie oor die DA. Dit gaan oor die ANC wat geen respek het vir die Marikanaslagoffers wat in opdrag van hul polisiekommisaris voor die voet doodgeskiet is. Waarheid maak seer.

Laetitia ·

,n Feit is ,n feit. Die waarheid kan nie toegesmeer word nie.
Die ANC gaan een stappie vorentoe en tien agtertoe.

SAPD skitter soos gewoonlik ·

SAPD skitter soos gewoonlik in hulle afwesigheid. Of staan en hande klap en lag daar erens. Daar is altyd iemand wat sulke goed op kamera vasvang maar nooit ‘n polisielid wat dit sien nie … Het die DA al ‘n kriminele klag gaan le v opsetlike saakbeskadiging?

LouE ·

Die ANC kry goedkoop punte in Schweizer Reneke. Die DA kry dit in JHB. Altwee ewe vrot.

Karen ·

Ek stem saam, vir wie stem mens? vir die DA, ek dink nie so nie. Hulle is presies net soos die ANC, ek moes hulle optog hier in die stad aanskou, wat ‘n grap.

Sê maar net ·

LouE, ek hou van jou antwoord.

Albei partye is vrot tot op die been. Ons kan nie vorentoe gaan met mense van die ou regering nie. Die partye moet tot nuut gemaak word en mense van vandag se era, wat nie kleur sien nie, moet partye stig. Wit, geel, pienk, pers, bruin, swart en oranje moet almal kan saam staan en een goeie party stig wat die land vorentoe kan vat. Sonder rasisme, sonder diskriminasie, sonder bedrog. Maar ongelukkig lewe ons nie in die perfekte wêreld nie en sal so iets gebeur wanneer die varke vlerke kry.

Cobus ·

Die DA en Vryheids front moontlik Cope
moet sake uitpraat kragte saam gooi
Sonder so n ooreenkoms DA enigste parrty wat moontlik kan regeer word Stem DA tot julle werkbare alternatief kan gee

Stuiwer ·

“Goedkoop politieke punte”
“kiesers bang genoeg maak om…vir hulle te stem”
Sjoe, wie is hulle om te praat?
Ook, slegs mense in Johannesburg se middestad sou die bord sien, nou dat dit geplunder is en in die nuus is, word ALMAL bewus daarvan (natuurlik die wat nuus volg). Message delivered, een bord en hele land sien dit nou.

Oujongvrou ·

Nee Zizi Kodwa, dis die ANC wat toksies is. Julle het die land gefaal, nou is julle kwaad as ander partye julle daarop wys. Hier sterf meer mense in hierdie land as in oorlog geteisterde lande. Sies julle behoort skaam te kry, want julle gebruik die ongeletterde massas om in bewind te bly. En solank julle hulle werkloos en arm kan los sal julle in bewind bly. Dis die hartseer waarheid.

Wonder ·

Ek was altyd ‘n DA ondersteuner, en stem meestal saam met hulle sienings. MAAR ek is nogal lus om die jaar vir Cope te stem – Lekota is baie regverdig en sy sienings stem bsie ooreen met myne…

Gert ·

Almal, vir stem ons?
Eenvoudig, vra jouself die volgende vrae:
EFF, nee, onmoontlik
ANC, Nee, hulle sorg net hulself en misbruik die inwoners
DA, miskien, maar hulle kyk na my met ‘n kleur bril. En hule jeugleier het hulle in die voet geskiet. Vir die spul stem ek regtig nie weer nie.
FF+, Nee want hulle verkies net wittes wat Afrikaans praat
ACDP, Nee, want hulle wil hê jy MOET Christen wees.
UDM en al die ander. Nee wat, hulle het werklik niks om my te bied nie
COPE, ja beslis. Hulle het geen probleem met my taal, my Godsdiens of my velkleur nie. So ook die res van ons mense.

Johannes ·

Die DA is ‘n patetiese klomp opportuniste wat in elk geval niks omgee vir Afrikaners nie!

Nel ·

Hoe lyk dit met die SACP Gert? Miskien vind jy daar aanklank.

Dienkie ·

Ek is geneig om saam met Boerseun te stem want die betogers het ‘n dreigende houding teenoor die polisie ingeneem. Moes die polisie nou maar net handjies gevou staan dat die betogers hulle aanval. Die betogers was gewapen.

Frik Lotz ·

Komaan, mense. Stem VF Plus en maak die party sterker. Nie die DA of Cope voel iets vir die Afrikaner en ander minderhede nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.