Video: Skenkings stroom in vir student in vullis-video

Eckhard Binding. (Foto: Facebook)

“Dit was glad nie ʼn reklamefoefie nie. Ek het dit nie gedoen sodat iemand ʼn video kon neem nie. Ek het dit gedoen, want dit was die ordentlike ding om te doen.”

Só sê Eckhard Binding (21), ʼn derdejaarstudent in bank- en beleggingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), wat wyd geloof word nadat ʼn video van hom op sosiale media versprei is waar gesien kan word hoe hy die gemors opruim wat deur betogers op die Kovsie-kampus gestrooi is.

Die video is Vrydag by die Thakaneng-brug op die UV-kampus in Bloemfontein geneem. Betogende studente en werknemers het deur die kampus beweeg, ingangshekke versper en tafels en asblikke omgegooi in protes teen die uitkontraktering van werksgeleenthede by die universiteit. Lesings is ontwrig en skade aan universiteitseiendom aangerig.

Binding sê hy het omstreeks 11:00 klaargemaak met ʼn klas toe hy verby die brug gestap en die skare betogers sien deurbeweeg het. “Hulle het deur die [Thakaneng-sentrum] gestap en al wat ʼn tafel, stoel en asblik is, omgegooi,” vertel hy.

“Ek was baie gefrustreerd en het probeer dink aan ʼn manier waarop ek kan help. Ek het geweet ek kan alleen nie veel vermag teen ʼn hele skare betogers nie, maar ek kan iéts doen. Toe begin ek maar papier en rommel optel en dit terug in die asblikke gooi. Ek het byna eiehandig daardie hele brug agter hulle skoongemaak.”

Toe Binding egter aan die ander kant van die brug kom en die laaste paar papiere probeer optel en in die asblik gooi, het hy hom hier teen die betogers vasgeloop. Dit is toe dat die opspraakwekkende video, wat nou al derduisende kere op sosiale media gedeel is, geneem is.

Binding het afgebuk en rommel in die asblik gegooi net sodat twee vroue wat deel was van die betoging dit weer uit die asblik kon haal en op die grond gooi. Op die video kan gesien word hoe Binding weer en weer afbuk en die papiere optel en die betogers dit weer en weer uit die asblik haal en op die grond neergooi.

Iemand het in ʼn stadium vir Binding gesê om dit eerder te los aangesien dit hopeloos is, maar hy het hom nie hieraan gesteur nie en geduldig net weer afgebuk en die rommel opgetel.

“Nee wat, ek het nie gefrustreerd geraak nie,” sê hy. “As dit ʼn man was wat my uitgedaag het, sou dit dalk ʼn ander storie gewees het, want dan sou die testosteroon ingetree het. Maar dit was hierdie twee meisies wat by die asblik gestaan het en ek het net myself heeltemal afgesny en gesorg dat hulle uitdagende houding my nie raak nie. Ek wou juis nie vir hulle die reaksie gee wat hulle wil hê nie.”

‘n Skermskoot uit die video.

Ja, erken hy, dit is vir hom teleurstellend dat niemand ingetree het om hom te help nie. “Dit is teleurstellend. Almal het net gestaan en video’s neem. Ek kan verstaan hoekom mense nie betrokke wil raak nie, want dit is ʼn intimiderende situasie. Maar as een ou help, sal nog ʼn ou help en nog ʼn persoon intree en dan is daar naderhand ʼn hele groep wat help. Dit gaan nie oor wit of swart nie. Dit gaan oor die ordentlike ding doen.”

Ook die moontlikheid dat betogers met hom handgemeen kon raak, het Binding nie afgeskrik nie. “Ek het geweet solank ek my kant skoon hou, sal daar niks gebeur nie. En as daar wél iets gebeur, is die gereg aan my kant,” sê hy.

“Ek het in elk geval laaste gelag. Teen die tyd dat die video geneem is, het ek klaar die hele brug skoongemaak. En toe ek sien die twee meisies gaan my nie toelaat om die rommel in ʼn asblik te gooi nie, het ek alles in ʼn boks gegooi en dit in ʼn ander vullisdrom gaan gooi.”

Binding sê dié voorval was eintlik onbedoeld die ideale wegspringplek vir ʼn niewinsgewende organisasie wat hy en sy pa reeds in Desember besluit het om op die been te bring. Die organisasie, genaamd Start Talking SA, het ten doel om sosiale kohesie in Suid-Afrika te bevorder en Binding se gedrag in dié video is presies die soort gedrag wat hy wil aanmoedig.

Boonop het talle voornemende skenkers na vore getree nadat hulle die video op sosiale media gesien het en vir Binding beurse, skenkings en selfs studiefinansiering aangebied. Hy sê hy is tans in kontak met die mense wat die goedhartige aanbiedinge gemaak het omdat hy graag dié geldskenkings wil gebruik om Start Talking SA aan die gang te kry.

“Ek is baie dankbaar vir die skenkings en opgewonde om Start Talking SA behoorlik aan die gang te kry. Maar ek wil graag hê dat die boodskap van hierdie video nie verlore moet gaan nie. As elkeen wat die video gekyk het volgende keer in ʼn soortgelyke situasie kies om die uitsondering te wees en wel iets te doen, gaan dit ʼn groot verskil maak.”

Besoek Start Talking SA se Facebook-blad hier.

https://www.facebook.com/UNCUTSA/videos/2477424229145397/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

142 Kommentare

Annette ·

Tien uit tien Eckhart! Jou gesindheid spreek boekdele van jou opvoeding! Die ander sal nog besig wees om af te breek en te verwoes terwyl jy en studente soos jy jul doelwitte sal bereik. Trots op jou!

Cassie carstens ·

Annette ek stem 100% saam met jou. Hierdie jongman is ‘n pragtige mens wat deur voorbeeld lei. Hy sal eendag ;n goeie bankier word.

De hoenders in ·

Mooi Eckhard kan sien jy het opvoeding….kan nie dieselfde se van die res nie… Niks sal jou ooit onder kry nie aanhouer wen. Wens “almal” het jou uitkyk op die leewe gehad

Petro ·

My seun is 6 en ek hoop hy is eendag net soos jy. Jy is ‘n Rockstar!!!!

Henry ·

Wonderlike voorbeeld wat gestel is.
Hopelik sal ons Eckhard se wens wat hy in die laaste paragraaf uitspreek, geesdriftig en landwyd volg.

Anoniem ·

Sies!! Kry hulle nie skaam nie ?

Baie dankie jongman hou aan met die goeie werke.

Rina Kotze ·

Sulke mense het nie skaamte nie! Hulle het nie in daai ry gestaan toe dit uitgedeel is nie!!!

Baie mooi voorbeeld Eckhardt! Jy stel vir kinders op laerskool, veral, ‘n baie goeie voorbeeld!

Mag daar baie volg in sy voorbeeld! En ja, dis nie ‘n rasding nie, dit begin by opvoeding by die huis!!!

Marius ·

Trots op jou jy sal ver kom in die lewe jy het jou goed gedra.

GRIET ·

FANTASTIES,JONGMAN!!
SOOOO TROTS OP JOU, DIS DIE REGTE GESINDHEID…SNY AF… VANI KWAADSTOKERS EN DOEN JOU DING!
JY IS Ñ BAIE,BAIIE BETER MENS AS HULLE EN ÉK MET GEESTELIKE VOLWASSENHEID WAT SKRIK VIR NIKS!’

Disselboom ·

Dit voel vir Disselboom so bekend, hoewel nou nie letterlik heeltyd papiere optel wat ander mense heeltyd net weer rondstrooi nie, is dit wat Disselboom ook maar sy lewe lank doen, want hy is immers ‘n gelowige blanke in Suid-Afrika, wat op verskeie maniere maar weer en weer netjies maak en probeer opbou, ongeag die uitdaging.

Jan ·

Ja en julle hou ook maar aan om julle vyande te voer en vir hulle mielies te plant…

Niek ·

Die vierde industriële revolusie gaan hierdie mense irrelevant maak.
Alle lof aan hierdie knaap, hy gaan relevant bly. Nie oor sy kleur nie, maar oor sy gedrag.

PPP ·

Goed gedoen Seun stel vir hulle n voorbeeld, vandag breek hulle af more wil hy n Baas wees wie gaan in elke geval vir hom wil luister, nie ek nie.

GM ·

Ek weet nie hoe jy so kalm kon bly nie – well done.
Wat die beurse en skenkings aanbetref, aanvaar dit en gaan doen iets vir jou mense. Daar sal net ‘kohesie’ tussen groepe wees vir ‘n paar sekondes wees solank geld uitgedeel word, daarna kom die ware kleure (van haat en selfsug) maar weer uit. Die land sal nooit ‘n reënboognasie kan wees waar almal gelyk is nie, al deel jy al jou besittings uit. Dit gaan nie ‘n beter plek word nie. En dit het niks met pessimisme te doen nie, mens moet soms maar net die realititeite in die gesig staar. Daar is te min wat in vrede sal wil saamleef.

brens ·

En so vinnig as wat hy opruim gooi hul weer uit; tartend! Ek sou myself verloor het; welgedaan jong man!

Erika ·

Welgedaan jongman ons kort meer van jou…net jammer die EFF soos hulle daar staan met hul rooi hemde, beteken niks vir ons land nie. Hulle verdien nie om daar te wees nie!
Dan wil hulle ons land eendag bestuur AS hulle miskien slaag…soos hulle Rommel strooi sooo sal hulle ons land tot Rommel dompel..soos dit reeds al is.

Blommie ·

Jy weet ne, dat ons land al in so n gemors is dat iemand geprys word uit om iets te doen wat veronderstel is om deel van ons menswees te wees.
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek haal my hoed af vir sy ordenklikheid, maar dis veronderstel om die NORM van ons samelewing te wees. Dan maak die meerderheid mense n grap daarvan, wat se dit van jou menswees en ordenklikheid. Dan moet hulle nog in diens geneem word en kan nie eers n papier agter hulle self optel nie.
Waar is ons PRESIDENT waar is hy om te sien waarheen ons jeug oppad is, wat het geword van waardes, wat mens dra deur jou HELE lewe… Maar nee dis omdat daar toegelaat word om n DONT CARE houding in te neem.

Johannes ·

Dit is dalk juis ons probleem. Ons dink Europese norme en waardes tel vir alle nasies… Goeie werk jongman. Jy maak my trots om Europees te wees!

Essa ·

Wow! Eckhard Binding wow!! Weet jy hoe grensloos jy hierdie mense frustreer het; hoe effektief jy hulle aksies as onnosel bewys het. ‘n Klein aksie met groot houding en groot inpak. Salut jong man ?

Dee ·

Dit is mos die tipe jongmense wat ons land kan red. Mooi so, wys hulle hoe n beskaafde mens optree.

Cora Simpson ·

Ai wat ‘n pragtige seun an definitief enige ouer se trots. Ek is ook so trots op jou jong man. ‘n Voorbeeld vir menige ander jong mense. Wel gedaan

cbr ·

Dankie vir jou jy het die krag gekry van Bo en het gewys dat jy is sterker is as ……

Magda few ·

Mag jy so geseënd word dat die res van die wereld skaam krynoor hulle dade

Salamander ·

Ek weet wie gaan eendag sy eie besigheid besit en ek weet wie hy nie in diens gaan neem nie!

Melanie ·

En hoe meer ons die massiewe verskil probeer verduidelik, hoe minder verstaan hulle dit. Ons gaan nog 300 jaar wag. Welgedaan jong man, ons is baie trots op jou.

Veritas ·

Let op die gesigsuitdrukkings van die omstanders. Baie het verander van uitlag na somber en toe ‘n besef van ‘Ons was verkeerd’. Jongman, jy weet net nie hoe baie mense jy deur jou optrede geraak het nie. Die twee wat heeltyd die rommel uitgegooi het, weet dat hulle die veldslag verloor het.
Mooi skoot!

Mia Swanepoel ·

Jy’s ñ beter mens as die meeste van ons , Eckhard. Meeste ander mense sou lankal die naste een met ñ bakhand op die oor gegroet het. Maar jy het nie. Want hulle is benede jou. Wel gedaan. Jy het ñ ruggraat van staal.

HPV ·

Dit is waar opvoeding, selfdissipline, norme en waardes sigbaar word! Eckhard mense soos jy is die ware toekomstige leiers en verdien respek.

Carolyn ·

Well done young man! Your calm spirit and will to not let these ladies get you down is remarkable. It is sad that your good deed was met with such contempt. In the world we live in where people just dont care about our environment and the mess we leave behind us, your eagerness to make a difference is commendable. Well done on being such an outstanding inspiration to many. I hope the authorities catch the ladies who were deliberately littering and give them 500 hours each of community service cleaning up the litter in their community. Maybe next time they will think before acting so badly.

W ·

Dis die verskil tussen ‘n student wat daar is om te studeer en die ander gemors wat soos mandjies is.

Vra maar net ·

Julius is seker baie tevrede. Hier kan duidelik gesien word hoe Everything For Free mentaliteit werk.
Breek af en mors is al wat hulle kan doen.

Waarheid1 ·

Dit is duidelik wie het integriteit, hoe moraal , respek en alles wat goed is en wie adverteer dat hulle nie oor so iets beskik nie en nooit sal he nie.

Elvira ·

Wat n pragtige jong man. 10 uit 10 vir jou ouers wat jou so mooi opgevoed het. Mens het inbors of mens het nie. En jy het. Wat die EFF mense betref, se mens liewer niks.

Hennie Taljaard ·

jy is die beter mens!
sies vir die ander wat nie gehelp het nie.

Hennie ·

Welgedaan jong man .Die twee swart vrouens wat dit uitgooi as hy ingooi ek hoop julle verstaan Afrikaans want dit is die laagste en swakste manier van opvoeding wat julle openbaar gaan terug huis toe en smeek julle ouers om julle weer op te voed.

Kobus ·

Daar is mense wie ‘n gedragsis is en daar is niks vekeerd nie. Dit is ook wat ek en Eckhart se optrede weerspieel. Dit ‘n persoon se gedrag wat hom/haar van ander onderskei!!

Alida ·

Wonderlik wel gedaan! Kry die ander blankes wat toegekyk het nie skaam nie. Hulle kon n punt bewys het en gehelp het. Skaam julle.

Nel ·

Tien op-duime vir jou! Hierdie video moet wyd versprei word sodat almal kan sien wie in hierdie land wil opbou en wie breek af!

Johanna Botha ·

Maklik om te breek ….ek kyk die rooi t-hemp dis al wat sy ken en om kwaad te wees en verontreg te voel oor alles ….en hier kom n ou en hy bou op ….10/10 ! !

Piet kokewiet ·

Mooi so seun? as dit nou n wit mens was wat bly papier uit gooi het was dit seke weer tronk toe en hof toe…

Pieter ·

So maak mens ‘n verskil op jou voete en nie op ‘n fiets nie.

Sanet ·

???met sulke MURG INI BEEN jongmense, is hier HOOP VIR SA!!!
WELGEDAAN JONGMAN ❗❗???

RONEL ·

WELGEDAAN
die hele wêreld is trots op jou. Het dit aangestuur vir my familie in Kanada, Engeland, Belgie en Australia

Johannes ·

Nee Ronel, die beskaafde, Europese wêreld is trots op hierdie man. Die Afrikane dink hy ondermyn hulle “protes”…

Sanet ·

Johan…kyk op Start Talking SA se facebookblad jy behoort dáár reg te kom

Antjie ·

Pragtig! Dís mos hoe ek my mense onthou!
Ek wonder nogal of die twee rooi aangetrekte meisies wel studeer, en wat. Bloem het ʼn geskiedenis van sekere staatsdepartemente wie se personeel graag elders “instaan” tydens enige betogings.

Dries du Toit ·

Wie mors so. Ek sal graag wil weet of liewer ek weet jy moet raai

Fanie Buys ·

Ek wonder wat het die super polities korrekte bestuur van die UV hieroor te sê ?

Grysburger Pretoria ·

Hierdie jong man het ‘n buitengewone voorbeeld van selfbeheersing gestel. Selfbeheersing verseker dat jy uitdagende situasies kan bemeester en as oorwinnaar daar uitstap. Hierdie jong man wys watter verskil een persoon maak wat nie bloot sy humeur verloor en tot ander se lae vlak daal nie. Unieke voorbeeld van “lydelike verset” wat wêreldopinie na ons kant toe laat kyk.

Respek ·

Ek sou nie so kalm kom bly nie – dankie vir jou voorbeeld. Ek hoop dit vuur ‘n gesondword-vlam regdeur die land aan.
Wat word nou van die twee vroue? Hulle gedrag moet ongetwyfeld gestraf word. Sal iemand soos AfriForum hier ook kan help?
Al word hulle net gevonnis om toilette skoon te maak, maar iets moet drasties gedoen word om die soort gedrag met wortel en tak uit te roei.

Lena ·

Die rooi hemde is gewoond met rommel om hul kyk maar waar hul bly daardie seun hou van netheid ek is trots op hom ?

Michael ·

Nou net die video gekyk. Mense hoe bou jy n NASIE so???????????

Mary ·

Net jammer daai klomp links van jou was te ruggraatloos om in te tree en teondersteun.

Johannes ·

Mary, stem heeltemal saam. Dit het my half siek gemaak om te sien hoe sy mede volksgenote net staan ek kyk… Maar dit is OK, ons sal min wees, maar ons sal ‘n mag wees om mee te reken! Ons dag kom nader!

Se maar net ·

Mooi gedaan jong man. Wat ‘n mooi voorbeeld. Die minderheid bou op en die meerderheid breek af. Gaan meerderheid ooit probeer op bou?

Johannes ·

So ek wonder wat het Max du Preez en Piet “kopdoek” Croucamp hieroor te sê? Seker weer “wit terrorisme”?

Petro Guilherme ·

Baie trots op jou ….wonderlike gesindheid …jou opvoeding spreek boekdele
Alle sukses

Johannes ·

MM, stuur asb hierdie video en die berig (natuurlik in Engels vertaal) aan CNN, BBC en Sky News. Hierdie media groepe is mos natuurlik voor in die koor om sg. “wit rassisme” stories op hulle webwerwe te plaas. Wonder wat hulle hiervan sou maak?

Riaan ·

Kyk na die een sg dame se t-hemp. Kan die gedrag op daardie i.k vlak nogal verwag

Q ·

Ek het net een woord vir daai student in Bloemfontein,LEGEND….

Anoniem ·

Die spreekwoord “een tree vorentoe en twee treë agteruit” het dadelik by my opgekom.

Vrugte van die Heilige Gees: … liefde… SELFBEHEERSING…. Dis nie die menslike natuur om so geduldig te bly nie. Op daardie oomblik het God jou gehelp om kalm te bly en jou daardeur gebruik om ‘n boodskap die wêreld ingestuur.

Driekie ·

Eckhard…jy het bewys jy is die beter een…..gemors hou van gemors….ordentlikes hou van ordentlik wees.

Zet ·

1 man teen honderde en die wenner die 1 man. Welgedaan dit vat net 1 klein klippie om n reus plat te slaan. Alle sukses v j vorentoe saam God se seëninge.

WJ ·

Dit maak my hartseer, as ek na die video kyk. Om die waarheid te sê, ek talle emosies wat inskop.
Weet dit, (wat jy begin het, kan ‘n rimpeleffek veroorsaak).
Baie mense het die video gesien. Die wat (jammer om te sê) lekker gekry het,
en die wat jy geinspireer het, of dalk iets geleer het soos deursettingvermoë.
Laastens wil ek sê BAIE BAIE BAIE DANKIE. Jy het my, so jonk soos wat jy is self ‘n paar dinge geleer.

Talita ·

Jy is my hero! As ek daar was, het ek jou beslis gehelp. Al wat ons wil hê is ‘n skoon en veilige land.

Farmer ·

Goeie nuus! Hierdie jaar het die Studente Raad! by WITS gestaak en probeer om moeilikheidsmakers van buite in te bring. Raai wat – minder as 30% van studente het deelgeneem aan die SR verkiesing.

Mense soos Eckard Binding moet hulleself verkeisbaar stel sodat die res van die 70% kan stem vir die nie ontwrigting van klasse deur professionele moeilikheidmakers!

Snowball ·

Niks lacksadaisical aan hierdie jong man nie. Jy is die seën te midde van soveel haat en verwoesting!

Buite Stander ·

Volgende jaar staan Eckhard voor die werkloosheidkantoor terwyl die morsers goeie poste vul erens in die staatsdiens of privaatsektor.

My mening ·

Ongelooflike jong man. So jammer dat hy en ander soos hy met die walglike optrede van sekeres moet groot word en nooit SA as n beskaafde land kon en sal ken nie.

Hannah ·

En dít mense, maak van jou ‘n man. Welgedaan, voorwaar ‘n voorbeeld vir menigte.

Trots ·

Hoop ook my seuns sal so wees eendag. Jou ouers kan baie trots wees vandag. Jys ‘n voorbeeld van hoe dit gedoen kan word. Haal my hoed af vir jou jong man.

Logika ·

Hulle wou die witman verneder.

Op die ou einde het hulle net hulleself verneder.

Kom ons leer ‘n belangrike les hieruit: Neem altyd stelling op die hoë-grond in!

Ben ·

Mooi jongman!! Dit is wat ons verwag van universityds studente. Mense wat kan onderskei tussen reg en verkeerd. Die EFF assosieer hulle met rommel en dit is waar na toe hulle lei – die ashoop.

Eddy ·

ek verwag altyd baie van n tersiëre student.Hy is die een wat studeer en binnekort n leier op sy gebied moet wees,soos die jong man wat bankwese studeer.So as jy nou vullis blikke omkeer is dit vir my moeilik om te begrip hoe jy eendag verantwoordelik sal optree.Daar was nie vir my geld of geleentheid vir universiteit nie maar ek het niie vullisblikke omgooi en afgebrand nie.

Diefie ·

Eckhard, jy is een uit ‘n miljoen, is baie trots op jou. Hou so aan en moenie dat negatiewe mense jou probeer beinvloed nie. Ek wens jou alle seëninge en voorspoed toe me Start Talking SA. Dit is die keerpunt vir ons Suid Afrika.

Henrietta Klaasing ·

Trots op jou jong man! Met so ‘n leuse (om die wereld ‘n beter plek te maak) gaan jy nog ver kom! Veel seen toegebid.

#Kovsie ·

Ek het my graad by UV voltooi en weet presies waar dit is. Soveel respek vir jou @Eckhard. Ook ‘n goeie bewys van hoe jou ouers jou groot gemaak het. Wel gedaan Ouers van Echard.

SALUUT ·

Baie trots op die jong man wat hom nie laat afskrik deur die śo called studente.

Dis weereens ń bewys van swak maniere en dat hul altyd alles wil bemors. Ek glo vas dat die 2 meisies net so slordig by die huis en op hul self is. Of kom ons stel dit so, almal wat betrokke was en wat die seun uitgelag het, gaan mors by julle huise. Jul hou van ń vuil area. Jul is veronderstel om ń voorbeeld te stel en het ń kans maar steeds wil jul probeer om ń punt te bewys. Mense lag vir julle!!

Oud Rhodie ·

Hier is `n duidelike bewys van die ou gesegde – Your attitude will determine your altitude.
Welgedaan.

Jan ·

Dit is die beste voorbeeld van die karakter van wit en swart wat ek nog gesien het

Roger ·

Die vlak van ontwikkeling, op die evolusieleer, word duidelik deur hierdié voorbeeld geïllustreer.

Edd ·

Wat jy gedoen het is reg maar die gereg kyk nie na reg en verkeerd nie. Die gereg sou, soos wat dit klaar laas jaar gedoen het, geluister het na die betogers buite die hof. Ons moet dankbaar wees dat niemand hand gemeen geraak het nie.

Schalk ·

Net jammer die politikuste is nou stil. Hulle reageer mos net as iets wit en negatief is!

Nie sommer net ‘n rubbish video nie ·

Verandering begin soms by klein dingetjies en word somtyds waarlik groot. Soos om ander mense se rubbish en gemors op te tel. Dit dwing ‘n mens om te dink en ‘n standpunt in te neem. Baie gewone mense praat oor hierdie vullis en rubbish optel video.

Sandy ·

Dit is hoe jy ‘n land verander, one person at a time. Baie trots op die seun wat ‘n standpunt aangeneem het sonder om kwaad te word.

Hannelie ·

Eckhard Binding, JY is ‘n ware leier! Wel gedaan! Swem teen die stroom op! Jy is is wenner! Ons hou jou nuwe beweging met groot belangstelling en entoesiasme en aanmoediging en gebede dop! Pragtig jongman! Pragtig!

Mel ·

Welgedaan ek hoop my seuns sal eendag soos jy wees, dit wys mens nou net weereens die verskil tussen intelligensie en om ‘n swaap te wees

Krummel ·

Miss Julia, hoe kan jy op die video sien die 2 “meisies” raak skaam. Hulle kan mos nie bloos nie. Dis hoekom hulle so gemaak is, want hulle sou ewigdurend rooi van skaamte moes wees, vir die nonsens wat hulle aanjaag.

Willie ·

Wel gedaan! Dit is duidelik wie van watste stofasie aanmekaar gesit is..

sherise ·

Mooi so Eckhard, dit is die regte houding en jy maak ons trots. Ek sal die twee kwaaddoeners nie meisies noem nie, ek kan aan baie ander name dink. n Regte meisie sal nooit so optree nie.
Knap gedaan Eckhard, jou ouers kan super trots wees net soos ons op jou.

Meme ·

Hoop die 2 vroumense sien die reaksie op hulle aksie. Jy seun stap as algehele wenner uit die saak en hulle lyk soos losers want jyt jou nie aan hulle gesteur nie. Mooi. Wens ekt geweet wie is hulle sou hulle graag wou tag in jou oorwinning.

ANA ·

EN KYK NET MENSE!!!
DIS DIE ÉÉRSTE ARTIKEL, WAT GEPLAAS WORD… WAARIN ÁLMAL DIÉ UITSONDERLIKE OPTREDE VAN Ñ JONG BLANKE STUDENT, BESING!!
NÉT POSSTIEWE KOMMENTARE, VAN ÁL MM SE LESERSKORPS!!
ECHARDT JY IS Ñ BRUGBOUER TUSSEN ÁLLE MENSE EN Ñ INSPIRASIE VAN HOOP EN SRLFBEHEERSING

Katerina ·

PUIK artikel,van HOOP EN POSSITIWITEIT…Mariné!
BAIE DANKIE aan MM en DANKIE aan jou Echardt wat ons HARTE WARM LAAT KLOP VAN TROTS!!!

TE GROOT ·

Ek dink die twee dames is te groot om studente te wees op ‘n kampus. Miskien moet mens uitvind presies wie hulle is.

Darryl ·

Shadragh, Meshach and Abednago 3 teens who lived in king Nebekadnesers palace and who did not bow down to worship there idols..these 3 young men served the Lord most High and only bowed before the one and only true God..because they did not serve the kings’s idols they where thrown into the fire to die..but they did not perish..the king saw this and turned to the true King Jesus and followed Him..one act of faithfulness changed a nation..one young man picking up papers changed a bad situation in a nation changing situation..and people started taking notice..one good deed will always conquer bad and evil..follow the Lord son..for He will make you great among your peers..even though you might not have experience His presence He was there with you..He touched you , now allow Him to build you..Shalom

Blaarman ·

Mense, like en share die dinges uit hierdie video uit. Stuur dit na nuusagentskappe oorsee. Die hele wêreld moet daarvan kennis neem!

Dit spreek boekdele oor hierdie land se verhaal, wat tans of nog nooit vertel is nie!

Marietjie ·

Welgedaan Eckhard. Trots op jou. Daardie twee jong dames laat ‘n bitter smaak in ‘n mens se mond.

Elsa ·

Ek het die oorspronklike video op FB gesien en lees altyd die kommentare. Die mense het toe nog nie geweet wie Eckhard Binding was nie. Daar was selfs swart mense wat die twee vrouens in rooi geklee se gedrag veroordeel het en vir Eckhard geprys het. Toe die eerste twee skenkings van R5,000 elk gedoen is, was sy naam nog nie bekend nie en ook nie toe ‘n Indiërman aangebied het om vir sy studies te betaal nie. Daardie kommentare het ook die gevoel gegee dat daar wel baie mense van alle rasse is wat wil saamstaan en dat SA nie net oor wit en swart gaan nie. Dit gee mens sommer nog meer hoop.

Jan ·

Ja en julle hou ook maar aan om julle vyande te voer en vir hulle mielies te plant…

Aster ·

Ek is ongelooflik trots op jou Eckhard. Die video getuig van ‘n goeie opvoeding en iemand wat net plain weg “common sense” en begrip het. Dit vat nie baie om te sien wat reg en verkeerd is nie. Well done, jy staan VER BO AL DIE ANDER UIT!!

Yvonne ·

Gaan kyk na Malema se kommentaar oor die insident. Ek skud maar net my kop. Maar welgedaan jongman.

@Yvonne ·

Inderdaad Yvonne, spreek sy kommentaar dat hy trots is daarop, nie absoluut boekdele van die vlak van integriteit en opvoedingspeil van die mens nie? Wanneer jy so vasgevang is in die destruktiewe, dat jy nie eers die mees ooglopende afbrekende gedrag kan veroordeel of jou daarvan wil distansieer nie, is jy voorwaar stikdonker van binne.

BB ·

Ek het besluit om geen kommentaar te lees nie. Maar wil die volgende se.
DIT KOS NET EEN MENS om te doen wat ons almal moet doen. Nou wil ek vra dat ons hierdie geleentheid moet aangryp om ‘n iets groots te bereik. Echard ek is nie in ‘n posisie om geld te skenk nie maar ek het ‘n stem en ek glo in jou projek. Daar is baie maniere om START TALKING SA te ondersteun.

Lizzy ·

Pragtige jong mens, met karakter. Ons kort ń miljoen van jou soort. Wel gedaan. Trots op jou!

Retha Roux ·

Eckhard, Suid Afrika is trots op jou, om nie jou humeur te verloor nie en maar net rustig voort gegaan

Jeremia ·

Dis ‘n jongman wat my laat moed skep, sowaar!
In jou optrede is die boodskap: te midde van al die afbreek, kos dit waagmoed en integriteit asook volharding.
‘n Hoë prys om te betaal, maar mag daar vorentoe meer wees was saamstaan.

Max ·

Kom ons Echardt hulle. Raai wie het die rondte gewen. 200% vir jou jongman. 200. Goeie werk. As elkeen net een papier optel, sal dit ñ verskil maak. Ons bly oorkant ñ oop veld. Mense ry hier verby, dink dis ñ ashoop. Nie wie nie? Alle kleure as ek mag sê. Was geskok om te sien wie almal. Dan maak ons maar weer skoon. As jy selftrots het, sal jy skoonhou.

aj ·

Hulle … morsig, dronk van MAGSWELLUS … !

Hy …. vlymskerp, vreesloos, effektief!

Twee wêrelde!

Erich ·

Ek dink enige ouer sal baie trots wees op sy kind wat so in die openbaar tentoonstel watter goeie opvoeding hy hehad het en sy eie persoonlikheid wat so sterk na vore gekom het. Ek is seker hy is n student wat baie goeie resultate op universiteit behaal. Wat my teleurstel is dat die ander blanke student hom nie ondersteun het nie maar duidelik hom probeer keer het om aan te gaan om die vullis op te tel. Ek hoop jy pluk baie vrugte uit hierdie optrede van jou. Definitief meer as wat die twee wat by die asblik staan ooit sal bereik. Maar nou ja – dit is waarvoor BEE daar is.

A Mac ·

Welgedaan aan die jong man. Net jammer dat ander omstanders wat dieselfde soos hy voel en sou/wou reageer nie die moed van hul oortuiging gehad het om hom te volg en te help nie, dalk omdat hulle bang was/is om uit te staan as anders as die vernielsugtige hordes.

Sylvia ·

Mensig ons mense is kortsigtig , hierdie is so ‘n opgestelde video, dit is absoluut onbelooflik, dat mense nie daardeur sien nie, , werklikwaar!!!!!

Philip ·

Dink net hoe slordig en vuil daardie twee eff vrouens se huise moet wees….hulle weet niks van skoonmaak !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.