[Video] ‘Skietvoorval’ op plaas: Gemoedere loop hoog by hof

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

Gemoedere het Vrydag hoog geloop by die Brits-landdroshof waar ʼn man verskyn het in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing.

Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu van Majakaneng en poging tot moord op sy twee vriende, het weer in die hof verskyn waar hy om borgtog aansoek gedoen het. Die hofverrigtinge is egter vertraag nadat ʼn hewige rusie oor sitplek tussen die inwoners van Majakaneng en Benson se vriendin en ondersteuners ontstaan het.

Na wat verneem word het Benson se vriendin plek vir haar ma gehou wat uit die hof gegaan het. Toe ʼn ander vrou daar wou sit en sy aangesê is die plek word vir iemand uitgehou, het ʼn argument ontstaan.

Daar was ʼn oor en weer geskree in die hof en die hofbeampte het tevergeefs probeer om die situasie in bedwang te bring. Job Dliso, provinsiale sekretaris van Cosatu in Noordwes, kon uiteindelik daarin slaag om die gemoedere te kalmeer. Die polisie se taktiese reaksie-eenheid is na die hof ontbied om orde te handhaaf.

Die staat voer aan Benson het Ndlovu op 2 Augustus geskiet terwyl Ndlovu glo saam met twee ander mans skrootmetaal op die plaas gesteel het. Maroela Media het vroeër berig lt.kol. Isaac Tlhapi, die ondersoekbeampte in die saak, het Vrydag aan die hof gesê bloed wat op die toneel gevind is, het positief getoets toe dit met bloed van Ndlovu se ma vergelyk is. Hy het ook gesê patroondoppies wat op die toneel gevind is, stem ooreen met die vuurwapen waarop daar op die plaas beslag gelê is.

Die mense in die hof het woedend gereageer toe Jeff Moyo, Benson se regsverteenwoordiger, sy kliënt se verklaring voorgelees het waarin hy stel dat daar hase en ape op die plaas geskiet word en dat die patroondoppies daarom op die plaas gevind kon word.

Die mense het Moyo ook uitgejou toe hy aan Tlhapi gesê het hy hits geweld in Majakaneng aan. Moyo het dit gesê nadat Tlhapi aan die hof gesê het niemand sal op Benson se ouers se plaas woon totdat Ndlovu se liggaam gevind is nie.

Tlhapi het aan die hof gesê dat die inwoners van Majakaneng ʼn gewelddadige betoging begin het nadat Ndlovu vermis geraak het. Die inwoners het geëis dat sy liggaam gevind word. Minstens vyf voertuie is aan die brand gesteek en die N4, R104 tussen Pretoria en Rustenburg en die R566 tussen Pretoria en Sun City is tydens die betoging versper.

Tlhapi het gesê die polisie het 15 sake van opsetlike saakbeskadiging aanhangig gemaak wat met die Majakaneng-betoging verband hou.

Hy het die verdediging se stelling dat Ndlovu lewendig en gesond is betwis. “Ons het opgevolg op die bewering dat hy êrens gesien is en het gevind die mense wat beweer hulle het hom gesien, het eintlik na die twee oorlewendes [van die beweerde skietvoorval] verwys.”

Betogers buite die Brits-landdroshof waar Matthew Benson verskyn het. Foto: Molaole Montsho/ANA

Tlhapi het gesê ʼn boer wat hy net as mnr. Lawrance geïdentifiseer het, het aan hom gesê Benson het hom gebel om te kom help omdat daar misdadigers op die plaas was. Toe hy op die plaas aankom, het hy na bewering vir Benson in besit van ʼn 9 mm-pistool gevind. Hy het ook gesê twee van Lawrance se werknemers het aan die polisie gesê hulle het skote gehoor wat van Benson se plaas af gekom het.

Hy het gesê Lawrance is ʼn sleutelgetuie en indien hy nie ʼn bejaarde man was nie, kon hy om veiligheidsredes in ʼn getuiebeskermingsprogram geplaas word. “Ek het belowe om alles wat ek weet aan die hof bekend te maak, daarom het ek nie die inligting wat ek by Lawrance gekry het weggesteek nie,” het hy gesê.

Tlhapi het aangevoer Benson kan met die ondersoek inmeng omdat hy weet Lawrance sal ʼn getuie wees.

Benson se borgtogaansoek sal op 27 September hervat. Die staat staan sy aansoek teen en hou vol dat hulle ʼn sterk saak teen Benson het, terwyl die verdediging sê die staat se saak is swak.

As die video nie speel nie, kyk dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Skybird ·

Kyk nou net, mooi geleer by die parliament se barbaarse optrede, stilswye is ook ń antwoord.

Anita Wandrag ·

Eskom het die Nylstroom Munisipaliteit tot 26 Sept gegee om hul agterstallige krag rekening te betaal, die Munisipaliteit het pas R4 miljoen betaal
Ek skryf hier names al die “prepaid” kragmeter inwoners – Het ons geen regte nie? Ons moes “disconnection fees” betaal toe ons “prepaid” meters gekry het, ons koop VOORUIT ons krag, waar is ons geld? Nylstroom Munisipaliteit moet ons antwoord…. En dadelik asb!!!
Dit is ongetwyfeld diefstal en skending van my grondwetlike regte!!!

janvanriebeek ·

Kontak jou provinsiale regering en praat met mense by Cogta , hulle is in beheer van munisipaliteite

Cherokee ·

Maar Anita, toe jy ‘disconnection fees’ betaal het moes die munisipaliteit die elktrisiteitsdeposito wat jy oorspronklik betaal het, aan jou terug betaal en dìt dek omtrent die kostes vir die voorafbetaalde aansluiting.
Die afleiding is (egter) dat as die munisipaliteit besluit om as strafmaatreëls beurtkrag toe te pas weens onbetaalde verbruik, sluit dit voorafbetalers in.

De Villiers ·

Ek wonder hoeveel van hierdie betogers was al by een van die duisende hofsake waar onskuldige boere en/of hul vroue en kinders wreedaardig vermoor is, ter ondersteuning dat plaasmoorde moet stop?

willie ·

Nou praat jy! Onskuldige boer wat nie besig was om te steel nie!

Jacqui ·

Jy kan seker ook vra hoeveel van ons was daar. Ons vat mos maar alles op d ken

Johann Marx ·

De Villiers, wat gebruik jy? Hierdie betogers sal net by ‘n plaasmoord hofsaak opdaag om die beskuldigdes te ondersteun. Hulle’s mos nou nie deel van die “slagoffer” groep nie? Jacqui…..slaat jy nou die spyker op sy kop, of wat?

Wonder ·

Johann Marx. Waaroor kerm jy man. Lees wat sê De Villiers. Dit kom op presies dieselfde neer, hoe lees jy dan?

Frikkie (Nie pienk) ·

Dit wil al voorkom of Matthew Benson ‘n Ramaphosa-padda kan wees.

De Villiers ·

Johann. Vir my gaan dit oor integriteit. Die een wat geskiet is was besig om te steel. Ek sê nie dit was reg om daarvoor op hom te skiet nie, maar dit sou nie gebeur het indien hy en sy makkers hulself nie met kriminele aktiwiteite besig gehou het nie. Die uiteinde kan iets wees soos wat gebeur het. Nou word die vermeende krimineel se belange met hierdie optog voorop gestel. Plaas gaan die optog juis daarom om misdaad, soos om te steel, stop te sit.

Johann Marx ·

De Villiers, regtig? Integriteit? Wat laat jou nog steeds, na 20 jaar van meerderheidsregering glo in die “integriteit” van mense? Gaan lees weer die artikel (ja, ook op ander platvorms). Die “optog” gaan nie oor “misdaad bekamping” nie….dit gaan oor ‘n heksejag op die blanke man, wat nou “verdink” word van ‘n moord wat nog nie bewys kon word nie, omdat daar geen lyk gekry is nie. Die optog-gangers is daarop uit om amok te maak, af te breek, brand te steek, ‘n keel op te sit, en het alreeds die blankes veroordeel…..maak nie saak wat die regstelsel bevind nie. En jy hamer op “integriteit”? Jou naïwiteit is so teleurstellend.

HPV ·

Hierdie aanhitsing tot opstandige optrede word slegs as verskoning gebruik om te plunder, vernietig en te steel. Aanloop tot ‘n tweede Rwanda! Wetsgehoorsame mense moet hulself begin mobiliseer om hulself te verdedig.

De Villiers ·

Johann, raak rustig. Ek stem met jou saam, dis presies waar ek probeer sê en voel, maar jy lees dit nie raak nie.

andrea van vuren ·

Johann Marx, ek volg altyd jou kommentare met groot belangstelling. Dankie vir jou weldeurdagte wysheid en die ferm wyse waarop jy antwoorde verskaf wat op ware feite gebaseer is. Moenie ophou nie.

Eish ·

Die video getuig van n vlak van ongekende onverdraagsaamheid. Wanneer n klein dingetjie soos n sitplek uithou sulke gedrag tot gevolg het, wonder ek eenvoudig waar is die stille meerderheid wat sommige artikelskrywers so liries oor raak. Dit bestaan eenvoudig nie hier waar die tyres en teer bymekaarkom nie.

Leahim ·

Werkloses wat die hele dag elke dag net rondsit vir kwaadgeld en sodra daar n hofsaak is dan gaan hulle in die hoop om miskien verniet n t hemp te kry

Leahim ·

En al wat ek sien in die video is n klomp bang boere wat doen hulle dan daar as hulle te bang is om konflik te hanteer

Susan ·

Snaaks hoevwit mense nie borgtog kry nie maar swart mense wel…….

willie ·

Leahim jy maak ñ baie roeklose onverantwoordelike stelling!

Boet Fasie ·

Lawrance beweer Benson het hom geskakel om te kom help omdat daar misdadigers op die plaas is en toe hy daar kom het Benson in besit van ‘n 9 mm pistool gevind. Natuurlik sal hy ‘n vuurwapen in sy besit he, want daar is misdadigers op die plaas en hy moet homself beskerm . Dit is juis hoekom hy sy buurman of vir Lawrance geskakel het om te kom help- sekerlik het hy hom nie gebel om rugby te kom kyk nie. Lawrance het die vuurwapen gesien en werkers het 2 skote gehoor, maar wat het van die lyk geword, as Lawrance vir Benson gevind het nog met die pistool in sy besit, dan moes die liggaam ook nog daar gewees het, hetsy gewond soos sy makkers vertel het of dood.

Spyker ·

Leahim….pasop vir die stellings wat jy maak .Bly jy Dan nie in Duitsland nie…bang boere my agterend…

Tog so moeg vir die onreg ·

Dink!!!! Dink!!!!! Ons boere word een na die ander uitgemoor !!!!! Wat word daarvan ?????????? Asseblief julle boere mense ‘n oog vir ‘n oog. Ons is moeg !!!!!!!! Wie van ons breek vannag ‘n venster, skop ‘n deur af, wurg, skop, brand met ysters en kookwater, verkrag, …. en so kan mens aangaan by “hulle” die verontregtes – besluit ons om vanaand in die werker se plaashuis in te gaan, ‘n selfoon te steel, die mense tot die dood toe te martel en dan die doodskote – ry in rustigheid met bloeddddddd aan hulle hande, met die boer se voertuig weg. Ag hulle haat !!!!!!! elkeen van ons !!!!! Maar hulle is nie in beheer, ons Vader is die Oppergesag van SA. Julle wat steel, roof en moor se dag sal kom. Dis JULLE skuld dat ons kinders, ter wille van hulle kinders , na ander veilige lande gaan. Hoekom ? Hierdie mense sien òns nie oor nie, en so sal ons kinders ook vlgs hùlle gesien word as die wat skuldig staan saam met Jan van Riebeeck. O Here ons gaan deur baie trane met ons kinders so vêr …… maar Here U sien die onreg wat aan ons mense gedoen word, ….. daar sal ‘n dag kom.

Manie ·

Ek wonder as die kriminele wat erken het hulle was daar om te steel miskien gesê het hulle was daar om te moor of die polisie ook so verby sal kyk na hulle kriminele aktiwiteite soos nou. Geen vrae word gevra oor hulle kriminele aktiwiteite

Andreas Meyer ·

Lyk vir my die eenheidsstaat-demokrasie het net so lank gewerk to hulle nog kapitaal van die ou Suid-Afrika gehad het. Nou verbrysel dit maar stadig en die wind gaan dit soos sand weg waai.

Spyker ·

Daai is nou n puik “video”!kan niks verstaan of regtig hoor nie…net n gehoop van skreeu en raas.kyk hoe sit die wit mense en respekteer die hof.jy wil somtyds net jou kop verloor en mense n warm klap gee…komaan kry order.

Leahim ·

Hierdie sirkus sou nooit deur n Duitse hof geduld word nie nie eers in Namibië sou dit gebeur het nie

Wonder ·

Johann Marx. Waaroor kerm jy man. Lees wat sê De Villiers. Dit kom op presies dieselfde neer, hoe lees jy dan?

Pieter ·

Iemand word ‘glo’ geskiet en dis n affêre n boer word in die kop geskiet n boer word voor sy kinders geskiet n boer word voor sy veou geskiet…en….en…niks net niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.