[Video] Skok-video oor padveiligheid uitgereik

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Grafiese video oor padveiligheid wat deur die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke uitgereik is, het gemengde reaksie van kykers ontlok.

Die video, wat sedert sy bekendstelling wyd op sosiale media gedeel word, word deur sommige sosialemediagebruikers geloof vir die eerlikheid en effektiwiteit daarvan. Ander meen die video is te grafies en kan mense moontlik traumatiseer.

Donald Grant, die Wes-Kaapse minister vir vervoer en openbare werke, het in ʼn verklaring gesê die video vorm deel van die “First Kiss”-veldtog wat radioadvertensies, advertensieborde en plasings op sosiale media insluit.

“Navorsing het bewys dat die besluit om nie ʼn veiligheidsgordel te dra nie ʼn besliste pad tot die dood of ernstige beserings kan beteken. Wanneer ʼn motorbotsing plaasvind en die insittendes is nié vasgegordel nie, hou hulle aan om te beweeg teen dieselfde spoed as wat die motor gery het toe die botsing plaasgevind het. Hulle word in die raamwerk van die motor of teen die ander insittendes vasgeslinger en die gevolg kan noodlottig wees,” het Grant gesê.

“Ons kan almal deel daarvan wees om ons paaie veiliger te maak as ons net die lewensbelangrike besluit neem om vas te gordel.”

Volgens Grant is die advertensie oor twee dae in Woodstock en die Bo-Kaap verfilm en werklike verkeersbeamptes, forensiese patoloë, noodpersoneel en brandweerpersoneel het aan die advertensie deelgeneem.

[WAARSKUWING] Die advertensie is skokkend en grafies van aard. Dit is nie vir sensitiewe kykers bedoel nie en diskresie word aanbeveel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Linda ·

Dis reality. Hoop die mense wat dit offensive vind dink 2 keer.

A ·

Kry hoendervleis elke keer as ek na hierdie advertensie kyk. Dis di realiteit van SA paaie, jy moet ni net vi jouself bestuur ni maar vir almal wat op di pad is ook… wees veilig, so maklik soos dit!

Anna ·

Dit is omdat ons te bang is om mense te traumatiseer dat so baie ongelukke gebeur. Wat is meer traumaties, die video te kyk wat ‘n ongeluk uitbeeld of die werklikheid van ‘n geliefde verloor a.g.v nalatige of roekelose of onverantwoordelike bestuurders. Dit is tyd om wakker te word en realiteit te aanvaar.

Bietjie ·

Grafies ?
Hey hierdie video is nie die werklikheid!
Wat van “Farm murders South Africa” op Google Images !
Dit is grafies :
Dit is die werklikheid !
Pasop vir oor sensitief wees vir tonneelspel en die werklikheid ignoreer .
Dit is volksmoord ! Wat gebeur daaroor ? Hoe sleg moet dit gaan voordat die werklikheid besef word oor wat op die paaie aangaan en wat met die minderheid gebeur? Wanneer gaan die minderheid mekaar regtig help ?
Hoe grafies moet dit wees /gaan voordat alle verskille oor die hoof gesien word ?
Krag lê in werklik saam staan !!!!!!!

Johan ·

Nie so goed nie. Almal is dood. Met of sonder veiligheidsgordel. So, wat leer dit jou? Moenie ñ fout maak nie. Ek glo in veiligheidsgordels.

Jan ·

Hulle gee spoed en dronkenskap die oorsaak van al die ongelukke maar ek sê vir jou wat ook bydrae tot ongelukke is beeste ,skape,bokke potholes,voetgangers en strepe op die pad veral in poepalanga.

Eddie ·

Stem saam Jan, en ook taxis wat gedurig kop aan kop botsings veroorsaak omdat hulle nie glo aan padreels nie.

Ethel ·

Ek sukkel om my n seuntjie te leer om sy veiligheidsgordel vas te maak. Hys nou sewe. Voor in d motor is hy getrou maar nie as hy agter sit nie. So is d adv aan een aand en hy sien dit…. ja dis grafies maar dis n werklikheid. As hy nou inklim is sy sitplekgordel aan voor ek nog kan vra…. nou moet jul nog net drank advertensies opsit wat d gevolge daarvan wys….motorongelukke, losbandigheid, geweld, molestering, moord ens ens….

Minette ·

Dis jou seuntjie en dis nie onderhandelbaar nie. My kids is al so gewoont dat hulle ontsteld raak as daar nie n belt is nie bv op n bus.

Dirk Ligter ·

Gin wonder hul gebruik die veiligste en ikoniese legendariese motor, die W 123 MB vir hierdie advertensie nie. Steeds die veiligste motor in die wereld. Diegene wat hul ken, sal weet waarvan ek praat! Slegs 1.32% mense wereldwyd wat in ongelukke met hierdie legendariese motors insittend betrokke was, het gesterf! n Merkwaardige feit!

Griki ·

Ek hoop almal wat honderde verskonings het waarom hulle nie ‘n sitplekgordel wil/hoef/nie sal dra nie, sien hierdie advertensie. Julle stel ander se lewens ook in gevaar deur julle selfsugtige weiering om sitplekgordels te dra. Hoe moeilik kan dit nou wees?

louis ·

ek was self in n kop aan kop botsing waardeur ek deur die windskerm is en dit was maar op n spoed van sestig en die passesier was.van daai dag af sit ek altyd my veilgheids gordel a an.hul maar meer sulke advertiensies wys.

Langtand ·

Was Vrydag oppad vanaf Hoedspruit na Pretoria! Dit is skokkend die toestand van die hoofpad, veral vanaf Orighstad na Lydenburg! Daar is meer kolkgate as teer!
Die padgebruikers het geen idee van sperstrepe nie, hul ignoreer dit en jaag net voort! Ek het gewonder hoeveel van die mense het wettige lisensies!
Ek verstaan dat die verkeerspolisie oral ontplooi is, maar hul het geskitter in afwesigheid! Vanaf Hoedspruit nie een gesien nie! Op N1 het ek n voertuig gesien , maar die beamptes was in n koma in hul voertuig!
Hoe op dees aarde maak mens die gemors reg? Ek dink 50% mense ry sonder wettige lisensies, ander kan nie sien nie en meeste is totaal dissiplineloos!
Die paaie is n nagmerrie!

Riaan ·

Ja dit is deel van n probleem maar ons sit met net so Groot probleem van padveiligheid in ons dorp windsorton in die noord Kaap vragmotor bestuurders jaag deur die dorp en hou nie by die spoedgrens nie , Dis net n kwessie van tyd of Hier is n ernstige ongeluk , beeste en boerbokke van woongebied loop ook heeldag op of langs die pad ,

Riaan ·

Ja dit is deel van n probleem maar ons sit met net so Groot probleem van padveiligheid in ons dorp windsorton in die noord Kaap vragmotor bestuurders jaag deur die dorp en hou nie by die spoedgrens nie , Dis net n kwessie van tyd of Hier is n ernstige ongeluk , beeste en boerbokke van woongebied loop ook heeldag op of langs die pad ,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.