Foto’s en video: Skokgranate op EFF-lede gevuur

Lede van die EFF druk deur polisiebeamptes om die gebou van die provinsiale wetgewer te betree tydens 'n betoging op 22 Julie 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Lede van die EFF druk deur polisiebeamptes om die gebou van die provinsiale wetgewer te betree tydens ‘n betoging op 22 Julie 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie het Dinsdag met skokgranate op lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) losgebrand toe hulle die gebou van die provinsiale wetgewer in Johannesburg wou betree.

ʼn Groep van ongeveer 50 ondersteuners het aan die deure van die wetgewer gehamer en gebreekte bottels teen die gebou gegooi. Ander ondersteuners het toegekyk en gesing.

Nadat die skokgranate gevuur is, het die groep weggehardloop. Hulle het plastiekbottels in die straat opgetel en die polisie daarmee bestook.

ʼn Aankondiging is van ʼn vragmotor gemaak en diegene wat aan die deur gehamer het, is versoek om dit te staak, aangesien ʼn vergadering tussen Julius Malema, leier van die EFF, en beamptes van die wetgewer aan die gang was.

Malema het Dinsdag ongeveer 2 000 lede in ʼn optog na die wetgewer gelei om te betoog nadat LPW’s van die EFF tydens ʼn sitting op 1 Julie versoek is om die gebou te verlaat weens die rooi oorpakke wat hulle aangehad het. Malema en sommige van die lede het vroeër deur ʼn ketting van polisiebeamptes gebars en die gebou bestorm. Die deure is gesluit om ander te verhoed om in te kom.

EFF-lede het gesê Malema sal nie die gebou verlaat totdat hy met speaker Ntombi Mekgwe gepraat het nie. Hy het glo geweier om met die adjunkspeaker te vergader.

Die video volg onderaan die galery foto’s.

Die video is deur die gebruiker Anton Meijer op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HEVW ·

Ja, ons geliefde Vaderland Suid – Afrika. Wat is in die toekoms verborge?Dit vra nie veel van n profeet om dit te voorspel nie.

Trippie ·

Daardie gemors, liewe genade, dis mos … barbaars. Wie maak skoon ? Waar sal ‘n blanke persoon hom- haarself so wangedra en dit nog in publiek.

SIES !

Grassie ·

T..Ek dink hierdie is maar net die begin. Hef aan lê nog voor.

Groetnis.

Oom Jaap ·

Ag as ons maar net weer ‘n land van ons eie kon hê waar ons in vrede kan leef sonder die geweldige vrees wat ons harte elke dag versplinter.
My moeë hart smag daarna om die lied van my volk te sing onder ‘n vlag van ons eie.

Gideon Erasmus ·

Om ‘n pragtige opgeboude land in net 20 jaar te vernietig is ‘n skande!
Buiteland waar is julle? Hoekom hoor ons nie dat julle dit wat gebeur veroordeel nie, julle loop met oogklappe!

Christo ·

Waarom is almal nou ewe skielik so geskok .
Malema pas net die taktiek toe wat hy by die ANC en Vader Jacob geleer het.
Die verlore seun is terug in die stoel en gaan sy leermeesters met rente terug betaal .

Theresa ·

Hulle is almal siniel. En dis nou mense wat in die Parlement sit. Wat ‘n helse grap.

Marietjie ·

Malema is ‘n baie gevaarlike man wat die jeug sal opsweep en ‘n voorbeeld stel en die res van sy skape sal volg. Nou sit hy nog in die Parlement ook. Een van die dae koek sy party en die ANC weer saam soos broeders van ouds. Hoe hard mens ook al probeer, kan daar niks goed meer kom van SA kom met EFF en ANC mentaliteit nie. ‘n Burgeroorlog is ons voorland.

Phillip Fourie ·

Miskien is dit tyd dat Afrikaners en ander goedgesinde mense in Suid-Afrika dieselfde taktiek gebruik om hul plek in die land te eis. Dit help nie om hier en daar ‘n briefie te skryf of om om die braaivleisvuur krokodiltrane oor die stand van sake in ons land te betreur nie.
STAAN OP EN BESKERM JOU REGTE. OM TE Sê BLANKES SAL NOOIT SOOS DIE “EFF” OPTREE NIE IS NET RASSISME EN Lê BLOOT DIE HULPELOOSHEID VAN ONS MENSE.
MALEMA IS MISKIEN ROEKELOOS EN ONBESKAAFD MAAR KYK ‘N BIETJIE WAT DIE MAN VERRIG. ONS HET STERKER LEIERS NODIG.
STAAN OP. STAAN OP. STAAN OP!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.