[Video] Skool gesluit ná brand

Foto: Twitter via @robynschippers

Foto: Twitter via @robynschippers

Die Wynberg Boys’ High School in Kaapstad sal vir die res van die week gesluit wees nadat ʼn brand in die vroeë oggendure by die skool uitgebreek het.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapstadse brandweerdienste, het gesê brandbestryders is omstreeks 01:00 na die skool ontbied. “Een van die akademiese vleuels van die skool is geraak, spesifiek op die tweede en derde verdiepings. Brandbestryders kon daarin slaag om die vlamme te blus en was nog tot 05:00 vanoggend op die toneel,” het Layne gesê.

Hy het gesê die oorsaak van die brand kon nog nie vasgestel word nie. Niemand is in die brand beseer nie. Die omvang van die brandskade moet nog vasgestel word.

Die skool het op sy Facebook-blad die voorval bevestig en gesê die skool sal Donderdag en Vrydag vir leerders gesluit wees ter wille van leerders se veiligheid. Leerders is na die skool se aanlyn leerprogram verwys vir verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

Word skole nou in die Wes-Kaap ook afgebrand? Daardie skool is nogal in n oorwegend wit woonbuurt. Dis n skande

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.