[Video] Skool in sop oor lyfstraf

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Privaat skool in Bloemfontein word straks deur strafregtelike én siviele optrede in die gesig gestaar nadat bewerings van lyfstraf op die skoolterrein op die lappe gekom het. Leerlinge van die Headstart High School sê dis nie ‘n ongewone verskynsel om ‘n loesing by hulle skool te kry nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n oorspronklike naam “Headstart” menende om die kop aan die gang te kry oftewel te “start”. Jy begin aan die anderkant van die leerling wie se kop “start”-traag is.
Wonderlik om te sien hoe daardie massering van die boude deurwerk tot aan die kopkant.
25Jaar na matriek het een leerling sy wiskundeonderwyser geprys met: “Dankie mnr. L@$ge dat jy my deur wiskunde gedøññęr het anders sou ek nie matriek geslaag het !”
Dis nou dankbaarheid.

Etienne ·

Ja-nee. Spaar die roede…… Daar moet net goeie beheer wees, want sommige onderwysers gaan te vêr.

Danie Dercksen ·

Etienne in watse Era is jy gebore….Dis die beste wat daar ooit was.

Cum Laude ·

My volle ondersteuning! Bring terug daai lat? Pain modify behaviour. Geen pyn, te veel lyn!
Hoe mis ek skool nou! Geen bekommernis, net gatvel adrenalien.

Barry ·

Dat baie onderwysers en ouers hul self te buite gegaan het met lyfstraf is so,wat dan van die wat weet om nie n kind aan te rand nie want dit raak dan n kermenele saak,ek glo n pakslae op regte tyd is reg.

Se ook so... ·

Ek stem heeltemal saam, bring die lysfstraf terug, en gooi die ewige debiet punte stelsel weg, kinders van vandag het geen respek, of maniere, of waardes, dit is in ons in geslaan…..tyd dat die kinders weer bietjie tot orde geruk word, ek as n vrou het pak op my hande gekry, en glo my dit maak groot nie dood nie!! het nou die dag vir my Seun se onderwyser gese, ek gee hom toestemming om hom pak te gee….hy het hom dood gelag, want hulle word so gou soos nou geskors as hulle net waag om vir ons ou spoiled brat’s skeef te kyk, pateties!!!

Cum Laude ·

Hi Katrien. Nee stadig nou. Ons is goed gefoeter maar nie dik gefoeter op skool. Ek en my kinders is nou groot, het grade, goeie maniere en fantastiese lewens. Dankie pakslae! Ek sè wel NEE vir mishandeling in enige slu vorm.

Katriena ·

Dankie Cum Laude vir die regstelling. Ek wou eintlik ‘n ander woord as foeter gebruik het wat goed pas by dik maar dis beskaafde mense op die blad. Ek is bly jy en jou kinders is nou mooi groot met grade etc. Maar hoeveel van dit kan dit is direk verbind met lyfstraf. Ek vermoed bitter min. “A gentle hand guides the tree to produce flowers. Lots of flowers lots of fruits. A harsh hand breaks the tree resulting in no flowers. No flowers. No fruits”

Martin ·

Katriena, doen jy dit dan so. Jy klink ook na een van daai gehoorsame ouers.

Wilmarie ·

Ek stem! Bring lyfstraf terug in skole. Die kinders van vandag het geen maniere of respek nie. Daar is n verskil tussen n pakslae op n kind se boude en mishandeling!

Bloues ·

Die skoolhoof se rotang ws AL rede hoekom ek nie wou swak doen in toetse en eksamens nie. Was dit nie vir daai rottang nie sou ek nie matriek gemaak het nie.

Jaap ·

Die nadeel van lyfstraf is, kinders met dissipline wat ook gehoorsaam is. Dit veroorsaak dat daar ń atmosfeer geskep word waar kinders stil sit en oplet in die klas. Daar is ń groot verskil tussen mishandeling en lyfstraf.

Jan maak n Plan ·

Ek het ook oor genoeg pakslae op skool gekry – soms het ek dit verdien en soms “bitter biter min” nie, maar my goud het nie afgesmelt of lei ek aan sielkundige en geestelikke afwykkings nie. As ‘n kind se ore toe is, maak dit deur sy sitvlak oop. Daar staan ook immers gekrywe in die BYBEL – tugtig die wat jy lief het. Ek verstaan dat party onderwysser hulle te buite gaan maar ‘n spesiale struktuur kan in plek gestel word daarvoor ook.

Winston ·

Stem saam met lyfstraf om op te regte pad te bly. In my dae was dit onder toesig en aangeteken. Dit het baie van ons “manne ” op die pad gehou. “Kickstart to get Headstart”

neelsie ·

Dis tog die enigste manier wat party mense verstaan.
Weet nie hoe vandag se onderwysers dit uithou nie!
Sterkte aan almal in die beroep.

Pernankie ·

My kleindogter is in een van Pretoria se spog skole en glo julle nou maar vir my, om te hoor en te beleef hoe leerlinge met onderwysers praat en hulle sonder enige respek behandel, klasse ontwrig en sommer net doodeenvoudig nie eers klasse bywoon nie, gaan my verstand te bowe. Ons was gewetter op skool, soms sommer met die bordpasser met die “wing nut” na jou sterre se kant toe. Hel dit was seer! Maar glo my, my huiswerk en klaswerk was altyd gedoen in daai onnie se vak, om nie te praat van my punte wat sky high was nie. My broers het ‘n strepie aan die binnekant van hul skoolbaadjie se lapel gemaak vir elke hou wat hulle kry, dit het soos snakes ‘n ladders gelyk na elke jaar, maar ons is nie dood nie! Ons is deur die skool en het geen sielkundige letsels hiervan oorgehou nie man! Vandag se kinders word soos sissies groot gemaak, dis hoekom baie van hulle drop outs word. Ek sê voeter hulle! “n Goeie pak op sy tyd, was nog altyd beter as brood en konfyt!

Nic Grobler ·

Die onnie in die video swaai nie eers die lat behoorlik nie, dis net ‘n piets-piets. Hy kan doen met ‘n bietjie opleiding!

Theresa ·

Ek stem dat die lat teruggebring moet word. Die onderwysers kan ook nie meer met die onopgevoede spul sukkel nie. Kyk hoe gaan dit deesdae. Dit is omdat die ouers GEEN opvoeding meer doen by die huise nie. Selfs die kleinstes is arrogant en het GEEN respek vir grootmense nie en doen al klaar net wat hulle wil. Gee vir die onderwysers weer daardie magtiging want iewers moet die kinders maniere kry. Ek het die Hoof van die betrokke skool se opmerking gehoor op TV. Ek kon my ore nie glo nie. Daardie uitlating is maar net om sy %$#@ te beskerm.

MM ·

In my dae op skool as hulle iemand net vang rook het was hy / sy geskors en geen ander skool vat jou dan ook in nie. Onderwyser vloek of aanrand was jy geskors, maar vandag se ouers maak mos hul kinders op die …….” ag siestog ag shame” manier mos groot. Kinder vloek hul ouers dan word dit gese …. dis maar hulle persoonlikheid of moet my net nie weer voor iemand vloek nie. Met ander woorde kinders kry die SWAK maniere by hul ouers hulle word so opgevoed.

Roelof ·

Ja nee, Dis hoekom daar DRUGS in Skole is, En kinders GEEN respek het vir ouer mense nie. En dis Hoekom die land se youth presies doen wat hulle wil… 99000 TEEN pregnancy’s in one year!!! Dis HOEKOM!!! DIE LAND IS OP PAD AF EN VINNIG OOK!!!

Susan ·

ons kinders van vandag is net te groot vir hulle skoene. Respek, dissipline en gehoorsaamheid is definitief nie deel van hulle daaglikse “duties” nie. As ek ‘n onderyser was so ek nie lank gehou het in vandag se tyd nie, want hulle mag jou maar vloek, jou aanrand en ignoreer soos hulle wil want soos iemand gesê het, hulle is bedreigde spesies. Ek sê &%^$$ hulle dis sal definitief ‘n verskil aan die kind maak en ten goede.

Yvonne ·

Ek stem!!! Niks beter as ‘n goeie pakslae op sy tyd nie. Die kinders van vandag het net mooi geen maniere nie, wat nog van respek toon teenoor hulle ouers en onderwysers. Dis pateties. Geen huiswerk word gedoen, daar word terug gepraat en hulle probeer hulle bes om jou so te treiter en jou lewe nag te maak dis net nie eens snaaks nie. En moet asb net nie jou gesag probeer afdwing nie, want dan word daar op jou geskree en deure word toe geklap en dis net by die huis, Ek kry die onderwysers jammer, toe ons op skool was was die lat of die liniaal vir die meisies net die ding om ons weer aarde toe te bring. Ons is besig om onopgevoede, ongeskikte varke groot te maak, jammer om dit te se maar dis ‘n feit. Al wat jy kan doen is iets weg neem en dan lag hulle jou uit, Mense ons maak kinders groot wat ons eendag nog sal aanrand en ons hande is net mooi netjies afgekap. Kan nie glo ons jeug raak so nie. En daardie onderwyser tik net, dis nie ‘n pakslae nie, asb!!!

johan ·

Stem saam oor lyfstraf moet toegepas word en het nog niemand doodgemaak nie maar wel respek en dissipline geleer vir jou meerderes.Op ons dae is ons soms sommer gegooi met die swartbord uitveer maar jy het dan oom geweet jy praat nie in dai onderwyser se klas nie.

Eduard ·

My gat het baie gebrand dit het my tot my beste potensiaal gedryf BRING TERUG DAAI LAT IN PERKE NATUURLUK

maggie ·

Ek stem dat pak kry op sy tyd in my jong skooldae net die gewenste uitwerking gehad het. vandag se kinders het hopeloos te veel regte en nou moet ouers die vrot vrugte daarvan pluk.

ernest ·

En ek dog ek leef op ‘n “eiland” om vanmore uit te vind daar is nog ouers wat saamstem oor ‘n goeie pakslae ! Dis een van die gesondste kommentare wat ek nog by ‘n berig gelees het. Stig privaatskole met dissipline en los die ander “bevreesdes” om hulle eie probleme op te los, dan kyk ons watter kinders bring dit die verste in die lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.