[Video] Skool reageer ná baksteen-voorval

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Klag van aanranding word deur die polisie ondersoek nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn leerder by ʼn Wes-Kaapse hoërskool wat een van sy medeleerders met ʼn baksteen teen die kop gooi.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 11:00 by die Hoërskool Stellenberg plaasgevind en ʼn video daarvan word sedertdien wyd versprei. Op die video kan gesien word hoe twee seuns in ʼn woordewisseling betrokke is en een dreigend met ʼn baksteen in die hand nader kom. Hy gooi die baksteen en dit tref die 14-jarige seun teen die kop.

Dit is nie duidelik hoe ernstig die seun in die voorval beseer is nie.

Maroela Media het Donderdag versoek om telefonies met die skoolhoof te praat om meer inligting oor die voorval te kry, maar het slegs ʼn kort skriftelike reaksie gekry waarin die skool bevestig hy is bewus van die voorval. “Die beheerliggaam en bestuur beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en sal die prosedures soos deur die departement voorgeskryf volg om die kwessie aan te spreek.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word deur die Durbanville-polisiespeurders ondersoek.

Maroela Media het die kantoor van die Wes-Kaapse LUR van onderwys om kommentaar genader en wag op terugvoer.

Die voorval is die tweede van sy soort die afgelope paar weke by ʼn Wes-Kaapse skool. In Februarie is ʼn 13-jarige leerder van Laerskool Parow-Wes se wangbeen vergruis nadat hy na bewering onder ʼn boelie se vuiste deurgeloop het. Die aanrander is in hierdie geval geskors hangende ʼn ondersoek na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

Pieter Hattingh ·

Dit is poging tot MOORD!!! Het hy gedink n halwe baksteen is n klippie wat net sal skrik maak?
Arresteer hom en sluit hom toe, dis waar hy hoort. Maak nie saak of jy pienk of blou is nie.

Cynthia TREDOUX ·

As dit nou nie rassisme is nie…dan weet ek regtig nie……die brute….wreedheid…teenoor die blanke skool seun….ERG!

Stella Van tonder ·

Dit is as gevolg van n gewone klip teen die kop op 12 jarige ouderdom dat ek op 38 skielik epilepsie gekry het. Ek het harsingskudding gehad oor die klip episode en nooit het ek of my ouers besef hoe ernstig so kopbesering is nie. Dit is sommer n baksteen daai! Dit is poging tot moord in my opinie!

Pieter ·

Ek mis iets hier, sou dit die wit seun wees wat die baksteen gegooi het was al die media opskrifte “Rassistiese aanval by skool “, nou dat dit net omgekeer is word niks van rassisme ge-uiter nie!!!

Rob ·

Jy is so in die kol – die kaanse op ons voortbestaan is besig om al yler te word. Maar kom ons plaas die blaam waar dit vierkantig hoort, die NP polotici en hul meelopers en ‘n sekere pankop wat geweeg is en te lig in die broek bevind is. Mens moet maar bleddie onnosel wees om te dink dat die resultaat van oningeligte besluite ander sou uitdraai. Die gedagte aan ‘n Utopie in SA waar ons voorspoed, vrede en vryheid beleef in ‘n mengelmoes van kleure en geure is maar flippin naief.

Tana ·

Ek stem my seun was onlangs deel van n geveg by n skool.Wat hy wou stop en toe anders op geeindig het in rasisme en hy is geskors en die ander 3 manne ,wel skotvry!

Janie Monsieur ·

Dagsê Johannes17,

Dankie vir jou navraag!
Maroela Media maak na verwagting binnekort ‘n groot aankondiging hieroor – bly gerus ingeskakel!

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Annalien Pretorius ·

Dis waar – ek het ook dadelik daaraan gedink. Was dit nou die wit kind wat die swart kind met die baksteen gegooi het, het dit op TV nuus verskyn en al wat n minister was sou dit ten sterkste veroordeel het en al die gewone stories.

Susan Bredenhann ·

Dit is hoekom dit gebeur. Die swart kinders weet hulle sal niks/nothing/zilts/nada oorkom as die tipe ding gebeur nie….in teen deel hulle sal geprys word dat hulle dit gedoen het. Rassisme geld net vir wittes/blankes in Suid Afrika. As dit ‘n blanke kind was wat dit aan ‘n swart kind gedoen het, was dit nou al “all over the world” ge-adverteer, en die arme swart bloedjie was die teiken van wit-rassisme. Hierdie storie sal so dig moontlik gehou word, en as dit wel ondersoek word, sal dit geswaai word….. hulle sal op ‘n manier die skuld verskuif na die wit kind….. miskien aanvoer dat die wit kind daarvoor gesoek het(of iets in der voege), ens.. Maar hulle sal ‘n rede vind om dit te regverdig…..hoor my lied, want dis al oor en oor bewys As die insident vice-versa was, sou die hele wêreld daarvan gehoor het. Rassisme in SA is ‘n GRAP.!!

Ja nee ·

Daar gaan gese word die witseun het iets “rasisties”gese, en hy gaan aangeklae word en ons ander vriend gaan net verder voort gaan, kla aan vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, val n wapenlose seun aan, hate crime.

cor ·

Dit se alles van die opvoeding en voorbeeld wat ouers en gemeenskap stel geen respek vir n medemens, geweld is die antwoord van ‘n baie siek beskawing.

Joe Dreyer ·

Watter beskawing. Dit wil voorkom asof ons in die donker eeue leef.

Frik ·

Nou waarom word die kinders se gesigte verskans?? Die hele wereld het dit gister al gesien. Kan dit verwag as jy gesien het wat het gister in Gauteng gebeur. Terloops daar was nie blanke kinders daarby betrokke nie.

Gerd Lourens ·

Frik, wat het gister in Gauteng gebeur?

Hierdie is nie aanranding nie, dis eerder poging tot moord!!!

Ronel ·

Hy praat van die skool kinders wat winkels geplunder het. Was op die nuus ook gewees.

zahn ·

Ai tog, ek kan nie dink dat dit nie by ander skole as gemengde skole nie sal gebeur nie. Dis nie die probleem nie, die probleem is eerder dat die kind nie opvoeding gekry het nie. Niks met die skool te doen nie.

#HATECRIME!!!! ·

Maar dan mag mens niks se nie!!! As die wit seun die baksteun gegooi het dan het die ANC nou voor daai skool gestaan en toi toi!! RASIS!!!!

Magda ·

Die ouers het die regte ding gedoen om dit by die SAPD aan te melt en dan dagvaar die dept van onderwys en die kind se ouers, want hy is minderjarig .

Jannie ·

Die seun kan krimineel aangekla word, hy is oud genoeg om sy optrede te kan verstaan.

Vic ·

En as jy die Dept dagvaar, betaal die belastingbetalers – jy en ek. Dagvaar individue

Piet Snot ·

Jannie, ek’s nogal geïntereseerd in jou opmerking.
Sal jy omgee om jou aantyging van rassisme te verduidelik? Ek stel regtig belang.

Jannie ·

Ek doen maar Maroela plaas dit nie. Meeste van die rassistiese goed is nou verwyder sien ek.

Hanneshallo ·

Weet jy….? Snaaks genoeg wil ek ook graag verneem van wat of na wie jy hier verwys met jou term Rassiste/Rassisme?? Soms is ek in warboel van woorde orkane vasgevang, wanneer ek opmerkings soos joune lees….

Ida ·

Dit is kotsenswaardig. Die arme blanke kind sou sumier geskors word, en dit sou die voorblaaie van die Rapport gehaal het, en 10 bladsye in Huisgenoot!

Andre Huysamen ·

Daarom het ek al my steun aan Nasionale pers produkte so ver moontlik onttrek.

Jackie ·

Rassistiese aanval op wit seun en swart seun MOET geskors word, want as dit andersom was was die wit seun geskors. ‘n BAKSTEENGOOIER hoort nie in die skool nie, skors hom met onmiddellike effek, daar is GEEN regverdiging daarvoor nie. Stel ook ‘n siviele eis in teen die ouers laat hulle BETAAL!

Sarah ·

Jackie waar lees jy dat dit ‘n rassistiese aanval was, nerens word dit genoem nie, net dat twee seuns baklei het. is dit omdat jy sien dus ‘n wit en swart seun toe maak jy sommer die afleiding dit was rassisme. dink jy nie daar kan oor iets anders baklei geword het nie. wat die swart seun gedoen het is heeltemal verkeerd. maar moet liewer nie jou eie afleiding maak waaroor die geveg gegaan het nie

Jannie ·

Korrek, Sarah. Party mense is al so geindoktrineer met apartheid, baie ver van die pad af.

Conrad ·

Jackie, first I must condemn this insident as this type of behavior cannot be tolerated , but until we know all the facts we cannot make assumptions that it was racially based. It could quite easily have been a disagreement about a girlfriend . Let us all wait and see what the School has to report. I have full confidence in the principal and his governing body to do a comprehensive investigation, and then take the appropriate action. EVERYTHING IN SOUTH AFRICA IS NOT RACIST.

Jaques ·

Komaan julle, maak oop julle oe.
Indien dit die wit seun was wat die baksteen gegooi het, was dit aan dit groot klok gehang omdat dit onmiddelik as ‘n rassistiese aanval beskou sou word.
Hou op om die waarheid onder die mat in te vee.
Dis hoe ons land en politiek al almal ge-breinspoel het.

Piet Pompies ·

Volgens ‘n berig van ‘n ander instansie is die beskuldigde se vader ‘n regerings beampte.

gielie ·

hierdie een sin van jou, kan ‘n bladsy vol sê. Die skoolhoof moet maar vinnig iets sê oor die voorval. Dit is skokkend. Ons is besig om ons kinders in te skryf vir Gr8…

Frand ·

Dit wys dat blankes moet opstaan vir hulle self die hoof moet dringend af betaal wor d die seun moet aan gekla word nvir p oging tot moorf verskoon spelling

Glynis ·

Elsa, die onderwysers op skoolgrond diens moet toesig hou oor gemiddeld 1100 leerders (laerskool). Daar moet toegesien word dat die klomp barbare nie die toiletgeriewe afbreek nie, hulle moet kyk na die klomp wat skelm rook en fasiliteite aan die brand wil steek . Hulle moet keer dat daar nie gate in die drade gesny word en uitgeglip word nie. Ja, dit alles gebeur op laerskool vlak. Daar is te veel om te noem, maar vertrou my dat hulle nie hulle oë en ore oral kan hou nie.

tamboti ·

Gerd Lourens, ek het een berig of skimp op radio gehoor dat skoolkinders winkels in JHB geplunder het, kom aan MAroela waar is jul joernaliste?

Zelda ·

Deut 28:29 dit kom vir God se volk…..! Jes 8:14. Jer 2:19. Jer 10: 22 ! Wanneer gaan God se volk opstaan? Vat jou bybel op..Mr en mev. Leer die woord van God… weet wie jy is..en hoekom God sy volk staf en verdelg…….deut 31. Hoop u het die ouvertaling. God se woorde verander nooit. Die mens het dit aangepas by sy leefstyl. Ons is die land oorkant die riviere van kus. Sien Sefanje en Jesaja..

Johnny ·

Come on Vusi, where is the anc life’s condemnation of this racist attack? If a truthful tweet from Zille is seen as serious enough for action, what about this? Show your character, if you have any.

Sam ·

Hoekom is daar los bakstene op die skool terrein?En hoekom doen onderwysers nie meer terrein diens tydens pouses nie.Wonder of die mannetjie sy “vel-genoot” ook so met n baksteen sal gooi?

Verskaffer ·

Daar kan geen klip of baksteen rondlê en skielik sal die duiwel die verskaffer wees daarvan.

SARIE VAN HEERDEN ·

Zelda aanhalings en verduidelikings pas gladnie in hierdie gesprekvoering nie. Mense word moeg om aanhoudend Bybelversies en uiteensettings te moet lees. Antwoord wat ons kan doen om hierdie euwel uit te wis.

Sarah ·

Sarie ek giggel nou vir jou. Dus baie mooi gestel ek stem volkome saam.

Moeg ·

Die antwoord is eenvoudig, Oom Angus het die antwoord baie duidelik gemaak verlede week al.

Helene ·

Sarie, ek wil vir jou se: vandat die Woord nie meer n plek het in ons skole nie gebeur dinge soos hierdie sommer so ongemerk en raak ons so gewoond daaraan want daar is nie meer Geestelike vermanings nie. As mens, wie ookal, wit of swart of enige ander kleur die Woord gereeld en vroeg in die more hoor, waak Die Vader oor ons kinders. Ongelukkig verwag ons dit van die skole maar dit moet by ons huise gebeur. In die Woord staan dit duidelik ons moet dit by ons kinders inskerp. Kinders hoor nie meer die Woord nie. Wat ek wil se is dit:
Vat hierdie kinders wat anargie wil saai en hul haat wil uithaal op ander kinders uit die betrokke skole, plaas hulle in sorg van Maatskaplike werkers en leer hulle die waarhede van die lewe. Hierdie baksteengooier moet n les geleer word. Hy gaan sy ouers en geliefdes baie hartseer besorg eendag. Die ouers van die baksteengooier behoort hulle te skaam.

Yvette ·

Sarie, gaan lees dit asb.
Daar is net EEN wat die euwel kan uitroei.

Koos ·

Was dit andersom, ‘n wit seun wat ‘n baksteen na ‘n swart seun gooi, het die liberale pers voorbladberige oor die rassistiese aanranding gebasuin, die EFF het ‘n optog gehou, en die ANC het ‘n spesiale debat in die parlement aangevra. Nou is daar doodse stilte uit al daardie oorde, en word na “regverdiging” vir die aanranding gesoek.

Sannie ·

ń Vriendin se dogter, in Stellenberg, het verduidelik dat die twee nie-blanke seuns ń woorde wisseling met mekaar gehad het en die blanke seun het die een seun probeer bystaan om sodoende ń moontlike geveg te probeer stop sit. Die ander seun het weggestap en terug gekom met 2 bakstene en die blanke seun daarmee gegooi. Hy het glo ń vieslike gat in kop/nek opgedoen, waarvoor hy 7 steke moes kry. Die blanke seun is glo die seun van ń baie bekende karate instrukteur.

Dorethea ·

M. A. W. Blankes Mag niks doen nie,maar omgekeerd is is verkeerd. Is Dit net Ek of is die WET bietjie???? Rasisties opgestel. Wat Mis Ek?

Johan ·

CVO skole bly die antwoord. Maar mense soek sport bo veiligheid van kinders.

Renette ·

CVO skole is n mors van tyd en geld veral op die platteland

Lady in red ·

CVO skole het ook sport en meeste leerlinge doen baie goed in sport, sowel as die akademiese veld. Toets dit! Daar is baie sulke skole met koshuise

Boerseun ·

Renette,
verduidelik asb jou insig raakende die CVO kwessie? Dit klink of jy weet wat daar aangaan.

Tish ·

Ek is geskok. Plaas die foto-video ook oorsee soos die ou wat in die kis was. Oorsee weet en sien nie alles wat hier in ons land aangaan nie.

Ampie ·

Lyk vir my soos NOG ‘n rasseaanval van swart teenoor wit.

Liza ·

En wat ek wil weer is waar is die onderwysers wat toesig moet hou?

JT ·

Is hul toesighouers of onderwysers? As hul laasgenoemde is, sal hul hopelik in klas besig wees om kinders te leer. Dit is NIE onderwysers se plig om kinders maniere te leer nie….dit moet sy ouers doen.

gielie ·

net nog ‘n ding: wie het afgeneem? wie het geweet om betyds te begin afneem? En wie het toestemming gegee vir die verspreiding van die video?

Ella ·

Dis ongelooflik hoe almal afleidings en aannames maak, en die politiek en miljoene ander goed insleep by die saak, sonder dat daar ‘n amptelike verklaring met die waarheid uitgereik is. Klink werklik soos ‘n klomp mense wie nie genoeg het om hul besig te hou nie? Nee wat!

jessie ·

ja nee daar sal niks van kom nie glo my ek is die laaste 3jaar daar deur want my seun is so geboelie deur kinders en ja swart kinders en elke keer wat ek kla word daar net gesê hulle sal met die kinders praat, maar die onderwysers is te bang vir die kinders en doen niks maar sal niks omtrent enige iets doen nie kinders het nie respek meer nie, en omdat teen ‘n wit kind gedoen is sal NIKS van die storie kom net mee gepraat word en sal weer n ander skool wees om dit later net weer te doen, dit is hoekom ons nou homeschooling doen. Ek hoop die kind se ouers hou voet by stuk. moet dit nie net daar los nie.

Theuns ·

Sarah en Jannie….miskien kan ek meer duidelikheid rondom die voorvak plaas.My dogter is in die skool en die getuies wat daar was het gese dat die swart seun aantuigings gemaak het en aan die seun vertel het hy het al n swart belt karate man uit geslaan….aangesien die seun Springbok karate man Hennie Bosman se seun is….Daar was n woordewisseling tussen die twee seuns waarop die swart seun begin het om rassistiese aanmerkings op die wit seun te maak.Die wit seun het hom blykbaar menigte kere gevra om dit te stop waarop die swart seun nie gereageer het nie.Dit het ontaard in die voorval wat op die video gesien is.Soos ek verstaan is daar n klag van rassisme ook teen die swart seun gemaak.

Asjas ·

Dan gee ons nog R2 vir Add Hope, hulle is hopeless. Nie eers R200 elke keer sal die nasie reg kry nie.

Genieve ·

Toe ek op skool was,was daar onderwysers wat gedurende pouses di skoolterrein gepatroleer het..maar in vandag se tyd is dit nie meer so nie.Kinders was baie versigtig om enige iets vekeerd te doen.Dis so onnodig om sulke dinge te doen.

Susan pieters ·

Ek as onderwyser kan beslis getuig dat daar nog terrein diens gedoen word een van die eerste dokumente wat jy die begin van die jaar ontvang is jou terreindiens rooster

Pieter Loftus ·

Ek probeer by die skool uitvind of die baksteengooier terug by die skool is en hull wil my nie antwoord nie. My kind is in daardie skool. Al wat ek wil weet is of die kind teruggelaat is aangesien dit ‘n parlementere woordvoerder se kind is en nou wenkbroue laat lig.

Amanda ·

Soortgelyke voorval hey paar haar terug by Skool in Goodwood gebeur, ook parlementslid se kind. Wit seun was ernstig beseer en daar niks van gekom nie. Kind het steeds gematrikuleer by Skool. Hoop hier word voorbeeld gemaak deur leerling uit Skool te skors.

Marah Oosthuizen ·

So n kind, maak nie saak wie hy is nie, en hom skuldig maak aan so iets moet summier uit die skool geskors word.

Luhann ·

Ek sou hom gaan aankla van poging tot moord as ek die ouers is van die seun wat gegooi is .Mens tel nie ‘n klip of baksteen op om te speel nie!!!

Rln ·

Die aanvalle op blankes is nou al by die kinders… waar gaan dit eindig.

Onnie ·

Van ‘n onderwyser se kant af….jy kan NIE orals wees tydens jou terreindiens nie. Jy wil dalk self gou badkamer toe gaan. En ja, terreindiens is verpligtend en dit word gedoen. Daar was tien teen een ‘n kind wat dopgehou het om te sien waar die onderwysers is om te waarsku.

Dan is daar ook ‘n morele verval onder die meeste kinders. En ons hande is afgekap. So graag soos jy ‘n kind wil straf…so min kan jy doen en hoe meer raak hulle heeltemal sonder beginsels en waardes. En dit is oor alle kleurgrense heen. Ouers is vinnig om te jok om ‘n kind uit die moeilikheid te kry, ouers wat uit generasies kom waar daar reeds morele verval is… alles werk net saam om basies ‘n klomp vrot appels die samelewing in te stuur. En een vrot appel steek al die goeies aan.

Genadiglik is daar nog hier en daar goeie kinders wat uitstaan bo die res…en van wie jy kan sien die ouers doen moeite om kinders waardes te leer.

Onnie ·

Van ‘n onderwyser se kant af….jy kan NIE orals wees tydens jou terreindiens nie. Jy wil dalk self gou badkamer toe gaan. En ja, terreindiens is verpligtend en dit word gedoen. Daar was tien teen een ‘n kind wat dopgehou het om te sien waar die onderwysers is om te waarsku.

Dan is daar ook ‘n morele verval onder die meeste kinders. En ons hande is afgekap. So graag soos jy ‘n kind wil straf…so min kan jy doen en hoe meer raak hulle heeltemal sonder beginsels en waardes. En dit is oor alle kleurgrense heen. Ouers is vinnig om te jok om ‘n kind uit die moeilikheid te kry, ouers wat uit generasies kom waar daar reeds morele verval is… alles werk net saam om basies ‘n klomp vrot appels die samelewing in te stuur. En een vrot appel steek al die goeies aan.

Genadiglik is daar nog hier en daar goeie kinders wat uitstaan bo die res…en van wie jy kan sien die ouers doen moeite om kinders waardes te leer.

Seugnett ·

Vandag se dae is boelie die inding by skole. Ek Moes ook nou my 11jarige begin homeschool. Hy was gedurig geboelie en Het vele male met stukkende lip, bloeiende neus of so tuis gekom. Die skoolhoof Het net gese Hy kan niks doen nie. In die jaar is daar reeds n seun wat beide arms gebreek is, nog n arm breek en n gebreekte been waaraan niks gedoen is nie. Die kinders is almal blank. Dis n helse skande wat aangaan.

Anel Eagar ·

Dis skokend dat dit is wat in ons skole aan die gang is hoe stuur enige ouer sy kind skool toe as die soortvan ding gebeur. Ek as ouer is uiters bekomerd oor al die insidente. Hoe kan dit toe gelaat word?
Waar is die morele waardes en standaarde?
Waar is die Departement vanonderwys in die situasie?

Na die insident by parow wes laerskool het ons as besorgde ouers en gemeenskap dit goed gedink om n whatsapp groep te begin en n petition op ge stel.

Ons staan elke dag by die parow wes laerskool om te kyk dat die kinders veilig is ons vra dat al.die ouers saam staan en by die skole.gan staan en kyk dat die kinders veilig is.

Die aanvaller in die parow wes saak is van gisteraf terug by die skool. Hy is daar geskien en die kinders se hy is 100% terug.

Kom.ons as ouers staan saam vir ons kinders!!!!!

ken van benoni ·

Bring dissepliene terug in die skole, voeter die die blou watsem uit die skuldiges met die rottang dan sal daar baie minder sulke voorvalle wees!
Dagvaar die skuldige se ouers!!!
Dissepliene = respek of deesdae is dit mos rassisme!!

Louise ·

Kinders is die produk van hulle ouerhuise. Maniere en respek vir ander word in die ouerhuis geleer nie in die skool nie. Dit help nie n kind word in die skool gestraf maar by die ouerhuis word sy optrede goedgekeur nie. Boelies word nie in die skool “gebore” nie maar by die ouerhuis. Dit kom so vroeg as in die kleuterskole voor, pa boelie vir boetie, hy vir sussie en sy boelie n ander kind in die skool want daar raak sy/hy van s hul frustrasie/agressie ontslae.

Muriel Prinsloo ·

…. van wanneer af besleg mens geskille met n BAKSTEEN….

Helene ·

Iemand het n vorige kommentator goed laat verstaan dat om die Woord by te sleep nie nodig is nie. Kom ek vertel dan nou maar vir julle kaalkop die waarheid. Homeschooling is die enigste uitweg. Vandat daar nie meer vir kinders op skool die Waarheid voorgehou word nie is daar anargie. Of jy nou wit of swart is of watter kleur ookal , dit is die begin en einde van n mens se bestaan. Verwaarloos DIT en alles val stelselmatig uitmekaar. Hierdie voorval is rassisties en haatspraak loop hierdie insident vooruit. Raak ontslae van die ongewensde.

Paul ·

Hierdie Liberale op die blad maak my siek! Daars n kleur verskil, so dit was n rassistiese aanval op norm van alle ander aanval wit op swart wat dadelik as rassisties gekenteken word.

Catryn ·

Stem saam toe die KIS voorval op was, was alle politieke partye in rep en roer, en almal wou die twee blankes net eenvoudig stenig, en self BLANKE POPPE buite die hof vertoon om hulle nekke on te draai en nou? hierdie kind is niks anders as om iemand baie ernstig aan te rand met die doel om te vermoor … as daardie kind se kop verkeerd getref is, dan was daardie kind ‘n moordenaar, en dit kan geen mens goed of slegpraat nie, behandel ten minste almal gelyk, maar in SA is dit allesbehalwe die geval. Dalk moet ons blankes ook by die howe opdaag met swart poppe, en dieselfde aan hulle doen. Of gaan ons ook dan in hegtenis geneem word vir rassisme – die kind is ook niks anders as ‘n rassis nie en selfs die maatjies wat hom aanmoedig, en wat van die ou wat die video gemaak het ….

Liendempers ·

Laaste brokkie: so wyle terug was daar ontevredenheid van een groep in die skool omdat, en wag vir dit….die kinders te hard sing in die saal wanneer hulle kom by”Uit die blou van onse hemel”………….. now I ask you????

liza ·

En dit is hoekom ek my kind tuis onderrig en die dag van haar laaste vak is sy op n vliegtuig hier uit!

izak van zyl ·

#boelegioen
Nou waarom verswyg die pers dat hierdie ‘n rassevoorval is?
Kan iemand van hierdie redaksie vir my asb in mooi Afrikaans verduidelik waarom dieselfde koerante wat oor hierdie berig gee, verswyg die ras van die aanvaller en die ras van die slagoffer.

Uit die video is dit mos duidelik dat hierdie ‘n rassehaat voorval was…..want geen opgevoede kind sal iemand van wie hy verskil met ‘n halwe baksteen probeer dood gooi nie.

As die rolle omgeruil was en die wit seun het net gemik om die swart seun te klap, was daar ‘n politieke herrie losgelaat in die land.

die media is aandadig daaraan dat hier ‘n dreigende volksmoord ontstaan omdat die versllaggewers GEEN poging aanwend om die opnbare veroordeling van politici en owerhede te publiseer wanneer wit mense die slagoffers is van rassehaat aanvalle nie.

DIS SKREIEND!!

Herman Landman ·

Hoekom moet ons oor Maroela Media van al die gebeure hoor wat met witmense gebeur, maar dit verskyn dalk so vinnig op die tv of nooit nie. Klein berig word in die koerant geplaas en nooit weer nie.Iewers word toutjies getrek om opredes soos die te verdoesel. Die optrede moet as moord geklasifiseer word asook rassisme. Moet nie uit die land uit vlug nie. Dis ons swak punt,ons vlug,ons moet leer om saam te staan as een.

Ben Basson ·

Sulke gedrag hoort nie in enige skool nie. Die seun wat die baksteen gegooi het sal verantwoordelikheid moet neem vir sy uiterse swak optrede en swak besluite. Dit is onaanvaarbaar, op enige vlak, om iemand met ‘n baksteen te gooi, ongeag watter omstandighede daartoe gelei het. Daar is beter maniere om probleme op te los, as om ‘n mede skolier fisies leed aan te doen. ‘n Mens sou dink dis ‘n verbetering skool waar die voorval plaasgevind het, en dis ‘n jammerte dat ‘n skool se naam en reputasie op so ‘n manier deur die modder gesleep word.

Andries Erwee ·

Dit is ongelooflik hoe Maroela se lersers en die EFF van alles n rassesaak wil maak. Bakleiery is verkeerd en die gebruik van n gevaarlike wapen, maak dit nog meer verkeerd. Ek het al die bog gelees en ook die wat sin maak. Selfs oud pres De Klerk word nou hierby ingesleep. Die feit is die skool het beide leerders geskors en ondersoek die saak. Die polisie ondersoek n saak van ernstige aanranding. Dit is al wat enige iemand wat hier skryf op hierdie stadium weet, behalwe vir Theuns wat ook meld dat die bakleiery oor karate gegaan het. Dankie vir daardie sinvolle bydrae.

sakkie ·

Waar is minister van onderwys nou?
gaan dit ook sondag aand 19:00
Op 101 wees?
regtig dit raak nou n grap.
ons kort regtig n nuwe president.

Martie ·

Weet dit is nou wat my hart in stukke breuk wa is die Leiers Onderwyser as daar so iets gebeur in die skool en die kinders like dit hul neem videos te lekker en dan praat ek nie eers van die kinder boelies nie en niemand doen eenige iet da aan nie kom maak n verskil maak die skool n skool asb!

nou wat nou ·

As dit nou die blanke mannetjie was wat die ander een met baksteen bygekom het dan was die hele EFF, ANC jeug, vroueliga en pre schoolers daar in die duisende om die hoof se pos te eis, die skool se naam te laat verander en sommer die straat name ook. Waar is die blankes vandag met vlae en baniere wat voor die skool moes gewees het. Vra maarnet.

Theresa ·

Baksteengooier moet uit die skool uit – EN skuld die ander outjie ‘n verskoning vir sy wangedrag. Wat is sy straf? Opgevoede mense gooi nie iemand anders met ‘n klip of ‘n baksteen nie. Oud genoeg om les op te sê vir hierdie slegte gedrag.

Jackie ·

Ons land in elke opsig is ‘n Groot joke. Uit persoonlike ondervinding met my eie kinders, word die gevalle eenvoudig nie opgelos nie. Die kinders word ingeroep en hulle kom weg met ‘n ligte straf. Binne’n week se tyd selfde storie. Daar is absoluut geen respek vir onderwysers, mede studente en selfs ouers nie. Hulle sien dat hulle wegkom met alles, Daar is geen nagevolge nie.
Onderwysers moet sit en kyk how Al die dinge gebeur en mag niks behalwe mooi praat nie. Dit moet absoluut frustrating wees om vandag se dae in onderwys te werk. Ernstige gevalle word probleem kinders gestuur vir therapy en anger management sessies, wat in my oe absolute nonsens is.
My opinie is eenvoudig om lyfstraf terug te bring in skole. Ek het Dit oorleef.
Dit Sal eenvoudig dissipline, respek en baie beter slaag syfers in die skole bring.
Wel, die is net my opinie.

Lizelle ·

Goeie hemel!!!!!! maak nou soos hulle maak en le ‘n klag van RASSISME!!!!

Yollie ·

Laat dit asb orals in Hoofopskrifte geplaas word hieroor,want al wat hulle in parlement kan sê oor plaasaanvalle is die bobbejaan storie.Kom mense skrik wakker.

Gawie ·

Jip,kleur speel n rol,” bruin” baksteen,verlaat ” swart” hand,tref ” “wit” seun,nou is baksteen “rooi”. Voorwaar n reënboog nasie!!.

Konrad ·

`MM- kontak weer die skoolhoof! Hy kruip weg. Hy moet n verklaring afle.. Daardie kind moet geskors word, ons eis dit! Dit moet nou gestop word,voordat dit n president skep en more word nog n baksteen gegooi.
Ons woon hier naby. Dit was n aggressiewe rasse voorval.
Let Op: hy t met die baksteen in sy hand aangeloop gekom. Dit het nie net daar naby gele nie. Dit verander sake, hyt met uiterse provokasie aangekom met die doel om ernstig te beseer. As dit my seun was, was daar nou n moordklag!
Staan net asb op mense en moet nie so apaties wees nie.

Odette ·

Zelda, dankie vir jou kommentaar.
Steur jou asb nie aan enkele negatiewe opmerkings oor verw.na die Bybel nie. Jy is presies reg.
Lees asb. Jos 23:7,12,13. Ek gee dit spesiaal vir jou.
Ek glo nie baie mense besef wat regtig aangaan nie.
Maroela plaas asb my kommentaar, ek wil graag vir Zelda daardie verse gee, en die wat dit sou waardeer. Dit laat mens dink!

Konrad ·

Jannie – wil net vir jou se – ons is aan die onder punt van die lande van kus, vriend.
Zelda is heeltemal korrek.
Ons is deel van die 10 stamme, die Israeliete.
Daarom word ons so gehaat as God se volk. Dis n oorlog tussen die geeste in die lug. En hierdie is net die begin van die verdrukking.

Johan Botes ·

Daar moet streng stappe geneem word teen die be skuldig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.