Video: Skool skors drie leerders ná voorval

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn skoolmeisie wat in ʼn klaskamer deur ʼn ander meisie gestamp en geslaan word, het sedert verlede week soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die voorval het op 11 Mei by die Hoërskool Stoffberg in Brakpan plaasgevind, maar die video is eers verlede week op sosiale media versprei.

Op die video kan gesien word hoe een leerder na ʼn ander wat by haar tafel sit stap, haar iets toesnou en haar dan vier keer of wat hard teen die kop en met die tafel stamp. Die meisie wat gestamp is, bars daarna in trane uit.

Koos Boshoff, die skoolhoof, het aan Maroela Media gesê die betrokke leerders is in gr. 8 by die skool. Die meisie wat die stampwerk doen, die meisie wat gestamp is sowel as die meisie wat die beeldmateriaal geneem het, is tydelik geskors hangende ʼn besluit van die tugkomitee van die beheerliggaam.

Boshoff sê dat die voorval aan die begin van ʼn periode plaasgevind het en dat die meisies mekaar geruime tyd al “nie kan verdra nie”

“Die een wat gestamp is op die video het na bewering die ander een aan die begin van die periode met haar skouer gestamp en haar glo iets persoonlik beledigend toegesnou. Hulle het toe net gaan sit toe die ander meisie opstaan en die voorval het plaasgevind,” het Boshoff gesê.

Volgens hom wil almal weet waarom die meisie wat gestamp is ook geskors is. Daar skuil volgens hom meer agter die saak as wat op die video sigbaar is en een van die meisies se persoonlike omstandighede is ook ter sprake. Die twee meisies het glo in die verlede ook al vasgesit.

Volgens Boshoff is die leerders uit die klas geroep en die onderwyser het hulle aangespreek en al die betrokkenes het om verskoning gevra. Daar is ook vir hulle punte afgetrek op die merietestelsel wat die skool gebruik in terme van die skool se gedragskode.

“Nadat die video toe verlede Donderdag aan die lig gekom het, is daar ʼn interne verhoor gehou waarby die ouers teenwoordig was en die kinders hul kant van die saak kon stel. Hulle is vir drie dae geskors, dus Vrydag, vandag en Dinsdag, hangende die besluit van die beheerliggaam.”

Die beheerliggaam van die skool sal Dinsdagaand oor die voorval vergader.

Boshoff vertel verteenwoordigers van die departement van basiese onderwys het Maandag die skool besoek en die skool het ʼn verklaring oor die voorval by die departement ingedien. Departementele beraders is ook by die skool beskikbaar gestel. Volgens Boshoff sal die skool beslis van dié dienste gebruik maak.

Maroela Media het verskeie versoeke vir kommentaar aan die departement van onderwys gerig, maar nog geen reaksie gekry nie.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Siegfried ·

Ja nee wat die mensdom het net so vervalle geraak soos die land.

Genieve ·

Dis sleg as sulke dinge by skole gebeur ek vrees nog elkedag vir my eie kind oor hierdie tipe gedrag…ek kan nie dink hoekom kinders sulke dinge doen nie.

Casper Labuschagne ·

Altyd interessant as so ‘n kamera voor die tyd al reeds gerig is op die punt waar die teiken is. So asof almal behalwe miskien die slagoffer reeds geweet het wat gaan gebeur.

Pi ·

Of die slagoffer weet dat hulle binnekort’n “slagoffer” gaan wees en vra vir hulle vriende om reg te wees vir die aksie wat hulle self uitlok.Ons weet nie wat gebeur het nie.Ek maak self twee dogters groot en dis skokkend wat hulle al moes deurgaan en aanskou.Kan nie glo hoe agterbaks en onderduims 12jaarige meisies kan optree nie.Teen 14 is hulle al meesters.

Valerie ·

Ja, en soms is die hele “vertoning” beoefen voor die tyd saam met die slagoffer. Watter skoolkind soek nie aandag nie?

bloues ·

Ek weet nie wat hier gebeur het nie. Ek weet egter dat soms word kinders keelvol vir boelies. Hulle staan op vir hulself en die boelies kry slae .
En dit is reg so.

christa ·

die stamper sien sulke agresiewiteit by die huis. Sy moet verseker geskors word vir ‘n lang tyd.

PIKKEWYN ·

Ek stem saam en haar gedrag is totaal onaanvaarbaar – ag nee sies man!!!
Hulle noem in die berig dat een van die leerlinge se persoonlike omstandighede is ook ter sprake – as ek kyk na die video lyk dit asof dit dalk die meisietjie kan wees wat gestamp word aangesien sy nie ‘n skool uniform aanhet nie – net my mening…. miskien is sy geboelie deur die res ?

Koos ·

Ek stem nie saam. Dalk was sy geboelie deur die een wat sit en sy het net gesnap

christa ·

hoekom word celfone in die klasse toe gelaat? Deesdae is daar nie ‘n kind wat nie ‘n cell het nie. arm of skatryk, slim of nie. Hulle gebruik dit op al die verkeerde plekke. Verban celfone in die klasse. Kry ‘n kas in elke klas waar fone moet in toegesluit word voor die klas begin.

OnderW ·

Weet jy hoeveel sake het n *selfoon al uitgehelp, ongehoorsame kinders wat net wil baklei is niks te doen met *selfone nie, wel met ouers wat dissipline los vir skole en self dié gedrag by die huis toelaat, 9/10 keer ook so optree.

ChristaT ·

was ‘n goeie ding daar was ‘n sellfoon gewees. Sulke gedrag kan nie onder die mat gevee word nie.

Michael ·

Geen verskil tussen wit meisies of Afrikaanse meisies en die ander nie. Dis hartseer maar hulle is almal dieselfde.

Pikkewyn ·

Dit is n skande en GLAD NI AANVAARBAAR NIE!!Hoop daar word n voorbeeld v di skuldiges gemaak

Denise ·

Die tieners speel te min buite hulle moet n slag iets doen om al daai frustrasie uit hulle te kry !!!!

Madeleine ·

Daarsy, daar slaan jy die spyker nou op die kop. Die kinders moet uitgejaag word om buite te gaan speel, sonder selfone. Gebruik hul kreatiwiteit en raak van al die opgeboude energie ontslae. Dan sal hulle ook sommer baie beter kan konsentreer. Maar nou sit hulle op selfone en internet kyk en hul jong koppies word vol idees geprop deur vulgêre ‘rolmodelle’ soos die Kardashians. Sieklik man, sieklik.

Blommie ·

Ai dis jammer dat n meisiekind van tussen 13 en 14 jaar oud reeds soveel woede binne het.
Dat n mens 10 teen 1 perongeluk verby iemand stap en julle skouers skuur dan hak jou kop uit!
Ek kry haar bitter jammer as dit is hoe sy verhoudinge tussen mense hanteer, want dan sien ek maar waar tye vir haar, as sy dink geweld is die antwoord om my mening af te druk op iemand.

Konflik ·

As die leerlinge nie oor die weg kom nie, moet hulle dalk in verskillende klasse ingedeel word waar hulle minder van mekaar te sien kry.

PI ·

Glo my dan gaan die skool elke dag heel dag kinders moet rondskuif in klasse. Dis skokkend hoe baie kinders nie oor die weg kom nie.

HEHEHE ·

So daar gaan vir elke grad ten minste 20 klasse wees… Glad nie ‘n praktiese voorstel nie hoor….

Sê Maar Net ·

Niemand, buiten die ouers kan vir sulke voorvalle blameer word nie. Desipline is veronderstel om by die huis, van n vroeë ouderdom toegepas te word. Respek moet gekweek word teenoor jou mede mens, ook van kleins af. As daar nie wedersydse respek in n huishouding is ni, hoe verwag jy dan dat jou “ondskuldige” bloedjie respek vir ander gaan hê. Nee wat ouers, kyk wat in jou eie huis aangaan voordat jy ander wil kritiseer oor hul doen en late. Kinders wat so optree leer dit tuis en kweed sodoende net n sterker en slegter gewoonte.

Tina Reynders ·

Dis afskuwelik om te dink die ‘dogter’ behandel ander so, sies man kom daai maniere van die huis af ?!! Sy kan bly wees dit was nie my kind wat sy so aan gevat het nie…

Johan ·

Mens kan nie gevolgtrekkings maak van boelies en politiek ens nie.
Ek sal die horries kry as een sy hand ooit vir my kind sal lig want my kinders word
opgevoed om nie dit te doen nie.
Dis absuluut swak opvoeding van ouers!

MOERBEI VAN TONDER ·

Johan, ja dit is in BPN, maar kan ek vandag vir jou iets vertel? My dogter was in Stofberg vanaf 2012-2013 en dis ‘n puik skool. Die dorp waar die skool gelee is, se nie dis ‘n slegte skool nie. Daar is skole in spog buurte wat veel erger is.

Chris ·

Ek sê ook maar net dat ANC meer skade aan die land gedoen het sedert 1994 as enige groep ooit en party wil hulle blind hou daarvoor oor ras.ANC dra alle blaam wat in die land verkeerd gaan en nog gaan gebeur.Hulle is nie in staat om ‘n land te regeer nie.

Marietjie ·

Nee, dis nie net in Brakpan nie en ook nie net vandat die ANC aan bewind is nie. Daar is niks nuuts onder die son nie. Ek was ± 50 jaar gelede in ‘n baie vooraanstaande skool in Pretoria en onthou hoe 2 meisies mekaar 1 dag goed toegetakel het. Dit is wel so dat kinders in hul ouerhuis geleer moet word hoe om in sulke situasies op te tree!

Sê maar net ·

Waar is die onderwyser? Daar is geen dissipline in die klas nie! Daar behoort nie tyd te wees in klastyd vir sulke voorvalle om plaas te vind nie.

Verkeerd ·

Jy vra die verkeerde vraag. Jy moet vra waar is die maniere wat die ouers hulle kamstig geleer het? Daar is ongelukkig te veel kinders vir een onderwyser, die onderwyser was tien teen een besig om ‘n ander kind te help. En in elkgeval is dit nie die onderwyser se werk om polisie-polisie te speel vir onopgoevoede spoiled brats nie. As dit hul loopbaan ambisie was sou hul veel eerder tronkbewaarders geword het.

**anoniem** ·

@Sê maar net, het jy al die video’s gesien waar onderwysers aangerand word en verneder word in die klas? Duidelik nie! Deesdae kan onderwysers nie meer betrokke raak nie, want die kinders het baaaaie meer regte as die onderwysers! Deesdae word daar mos geglo dat alles reg gepraat kan word. In my skooldae was ons goed gefoeter as ons net gewaag het om met soveel disrespek op te tree teenoor mede klasmaats en onderwysers.

Sê maar net ·

As ñ onderwyser is daar nie veel wat ons kan doen as leerders besluit om mekaar te takel nie. Die kinders hou van die aksie, blok jou af en as jy tussen die leerders kom is die kanse goed dat jy elfs seer gaan ry. Trek jy ñ kind te hard terug of stamp om die geveg te stop is JY skuldig van aanranding. Dit is ook onmoontlik om ALTYD in jou klas te wees. Skool begin 7:15 en pouse is eers 11 uur. Gaan jy tot dan kan hou om badkamer toe te gaan?

Oom Kalahari ·

Op eie opinie vorming en video sigwaarde wil ek ook amper glo dat die sittende leerling dalk persoonlike omstandighede (private klere) mag ondervind. Die ander meisie tree regtig geweldig aggressief op en kon die sittende meisie ernstig beseer het of nek & rugbeserings laat opdoen het en lewenslange skade mag aanrig. Is daar dan nie ‘n manier om die aggressiewe meisie se huislike omstandighede te ondersoek en haar vir “Anger Management” klasse aan te wys nie. Boelies het al vele lewens vernietig en moet ernstig mee gedeel word. Die een wat afgeneem het is mos onskuldig en met sulke goeie bewys stukke kan daar mos voldoende afleidings en opsommings oor gebeurtenisse gemaak word. Die lewens en gemeenskaps drukke/verwagtinge raak erg op die jeug en ontwikkel hul hierdie tipes van aggressies.

Chris ·

Anger management ?? Daar is nou meer “anger” vandat die gangster ANC die land nie kan regeer of beter gestel , nooit kon regeer. Daar is ontsettende “anger” onder goed oogevoede wit kinders. Kyk maar rond.

Neilia ·

Ek was ook geboelie op skool tot ek eendag net genoeg gehad het. Die boelies was aan die ontvang kant van my rage as ek dit so mag stel. Dit kos net daai 1 keer om genoeg te hê, my skool loopbaan van daar af was smooth sailing.

Naas Vermaak ·

Netso Se maar net! Sulke goed gebeur maar net in skole met swak skoolhoofde en swak onderwysers waar daar geen respek meer is vir die gebrek aan gesag nie. As jy verskil van my, antw my vge vraag….gaan jou dogter haar sussie so voor jou stamp en gaan hulle boetie dit afneem?

PINE ·

Nee jy is verkeerd.Geen disipline by ouerhuis.Onderwyser is nie daar om kinders op te voed nie maar om hul kennis uit te brei.Ouers moet hul kinders opvoed en waardes leer.

Robert ·

Lesufi sal vir hulle kom kuier en sy briljante oplossings voorle.

Johann du Toit ·

Sal graag wil weet wat die seuns in die klas van hierdie rowwe “girls” dink.

Stella ·

“Sê maar net” it het nie idea waarvan my praat nie. Onderwysers is slegs mense wat klas gee, geen ondereyser mag meer dissipline toepas nie. In watse eeu leef jy?

PI ·

Die ander meisie het nie privaat klere aan nie.Dis ook skooldrag.Die hempies word op sekere dae gedra.Dis vir my baie interresant hoe almal aanvaar dat die skool hoof na die meisie met die “privaat klere” verwys as die een wie se persoonlike omstandighede aangevat is en dat dit een vd dinge was wat aanleiding gegee het tot die toeval.

Marinda ·

Discipline start at home. Teachers are there to teach children, not discipline them or teach them manners.
Bend the tree while it’s still young.

akes ·

Ek dink dis skandalig dat kinders so optree. Die vraag moet gevra word of die ouers hul kinders behoorlik opgevoed het?

Pietie ·

Wel ek weet dat ek my eie meisiekind leer, jy vra 2 keer oordentlik hou op, dan baklei jy terug. Hoeveel jong kinders neem hulle eie lewe as gevolg van knouery……………daar’s altyd 3 kante van ‘n storie……………joune, myne en die waarheid.

Gerda ·

Ons weet nie wat hier gebeur het nie, so kan almal nou maar ophou om die kinders sleg te sê. Ek self het eenkeer ‘n seun by die skool geslaan na hy vir moeilikheid gesoek het. En daar is niks fout met my opvoeding nie. Daar was net nie iemand met ‘n selfoon om dit af te neem en dan daarmee aandag te soek op sosiale media nie.

riana ·

Is nie altyd om te se dis die kinders se ouer huis nie. Ek het self 2 seuns groot gemaak en hulle het goeie maniere en dissipliene gehad en n ouer kan nie altyd die skuld kry wat by die skool gebeur nie. Ek sal my kind vas vat as so iets moes gebeur maar om te se die ouer huis is nie vir my reg nie. Jy leer hulle reg en hulle leer by ander om so te maak of hulle steek mekaar op so ASB hou op om altyd die ouers sleg te maak. Ons leer hulle moenie dit en dat doen nie en hulle het goeie roetine by die huis en kry opvoeding.

Stem nie saam nie ·

Ek moet hier ongelukkig nie saamstem met ‘n paar van die kommentare hierbo nie. Ek was op laerskool geboelie. Ek het dit altyd gesluk asof dit Fanta was wat in my keel gegooi word. Ek het myself nooit beskerm nie want my selfbeeld was net eenvoudig te swak. Ek was toe uiteraard in die diep kant ingegooi op hoërskool. Die geboelie het net eenvoudig te veel geword. Ek het toe besluit dat ek elke persoon wat my boelie self fisies gaan terug seermaak. My ouers was die beste wat jy kon kry. My pa was streng, so streng dat ons nie eers na sokkies by die skool toe kon gaan nie, geen kerels terwyl ons onder sy dak bly nie. My ouers drink en rook ook nie. En nogsteeds het EK die keuse gemaak om ‘n boelie te word op hoërskool. Ek kon dit net nie meer hanteer nie. Ek het selfs 2 keer probeer om my eie lewe te neem omdat ek in ‘n monster boelie verander het. maar dit was een van twee keuses vir my. Of ek word geboelie, of ek doen die boelie werk en ongelukkig, tot my bittere bittere spyt, was ek ‘n boelie. Ek sal altyd spyt wees daaroor maar ek kan niks doen om die tyd terug te draai nie. Mense, hou asseblief op om te sê dit kom van die huis af want in baie gevalle is dit nie waar nie, soos in my geval.

Blabla ·

Wonder wst het van die vorige saak geword waar die leerling die onderwyseres met haar boek aangeval het.

Bianca ·

Hoekom word meisie wat geslaan word geskors?skors regte leerders hoor.

bgj van der westhuizen ·

hulle is geskors in my tyd het sy in goeie pak slae gekry en dit was oor dit is net nog n bewys in watter toe stand is ons skole wand dit is mos nou teen die wet om pak te gee dit gaan nog baie rof raak

Piet ·

As jy in die 80’s op skool was sou hulle jou velle afgetrek het oor hoe jy skryf en nie net oor hoe jy jou gedra nie. Jy sou dalk nou nog n rooi sitvlak gehad het. Jammer maar ek dink nie jy was baie lank terug op skool nie.

Dik vir SA ·

Wit kinders wat hulle so gedra en dit nogal meisies. Sies hulle moes nie geskors geword het nie maar n goed pakslae dink ek sou help. EK stem saam *bgj van der westhuizen in ons tyd sou ons sitvlakke gebrand het van die skool af en by die huis. Ek kry skaam om wit te wees maar dan wonder ek watse waardes word by daai huise vir die kinders geleer…..

Annie ·

My dogter is in hierdie skool. Sy is gelukkig en sy blom. Hiedie insident kan in enige skool gebeur. Net soos ons nie kan beheer wat om ons aan gaan nie en ook nie die mense saam met wie ons moet lewe nie, so is die opset in ‘n skool. Jy kry goed opgevoede kinders en slegte. Ons moet ook nie te gou oordeel nie. Die gewone klere wat die dogter dra word op seker dae gedra per spesiale geleentheid en sy word nie uitgesonder nie.

Valerie ·

Annie, jou dogter blom omdat sy goeie ouers het. Dink mooi daarooor. Jy behoort trots te voel.

Waarheid ·

Cctv beeld materiaal, oor paar dae, of maande van gedrag rondom betrokke kinders, kon dalk saak beter uitpluis of vroër gestop word. Maar privaat skool het dit nié eers oorweeg (cctv in skool ORALS net agter tioletdeur nie) of op voorstel dat kinders sonder selfoon in klas, wanneer dit nie vir werk benodig word BAIE beter SAL KONSENTREER EN REAGEER OOR ALGEMEEN.

BB ·

Genade het 41 jaar gelede daar skool klaar gemaak. Toe het hulle al die groen en pienk briewe gebruik vir meriete tov die gedrag stelsel.
Skool sal nooit verander nie en kinders nog minder. Soms is dit net erger as gevolg van die omstandighede waarin ons lewe wat ‘n invloed het op almal in die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.