Video: Skoolhoof op spesiale verlof ná aanranding

Die video wys hoe ʼn personeellid ʼn leerder teen die muur vasdruk, om die nek gryp en met geweld op die grond neergooi (Foto: Skermskoot)

Die Noordwes- departement van onderwys ondersoek ʼn voorval by Milner Secondary School in Klerksdorp waartydens ʼn leerder, onderwysers en die skoolhoof glo slaags geraak het. ʼn Video van die voorval, wat wys hoe ʼn personeellid die leerder aanrand, word op sosiale media rondgestuur.

Die video wys hoe ʼn personeellid die betrokke leerder teen die muur vasdruk, om die nek gryp en met geweld op die grond neergooi. Dit is nie duidelik of dit die skoolhoof is wat die kind aanrand nie.

Volgens Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het die voorval Woensdag omstreeks 08:00 by die skool plaasgevind.

“Die skoolbestuur het ná die saalbyeenkoms die 17-jarige gr. 10-leerder by die skool opgemerk. Die leerder is glo reeds weens ander dissiplinêre kwessies geskors en mag dus nie by die skool wees nie.

Toe die bestuur hom aanspreek hieroor, het die leerder met die onderwysers, adjunkhoof en skoolhoof begin gestry. Die situasie het daarna fisiek handuit geruk,” bevestig Malindi.

Die LUR vir onderwys, Mmaphefo Matsemela, het bevestig die skoolhoof is ná die voorval op spesiale verlof geplaas totdat die ondersoek afgehandel is.

“ʼn Span is saamgestel om ʼn intensiewe ondersoek na die voorval te doen, sodat gepaste stappe gedoen kan word,” het Matsemela gesê.

Onderrig het Vrydag weer soos normaal by die skool voortgegaan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Dries ·

Gaan die man ook R10000 boete of 10maande kry,soos daai onderwyseres van Centurion die week?

Di ·

Voel jammer vir die onderwysers! Glo hulle moet hare op hulle tande he met sekeres van die nuwe generasie.

Pieter ·

Wel, die hoof neem ek nie kwaalik nie. EK self sal baie die skole geskors word…….Kinders het geen maniere nie, wnat karakters soos anc en eff leer hulle mos die gedrag.

MakersMark ·

Ek voel jammer vir onderwysers wat somtyds met onnoselheid, domastrantheid, en arrogansie van onopvoedbare leerders moet opgeskeep sit. Kinders maak wat hul wil. En dis hul ouers se skuld.

AmY ·

Ouers gaan nog eendag vir daai kinders in die tronk kuier, en dan gaan dit die onderwysers se skuld wees.

ES ·

Die probleem is dat onderwysers moet sit met ongemanierde klein wetters, wat maak en se net wat hulle wil. Onderwysers kan ook net soveel vat voordat hulle nie meer kan nie. Ek het paar onderwysers in my familie en ek het al stories gehoor wat jou hare sal laat rys oor leerders se gedrag.

Agge nee ·

Miskien kyk ek nie vinnig genoeg nie, maar ek sien nie alles wat die berig sê nie, ek sien net die jong man wat oor ‘n tafel op die vloer val. Julle verstaan verkeerd. Hierdie was ‘n buitestaner, ‘n indringer, ‘n molesmaker onwettig op die skoolterrein. Hoe sou die onderwysers weet waarom hy die klas en saal binnegekom het? Dalk het hy kwade bedoelings gehad. Daar word te veel onderwysers aangeval en gedood deur leerders.

Misky ·

Goed so aan onderwyser en skoolhoof. Hy hoort nie daar nie en is reeds geskors en rede daarvoor. Verwyder hom van die perseel.

Kokerboom ·

Ek voel tradisionele skole moet verdwyn. Die stelsel soos ons dit geken het gaan meer en meer in wanorde verval. Doen alles elektronies en afstandbeheer. Privatiseer kultuur en sportaktiwiteite. Die verskil in kulture is net te groot!

Di ·

ABSOLUUT! As ek nog kinders op skool gehad het sou ek tuis onderrig oorweeg het. Klasse hopeloos te groot om “OUR PEOPLE” te huisves

Kobie ·

Wat jy eintlik probeer sê is dat armes nie toegang tot onderwys kry nie. Of hoe?

Kokerboom ·

Nee Kobie, wees realisties. Skolestelsel soos tans is ‘n gemors danksy ANC. Dis hul beleid. Skep portale waar ALMAL ordentlike onderwysblootstelling kan kry! Gebruik bestaande leerkragte en wend hul meer ekonomies aan. Bestaande skole in veral armer dele is gevaarlike plekke waar leerkrag toewyding in baie gevalle ontbreek. Dis NOU tyd vir NUWE denke en idees. Dra asb by

Patrysie ·

My vraag is as die kind se ouers geweet het Hy was geskors, waarom home steeds skool toe stuur? En hoe op aarde stel jy in die eerste plek iemand an was nie met kinders kan week nie?

Shakespeare ·

Go for it meneer die skoolhoof. My volle ondersteuning. Neuk hulle op anders word hulle ANC/EFF kaders.

Toy ·

Baie van die kinders beproef die onderwysers se geduld, van die kinders het geen respek of maniere vandag se dae nie. Glo my dis goed ek hou nie skool nie ek het geen tyd vir kinders wat ongeskik is nie.

Johan ·

17 Jarige graad 10 leerling…. Dis sê alles. Hahahaha. Die idioot moes al lankal eerder gaan JOB soek het. Nou ontwrig hy ander kinders se opvoeding en stel opvoeders wat iets vir die samelewing beteken se toekoms op die spel.

Catherina ·

My kleindogter is 15 en in graad 10. Dink as hierdie meneertjie in haar klas moes wees. Ek ys!

Mallie ·

Ja dis hoe dit gaan en dan is daar vir ons kinders nie plek in skole nie. Jaag hulle weg as hulle nie wil leer nie. Onderwyser sterkte.

Perdeby ·

Soms moet jy ‘n kind maar hardhandig hanteer, want van hulle weet glad nie wat maniere is nie. Eintlik moet skool die kind los sy ouers skakel om hom te kom haal, en ignoreer hom dan maar net verder , reageer maar net op wat hy benodig by die skool, want gewoontlik word sulke video eers geneem wanneer die kind aangerand word en nie wat die aanloop van die aanranding was nie.

Inkpot ·

Hoekom is die kind in die eerste plek geskors?
Wat het hy by die skool gaan soek as hy weet hy mag nie daar wees nie.

Anel ·

So, hy is ‘n moeilikheid maker. Hy is alreeds geskirs. So wat het hy daar gesoek? Net moeilikheid. Onderwyser en hoof onskuldig, klaar. En die een wat die video gemaak het, wys net die laaste deel. Wat het voor die tyd gebeur wat aanleiding gegee het tot die gebeure. Sosiale media, of kunders met fone by skole, is ‘n euwel.

Di ·

Laat “our people” onderwysers vir hulle ongemanierde kinders klas gee. Wit onderwysers moet uitkyk vir ander werk, laat als vergaan in die skole soos die ANC

AmY ·

Onderwysers moet mos handjies gevou staan wanneer ‘n leerder aggressief raak.
Ek sidder vir daai dag wanneer van ons jong onnies ook dalk ‘n gemeenskaps jaar of twee soos die dokters sal moet doen, en reg aan die begin van hulle onderwysloopbaan met hierdie belhalmels te doen gaan kry..

Piet ·

Kriminele leerlinge hoort nie in skole nie daarom lok hulle agressie uit dan gebeur sulke dinge.Wat moet onderwysers doen?Mag hulle nie hulself beskerm en dissipline handhaaf nie?Van lyfstraf afgeskaf is dat kinders van skoolbanke af kriminele word!!!!

AmY ·

Net gou ‘n vraag; vra hulle nog in die werkplek vir getuigkrifte van die skool en kerk en Universiteit soos in ons tyd? Sodoende kon hulle mos die regte persone in diens geneem het.

Jr ·

Julle moet onthou dat “decolonization education” is waar sulke klein wetters in beheer van alles is. Decolonization behels niks van Westerste disapliner in nie. Dit behels ek is in beheer

Tolletjie ·

Die opskrif van die berig moes eerder lui “Geskorste moeilikheidmaker word aangerand. Hoof op spesiale verlof geplaas”. Dis duidelik uit die berig die kind is geskors en mag nie op die skoolgronde wees nie. Wat soek hy daar?? Wat was sy motiewe? Mens kan nie afleidings uit ‘n videogreep maak nie – dalk het die kind ‘n wapen gehad of ‘n personeellid aangerand.

koos10 ·

Judge Judy se woorde aan ‘n ouer: “If you keep on defending the child, you will someday pay someone to defend him, or her!”

Pieter ·

My ma was haar lewe lank onderwyseres, en sy het altyd vir ouers gesê “Dit is my plig om jou kinders te leer. Dit is jou plig om hulle op te voed!”

Antonk ·

Nou wat het die leerder by die skool gesoek as hy dan geskors is.Dan het hy seker daarvoor gesoek.

Mariana ·

Ja en natuurlik is als die onderwysers se skuld want kinders mag mos doen wat hulle wil sonder enige nagevolge. Opvoeding begin by huis, ouers moet weer ouers word en nie hul kinders se maatjies nie. Kinders MOET dissipline geleer word. Kyk hoe gaan dit in skole, kinders is totaal buite beheer.

Blomme ·

Ongedissiplineerde en lui kinders in ons skole is absoluut die produk van die ANC regering. Deur hul ‘regte vir kinders’ het hul ongelukkig ook die verantwoordelikheid van kinders verlore laat gaan. In die skole mag die leerder die onderwyser rond pluk, dan word gesê die leerder moet berading en ondersteuning kry. Pluk die onderwyser die leerder rond word die onderwyser geskors! So jammer vir die jong generasie. Hulle word hul reg om verantwoordelik op te tree en respek te toon ontneem. Dit die gevolg van ń ewe ongedissiplineerde regering.

Anna ·

Ek kan eerlikwaar sien hkm Onderwysers tot sulke aksies gedryf word. Ek glo vas dit is omdat pakslae uit skole gehaal is. Kinders kry geensins meer dissipline nie en waag an hulle vat dan wil hulle vinnig tjank. As daai kind se our hom maniere geleer het, het die storie nie sover gegan nie. Belowe julle was dit my kind daai het ek saam daai Onderwyser / Hoof hom angerand

Catherina ·

Undisciplined learners have undisciplined parents. Finished en klaar. I myself was a teacher. Know what I am talking about

Santjie van Soendal ·

As mense dink korrupsie is die grootste probleem, wil ek net daarby byvoeg, die land se onderwyssituasie is nie n kleiner probleem nie. Onderwysers is uitgelewerde prooi van n mislukte onderwysstelsel en die toekoms van die land is in die opstandige jeug se hande.Viva ANC!

Adriana ·

Ek kry die onderwyser jammer,nou moet hy verduidelik hoekom hy dit gedoen het, kinders is deesdae so uittartend, en daag jou uit om jou humeur te verloor, veral as jy hard met hul praat, hul weet jy mag niks aan hul doen nie, jy mag nie eers met ñ potlood aan hul vat, die gereg is aan hul kant, hul het mos alle regte deesdae, kinders kry geen opvoeding deesdae, hul het geen respek meer vir hul meerderes, ons maak kriminele groot, wat net wil hê en dink geweld kan als regmaak, ñ onnosele moorddadige nasie. Ouers moet hul sokkies begin optrek en wys wie is die baas.

christo ·

Toe die ANC die grondwet onderhandel, het Roelf Meyer toegelaat dat die ANC meer régte aan die kriminele elemente van SA toewys as vir die wetsgehoorsame burgers. Al die staatsinstellings, insluitend die onderwysstelsel is in sy maai in.
Sonder dissipline kan doeltreffende onderrig nie plaasvind nie. Dis ‘n feit dat die ANC ministers en parlementslede se kinders in privaat skole is . Hoekom? Die grondwet beskerm die oneerlike leerders by verre meer as die gehoorsame leerders. Die berig is ‘n sprekende voorbeeld hoe die misbaksels elke dag die skooldag in ‘n staatskool ontwrig.
Ek hoop dat die Afrikaanse besef dat die aantal Afrikaanse onderwysers so afneem dat hulle kinders deur ‘n onderwyser onderrig gaan word wie se taal en kultuur alles behalwe dieselfde as hulle kinders s’n sal wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.