Video: Skoolhoof valskermspring eerste skooldag binne

Chris Denysschen, die nuwe Kloofhoof, land met ’n valskerm op die skool se rugbyveld. (Foto: Facebook)

Dit was ’n dag van vele eerstes toe die Hoërskool Waterkloof Woensdagoggend heropen.

Dié skool in Pretoria het vroegoggend die nuwe skoolhoof amptelik ontmoet. Boonop het die nuwe “Kloofhoof” vir die eerste keer sy opwagting op ’n baie besonderse manier gemaak.

Die geesdrif was aansteeklik toe skoolhoof Chris Denysschen met ’n valskerm op die skool se rugbyveld te lande kom – ten aanskoue van die skool se sowat 1 890 leerders.

JacarandaFM berig Denysschen is met groot applous deur leerders verwelkom waarna hy sy verwelkomingstoespraak gelewer het.

Dié verrassing word sedert Dinsdag op die skool se Facebookblad geadverteer. Sosialemedia-gebruikers kon ook vanoggend inskakel om Denysschen se spesiale aankoms regstreeks op die skool se “eerste, amptelike regstreekse uitsending op hul eie unieke KlofieTV-kanaal te kyk”.

Hoërskool Waterkloof meen die skool omhels vanjaar behoorlik verandering. Hul slagspreuk vir 2019 lui “Die tyd vir verandering is hier” en die hutsmerk “#2019 Die revolusie kom” word tans op sosiale media gedeel.

The excitement is electrifying! The new principal of Hoërskool Waterkloof arrived by jumping out of an airplane with a parachute! Read more: https://bit.ly/2RyT4gc.

Posted by Breakfast with Martin Bester on Tuesday, January 8, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Hoop ·

Daar is hoop vir Afrikaanse skole. Of, beter gestel, Hoop. Wat ‘n pragtige oomblik, ek was bevoorreg genoeg om dit te kon deel. Die Afrikaanse jeug gaan nog van krag tot krag gaan in hierdie pragtige land van ons. Met God as die Leidsman.

zoom zoom ·

Die fondse vir die sprong kon ‘n paar kinders wit en swart wat nie ‘n tassie en skoolklere het nie gehelp het. Is dit ‘n show-off van wat geld kan doen

DVD ·

@zoomzoom Jy klink soos ‘n erg mislike mens. ‘n Mens noem dit “gees”.

zoom zoom ·

DVD.
Duidelik weet jy nie wat dit is om honger skool toe te gaan nie. Wat nog van ‘n tas of ‘n derdehandse skoolhemp en broek.

Eve ·

Trots om Klofie kinders te he! Ons glo die nuwe hoof sal die skool tot hoer hoogtes neem

Peet ·

Eks n trotse oud Klofie, en het van vandag af altwee my kids in Kloof. St8 en St6. Nuwe #Kloofhoof gaan ons nuwe hoogtes bereik, laat die suurbolle hieronder maar kla, net jaloesie!

Johann ·

Blykbaar is dit simbolies van n nuwe ere vir “Klofies”….. hulle kom terug aarde toe…..

SP ·

@EVE; dus word jy beindruk deur ‘n hoof wat so optree? Hy word betaal om sy werk te doen, nie om ‘n waaghals te wees nie. Jou skool fonds, het betaal vir die oefening. Ek hoop jy slaap lekker omte weet dat hy jou en ander se geld so mors. Ek sou hom aankla
van wan-bestuur en wan-administrasie, as ek ‘n kind in sy skool gehad het. Hoe gaan hy ‘n skoolfonds verhoging vir 2020 motifeer?

Meneer, jy het duidelik nie nou gedink nie! Dalk moet hy by die sirkus gaan werk?
Uiters Swak optrede, van ‘n skoolhoof, en bestuur!

Abe ·

SP.
Ek stem 100% saam met jou. Dis nie n skoolhoof se opdrag en plek nie. Hy moet foefies en harlekynstreke oorlaat vir die groentjieskonsert.

Harry ·

Suur Sp, jy weet amper niks en besef nie die volgende van hierdie skool se “goedkoop” skoolfonds en top matriekuitslae van 2018 nie (beste waarde vir geld in SA):
-2018 se skoolfonds was die goedkoopste (R28 800) van top presteerdende skole
-752 onderskeidings behaal vir 344 matrikulante (70 onderskeidings vir wetenskap en 45 vir wiskunde)
-Derde beste skool in Pretoria
-Sewende beste skool in Gauteng
Gaan kla eerder by die duur skole wat veel swakker presteer en los die beste skool uit waar onnies self vir vervoer skool toe betaal (dit sluit die nuwe hoof in).

SP ·

Dankie, Abe.
Harry jy is reg; ek is suur. Goed suur. Maar jy mis die punt, ongelukkig. Daar bestaan geen twyfel dat hierdie skool ‘n goeie skool is nie. Die prestasies is fantasties. En ek dink dis ‘n goeie voorbeeld van die standaard waarop alle skole in die hele Suid Afrka moet wees. In alle gemeenskappe.
Hierdie nuwe hoof, mors geld. Net soos regeeringsbeamptes. Dis nie nodig dat hy valskerm moet spring en die media moet betrek om almal bvewus te maak van sy teenwoordigheid nie. Ek is dus suur oor twee aspekte. Die eerste een is; ‘n vermorsing van skoolgeld. Die ander is meer moreel van aard. Watter voorbeeld stel hierdie man aan die kinders? Beslis nie nederigheid nie. Hierdie optreede toon dat hy juis eosentries is. Die Afrikaner moet oppas. Ander gemeeskappe sien ook hierdie optreedes raak. Ek is bang dat hulle hierdie optreede kan gebruik as ‘n stok om mee te slaan. Nie om saam te wer nie maar om tee-te-werk.

JJKL ·

Ek is BAIE beindruk SP, die onkende is baie by jou, dis duidelik uiteengeset vir ons deur die beheerliggaam dat dié sy idee was en dat hy die R900 betaal het om te spring. Hou op so suur wees, en gun ander iets lekkers op die eerste dag van skool.

Carel Wilken ·

Meneer, jy het duidelik nie nou gedink nie! Uiters swak kommentaar, SP. Gaan vra liewers die sowat 1890 leerlinge wat hulle dink van hulle skoolhoof! Ek glo vas dat hy met net soveel entoesiasme sy werk as skoolhoof sal aanpak. Daarmee saam sou dit beter wees dat jy jouself eers van ware feite vergewis voor jy snedige kommentaar lewer oor skoolfonds. Ek verwys na JJKL se antwoord op jou kommentaar….

B ·

Sjoe maar ons raak regtig ‘n spul galbrakende bitter mense, met ‘n gees van permanente kritisering!

Komaan man, trek jou skouers terug en glimlag bietjie!

Daarsy harry ·

Goeie kommentaar harry. Ek sien myne is no uit gevee.
Waterkloof is baie goeie skool.

En as die nuwe hoof iets “buitensporig” wil doen…. dan goed vir hom………

Mense moet maar net kalmeer….
Want dit lyk of kerm die NUWE kreet is in die wit familie. Haha .

Go klofies!!!!

kolla ·

Ek dink nie ek het al ooit soveel negatiewe mense raakgeloop soos hier by Maroela se kommentare nie. Suurknolle (ek wou eintlik iets anders sê). Mense, raak bietjie positief nie en tel jou seëninge.

naats ·

Dit is vir my vrek oulik as die keyboard warriors so moan oor niks.

SP ·

@ JJKL. In die kol. Dit ‘n bietjie aan die boodskap wat dit uit stuur. R900 kon 4 pare swart skoenne gekoop het vir kinnders wat dit nodig het. Die feit bly steeds staan dat hy uiters egosentries is. Sy eie-ek word verhewe. Dit stel geen voorbeeld van nederigheid vir kinders nie. Hierdie verhewe posisie bo ander sal nie gemeenskappe bou nie, maar eerder breek. Maar dit is nie net Waterkloof nie, dis sigbaar by alle Afrikaanse skole in Pretoria en Centurion. Dan huil ons weer wanneer die rooi-pette betoog voor ‘n skool se hek. En dan wonder ons waarom hulle nie van ons hou nie. Boodskappe soos hierdie beskerm nie die status-quo nie.
Jy is reg; dis juis die onkunde wat jy so vinnig vir my uit wys waarmee ons, ons-self in ‘n donder hoek toe geverf.

Peet ·

@SP, die spring het alles te doen met die nuwe tradisie wat ons hoof begin het vandag, face your fears, die matrieks van die jaar gaan staan om die rugby veld, die res van die skool om hulle, hulle kniel saam die hoof in gebed, skryf hul vrese op n ballon, en laat dit gaan. As jy so graag wil gaan skoene koop, gaan doen dit, glo my ons, die klofies en die hoof bring ons deel vir ons medemens, en het NIKS om oor skuldig te voel of jammer te se nie.

Self 'n Klofie ·

@SP,
Het jy na mnr. Denysschen se toespraak geluister?

Ek het alles behalwe die idee gekry da thy egosentries is. Hy het die ideale geleentheid gehad om al die eer vir homself toe te eien vir die matrieks van 2018 se uitstekende uitslae, maar hy het gekies om die onderwysers te bedank.

Hierdie hoof gaan jou nog verkeerd bewys.

Mnr. Denysschen was aan die stuur van ‘n skool waar hulle uitgereik het na minderbevoorregtes. Wanneer laas het jy iets vir iemand gedoen?

DDV ·

SP

Klink meer vir my of jy die egosentriese een is! Die man kan met sy eie geld maak wat hy wil!

Waarom kanselleer jy nie eerder jou internetkonneksie en koop met die geld daai pare skoene waaroor jy die heeltyd aangaan nie? Of is dit makliker om ander mense te kritiseer oor wat hulle met hulle geld doen?

Johann ·

Ons mis die klofie boodskap, die simboliek…. ons is saam met die hoof oppad terug aarde toe!

PietPompies ·

Beste SP,

Hier n paar feite.
Die skoolhoof het sy eie geld gebruik, om sy vrees vir hoogtes te oorkom.
Hy het die spring uit n vliegtuig gebruik om n voorbeeld vir die kinders te stel dat dit moontlik is vir iemand om oor hulle vreese te kom.

Dit was bedoel om die kinder te inspireer.

PietPompies ·

Beste SP,

Die hoof het die valskermsprong gedoem om as voorbeeld te dien vir die kinders. Hy het erge hoogte vrees en het sy eie geld gebruik om sy vrees te oorkom.
Dit is nie die tekens van ‘n egosentriese persoon nie…..

Ek dink nie 4 paar skoene sou dieselfde boodskap van oorkom jou vrese en moenie dat dit jou terughou kon lewer nie.

Wonder Net ·

Kon die geld wat daar vermors is.nie op iets beters gebruik gewees het nie. Sies skande.

Nett ·

Wat doen julle met die salarisse wat julle verdien? Koop julle elke liewe keer vir minderbevooregte mense of spandeer jy dit op iets mooi as jy dit sien? Dit is sy geld en hy kan dit spandeer soos hy goeddink!

Peet ·

@Nett! Presies! Hier lewer hul kommentaar maar sit op die internet, smartphones en en en, maar n nuwe hoof moet asb tog net nie R900 (van sy eie geld) spandeer op iets soos die nie.

ANTI-KLA ·

Sjoe, ek sien iemand wat kinders inspireer om te besef “The sky is the limit”…. Die lewe is ‘n avontuur.. Maak die meestevan elke oomblik… En ek glo almal wat kla oor die” vermorste”R900 wat die skoolhoof uit sy eie sak spandeer het, dink eers hoeveel skoene en kos hulle vir ander hulpbehoewendes kan koop elke keer wat hulle geld uitgee op wegneemkos, uiteet, alkohol/coke, sigarette/chocolates, fliek kaartjies, nuwe klere, haarafsprake, ens..? Live and let live. As selfversekerde mense jou pla, moenie nuus lees nie. Dit het niks met nederigheid te doen nie

PJC ·

Ek dink hierdie is ń skoolhoof duisend en ń inspirasie vir die kinders ook ń goeie voorbeeld van positiwiteit en entoesiasme vir die leerders en dit het die skool niks gekos nie. Dink net wat ń wonderlike voorbeeld en invloed dit op die kinders kan hê.

Ronel ·

Ek dink dis fantasties dat die hoof dit gedoen het. Nee ek is nie ‘n oud Klofie nie. Ek was in Overvaal. Ek wens die skole waarin my kinders is se hoofde wil die kinders so inspireer. FACE YOUR FEAR! Fantasties!!!! My kinders se skoolhoofde is egter te dik en stiksienig om so iets te doen.

Jepetto ·

volgende is die 1 ste rugby span wat sping of die rev glo my dis nie die uinde van die gespringery nie

Blaasoppie ·

Nou ja toe, eers raak die matriekafskeidsfunksies heeltemal “amerikaans” belaglik met hulle uitspattighede (motors, helikopters, peperduur uitrustings, ens.) en nou lyk dit my onderwysers wil daarop verbeter!

Antoinette ·

By kan mos met sy geld maak wat hy wil.Baie look gebaar mnr die skoolhoof.

Ja en ? Blaasoppie? ·

So…… as ek MY EIE GELD wil spandeer om vir my dogter n mooi kar te reel is dit UITSPATTIG?……

ONS WERK hard vir ons inkomste…. wat ek daarmee doen… is my saak.
As jy nie dieselfde kan doen nie, moet asb nie hier kerm oor iets soos n valskerm sprong nie ( wat hy SELF BETAAL HET)…..

HOU liewers op internet gebruik en skenk jou geld dan aan al die arm saliges… toe….

Ja nie so maklik nie ne?…

Jy sal liewers jou internet hou… sodat jy kan KERM en kerm en kerm elke dag. Ai shaampies

Alida ·

Ek kan nie glo almal kerm oor R900.00 nie. Die regering is besig om die beste part van R90miljoen te spandeer aan hulle verjaardagvieringe. Word groot asb.

Johann ·

Gelukkig is ons hoof en personeel goed gevestig… op hul voete…. ons “eagle” het al laaaankal geland, sonder nodigheid vir aandag soek en sensasie. Terloops al die Klofie navolgers: hoop DIE hoof hou sy hande uit die cookie jar? Maar laat ons nou nie n geskiedenis les aanhaal rondom die hoogte en laagte punte van leierskap en leerders se gedrag by Klofies nie!

Mel ·

Lekker om iets vir ons kinders te doen, was n oulike idee.
Almal wat so kla, gun ons kinders iets. Waterkloof is n gewone skool met gewone ouers en min genoeg fondse wat hard moet werk vir borge net soos enige ander skool wanneer iets spesiaals gedoen word om dit vir leerlinge lekker te maak.
Net jammer as jou Matrikulant dit moes mis omdat hy huistoe gestuur is vir n kuifie wat sy ooghare raak…regtig dissipline Mnr, jy kon daardie halwe cm maar vandag oorgesien het..

Lena Jonk ·

Kerm en kla maar, party mense sal dit doen dis maar n gewoonte by hulle. Baie van my familie was daar op skool en laat ek dit baie duidelik stel. Hoerskool Waterkloof is nog van min skole waar daar op hul God konsentreer word en nie op verkeerde opleiding nie. Daardie kinders daar kry aandag arm of ryk, vir daardie onderwysers gaan dit op goeie prestasies. Kinders uit daardie skool staan uit selfs op Universiteit, hulle is verstandig en ken dissilipline. WATERKLOOF BO. SEEN EN VOORSPOED VORENTOE, TROTS OP JULLE.

Pierre ·

Hierdie is vir my regtig ‘n hartseer dag in Pretoria. Hier is ‘n nuwe skoolhoof met nuwe gees vanuit ‘n ander Provinsie. Gemeet aan opmerkings toe hy aangekondig is as hoof het sy vorige skool net positiewe kommentaar gehad oor die man. ek dink die beeld wat hier geskep word as Pretorianers is duidelik nie wie en wat ons is nie. Snedigheid oor die skool en die man is onvanpas, my kinders is nie in Waterkloof nie maar ek stap elke oggend en middag by die skool verby, en ek kan met trots my mening lug, hierdie kinders sal jou altyd groet as jy daar verby kom, dit is ‘n beeld van integriteit en goeie waardes wat daar gekweek word. Kloof het elke jaar ‘n projek waar daar gekyk word na diens aan minder bevoorregtes waar daar sakke klere en kos ingesamel word vir verspreiding. So alvorens jy opmerkings wil maak en ‘n individu wil brandmerk voor jy hom ken en dan luister jy wat God se woord vir jou se, “verwyder eers die balk uit jou eie oog voor jy die splinter soek in ‘n ander se oog. Sterkte aan die nuwe hoof, ek glo jy gaan ‘n trotse Klofie wees.

Flip ·

Ai Ai Ai……..die Afrikaner darem…..ek persoonlik ding dit was in n lekker GEES gewees…n gees wat die skool lekker in gedeel het….so ja Die wat dit nie so sien nie….BOU N BRUG en kom daar oor….julle was seker van daai “klooster koeke ” op skool…..sies man….gun die skool dit dis n goeie afskop vir die jaar…..GAAN WATERKLOOF GAAN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

AD ·

Ek wil vir Waterkloof sê: julle het die beste hoof nog gekry. Chris is ‘n ongelooflike hoof.
Ek het die voorreg gehad om al my kinders deur sy hande te laat gaan die afgelope 11 jaar. Daar is nie beter nie. Chris gee om vir die kinders in sy skool, hy ken elkeen by die
naam (gee hom net so paar maande kans), sy deur is altyd oop en sy selfoon na ure altyd beskikbaar.
Leef jul visie en droom Waterkloof, die hoof se ondersteuning sal daar wees. As my jongste kon was die laaste 3 jaar van haar hoërskoolloopbaan in Waterkloof, saam die hoof wat sy respekteer en natuurlik haar tennis “coach” julle het hier ook die beste.
Elke mens kan sy eie kommentaar lewer, dis hul vrye reg en keuse. Of die skool daarvoor betaal of dit ‘n borg was of dit dalk Chris self was, wie sal weet. Skole se skoolfonds en toergelde word opgestel en bevat verskeie kostes. Die begroting is ter insae by elke skool volgens wet. Wees ingelig voor die klip ongetel word.

Veer ·

Mel, jy e-pos het goed begin. Waterkloof is ‘nTOP skool, met uitsonderlike prestasies.
Ek sal dit allermins gewoon noem . Kinders sal altyd ‘n vat kans vat en die ouers laat dit toe, die kind is uit die huis met ‘n verkeerde haarstyl of kuif in jou geval en die ouers is heeltemaal bewus daarvan. Dit wil sê dis toegelaat, as jou dissipline gaan, gaan jou skool. .. en moet dissipline nie eerste by die huis begin nie? Indien dit inplek was tuis, het ons nie nou hierdie kommentaar uitgeruil nie. Reëls is reëls en elke ouer is deeglik bewus van die gedragskode alvorens hy sy/haar kind by welke skool ookal inskryf. ‘n Mens is trots op jou skool en moet daarvolgens optree en vertoon, omdat jy die skool verteenwoordig terwyl jy daai gestreepte baadjie dra.

DVD ·

Ek weet goed wat dit is. Ek het self arm grootgeword.

Maar wat het dit hiermee uit te waai? Daar gaan altyd honger mense wees. Dit maak dit nie verkeerd om jou eie geld te gebruik soos jy goed dink nie.

Maar kom wys ons hoe word dit gedoen. Kanselleer jou internetverbinding, verkoop jou rekenaar / slimfoon en skenk die geld vir behoeftiges. Anders is jy ‘n hengse hippokraat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.