Video: Skoolmeisie in hof ná ‘aanranding’ by skool

‘n Skermgreep uit die video van die boelievoorval by die Modiri Secondary School in Ga-Rankuwa. (Skermgreep: Twitter)

ʼn Leerder van die Modiri Secondary School in Ga-Rankuwa verskyn na verwagting later vandag in die hof nadat ʼn video wat wys hoe sy ʼn ander leerder met die plathand bykom, op sosialemediaplatforms gedeel is.

In die video lyk dit of die slagoffer teen ʼn muur staan, met haar gesig bedek, terwyl die ander meisie haar herhaaldelik bydam. ʼn Skare leerders is saamgedrom om die twee meisies, maar in die video kan daar nie gesien word dat enigiemand werklik probeer ingryp nie.

Daar kan wel gehoor word hoe die meisie haar slagoffer herhaaldelik vloek. Dit is nie duidelik wat die motief vir die voorval is nie en teen die einde van die videogreep stap die meisie wat die slaanwerk doen, doodluiters weg.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het die skool Donderdag besoek en die leerder is dieselfde dag nog geskors, het Steve Mabona, departementele woordvoerder, gesê.

Die meisie wat in die video geslaan word sal berading ontvang en haar ouers is gevra om die situasie fyn te op te hou en die distrikskantoor te kontak indien daar ʼn behoefte aan verdere ingryping is.

Die slagoffer se ouers is aangemoedig om ʼn aanrandingsaak by die polisie aanhangig te maak en volgens Mabona is die meisie gisteraand in hegtenis geneem. Sy verskyn na verwagting later vandag in die Ga-Rankuwa-landdroshof.

Die departement het ouers intussen gevra om nié Vrydag na die skool te gaan nie, maar het leerders wel aangemoedig om soos normaal vir skool aan te meld. Lesufi het die skool se beheerliggaam beveel om redes te verskaf waarom hy nie weens die voorval ontbind moet word nie.

Maroela Media het ʼn navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Magda ·

Hoop sy gaan regtig lank gemeenskap diens doen en dat dit wel geruguleer word om toe te sien dat sy dit behoorlik en die tye wat dit aan haar teo gedoen word stiptelik sal volg. SHAME ON YOU – Wonder of dit ook in haar ouer huis gebeur??

Hannahoekom ·

Dit is absoluut afgryslik om te sien hoe tieners (partykeer selfs grootmense) mekaar boelie! Genade, ek dink almal verdien sy/haar plekkie in die son! Ek hoop daar word daadwerklik opgetree teen die meisie en haar swak gedrag.

Lakemalawi ·

Presies my vraag ook. Dis sy enigste oplossing vir enige iets, selfs as die melk in die yskas suur geword het.

AmY ·

Vir ‘n verandering doen hy wat hy eintlik moet doen, en los die Afrikaanse skole wat werk bietjie uit…

Henri ·

Gemeenskap diens mask been verskil nie. Hulls melt San En Dan staan hulls daar round En word later net huistoe Bestuur. New jammer die rottang mag nie meet gebruik word nie. Vowel is die bests ore oopmaker!!

Jr ·

So elke keer as iemand , iemand aanrand dan word die “School Governing Board ” ontbind. Dit is die antwoord mnr Slim

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.