[Video] Skoolseun rand meisie aan

WAARSKUWING: Die video is gewelddadig van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.

‘n Skermskoot uit die video.

Die departement van basiese onderwys het Donderdag gesê hy het met “afgryse en skok” bewus geword van ʼn gewelddadige video wat op sosiale media versprei word.

In die video kan ʼn mens sien die voorval is op ʼn skoolterrein afgeneem. “Dit het vermoedelik by ʼn skool in KwaZulu-Natal plaasgevind en wys hoe ʼn skoolseun ʼn skoolmeisie gewelddadig aanrand,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, gesê.

Mhlanga het gesê die departement veroordeel dié tipe geweld ten sterkste en sulke optrede sal nie binne die skoolomgewing geduld word nie.

Die departement is tans besig met ʼn ondersoek om vas te stel by watter skool die voorval plaasgevind het.

“Die departement sal toesien dat die strengste optrede moontlik teen die leerder geneem word. Ons beskou geslagsgebaseerde geweld in ʼn baie ernstige lig en verwag van die polisie om die oortreder dringend aan te keer en te vervolg.”

Hy het gesê sodra die slagoffer opgespoor is, sal die departement sorg dat sy ʼn mediese ondersoek ondergaan en verder bygestaan word.

“Ons waarsku leerders om hulle van sulke dade van geweld en wangedrag in die skoolomgewing te weerhou. Dié tipe optrede is ʼn kriminele oortreding waarteen ernstig opgetree sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Bernard ·

Hulle moet nie net die een wat haar aangerand het vervolg nie maar ook die een wat die video geneem het EN die een wat net na die aanranding na haar kant toe stap. Hoekom het hulle niks gedoen om haar te help nie of is hulle deel van die sameswering.

Juffie ·

Ek stem saam met jou Bernard!
Wonder hoekom sy toe in dieselfde rigting as die aanvaller/s “gevlug” het?

Peter ·

@Juffie, ons kan nie sien wat aan die ander kant is nie, dalk is dit n gang en daars net n badkamer of iets, waar sy dan vasgevang kan word, die wat ons kan sien gaan na n oop deel toe.

Penellope Jones ·

Ja, ek stem So saam!
Is dit aanvaarbaar dat mense ander afneem en dan pers toe hardloop, afgesien van wie, wat en waar?
Mobiele foonkameras het n baie magtige wapen geword.

Cathy ·

Ek echo jou gevoel, Bernard. Dis presies hoe ek gevoel het toe ek die video kyk en nog voordat ek jou kommentaar gelees het. Jou presiese woorde…

m ·

Vandag se kinders is ongelooflik aggressief en die humeure loop baie hoog. Wat gaan aan is daar glad nie meer dissipline in huise meer nie en alles word reggeslaan.

Jacques Venter ·

Hallo Chris
Ja die ou het beslis n loopbaan in die politiek in die oog

latie ·

ja ek stem saam word alles verkeerd geleer by minister doen

Loiz ·

@CT Botha, en wie is hulle? Ek hoop nie ek’s ingesluit by jou “ons” dan nie. Kinders van vandag raak so, gaan kyk maar, ongeskikte, egosentriese, look at me look at me houdings.

Cathy ·

Ek stem Loiz. Mens moet nie veralgemeen nie. Dis presies sulke aanmerkings wat rassisme kweek. Elke mens sal volgens sy die hart en date veroirdeel word.

Elmarie Swart ·

Omdat sekere minister nie daar en dan gearresteer is vir dieselfde tipe gedrag nie, leer kinders dat dit ok is. Hulle kon kinders beter leer as hulle die minister as n voorbeeld gebruik het. Begin asb die ondersoek eerste by julle.

Morne ·

Van wanneer af gryp almal hulle selfone ipv om iemand te help. is dit so belangrik om n video te post? Dis waar die problem begin almal wil so sosiaal “in” wees en alle menslikheid en common sense waai by die deur uit!

Jvdw ·

Dis vieslik verby, dis sulke goed wat ons as mens verander en die lelikste gedagtes en woorde kweit maak.

Candice ·

Jy kan hoor hoe die een wat die video half n giggel gee in die agtergrond!! Boellies!

marous ·

Met die voorbeeld wat die land se leiers stel is dit glad nie verbasend nie. Waar is die optogte en die brandstigters nou heen?

Marinda ·

Sis on you.
You should be ashamed of yourself. This is absolutely disgusting behaviour.

Magda ·

Ongelukkig in vandag se lewe is dit die voorbeelde waarmee die kinders groot word. Pa slaan ma…. ministers slaan vrouens……..
In meeste gevalle is die vaderfiguur afwesig in die huis……. en in meeste gevalle drink die mans . Daar is net eenvoudig geen waardestelsels en wederkeurige respek in die huisgesin en omgewing meer nie. En die kinders sien jy kan wegkom daarmee. Goeie voorbeeld vir kinders.

Piet ·

Dit was nog altyd so. Seuns op seuns geboelie was die ergste. Was self n slagoffer. Hoekom word geslags boelie bo die res gestel? Boelie is boelie!

k ·

stem saam met jou tot op n punt, dit is nie net mans wat drink en nie voorbeelde is nie… Daar is bitter baie mamma’s wat dieselfde doen…wat die outjie doen is glad nie reg nie en as dit my dogter was het hy gebloei saam sy pa en ma – maar behoed sy siel as dit my seun was… ek stem kinders vandag sê nie eens meer Asb en dankie nie (ook nie almal nie ek wil nie veralgeneem nie) so hoe op dees aarde verwag n mens dat hul respek moet he vir mekaar… dis siek – ek is so bly my ouers het my reg groot gemaak, kan nie genoeg dankie sê vie hul nie en as ek eendag kiddiez het hulle ook reg groot maak…

broos ·

maar die deputy minister van onderwys doen dit dan??? fabulous voorbeelde wat ons leierskap aan die kinders stel….

Chris ·

Die lat het seker by sy adjunk minister van wat ook al gesien hoe en wat jy moet doen.

Manie ·

Hoekom word daar so n groot ophef gemaak van wat hier gebeur het. Waar plaas moorde 1000 keer wreeder en erger is. Maar dit word nie gewys of eers gereporteer op TV nie. Dit is n skande man. SIES. (Ja dit wat hier gebeur het is glad nie reg nie en ek stem nie saam daarmee nie) gee die hond wind. Het Worsie Visser se liedjie gelui. Ai tog

Werner ·

Dus nie vandag se kinders nie. Hulle is so vir der duisende jare. Dus hoe hulle is. Daar kan maar nou kwaad geraak word en se dus nie slmsl nie maar dus hoe hulle is , was en altyd sal wees. Ons sien dit maar net dees dae met die hulp van sosiale media.

Pieta ·

Wie is “Hulle”……alle kinders van alle rasse is agressief en sonder maniere….Ek verstout my om te seg dei blanke kinders neem hier die voortou.

chrisp ·

Goed Piet bewys dit .
Wys ons die Video van ‘n blanke seun wat ‘n dogter so aanrand.
Anders praat jy snert.

Seeklong ·

Maklik om uit te vind waar dit gebeur het, kyk net na die skooldrag.

Hennie ·

Hierdie is ‘n voorbeeld van gedrag wat saam met die sogenaamde “demokrasie” gekom het. Dis goed wat ons nooit gesien het in die vorige bedeling nie, maar as ons dit voorhou dan word ons rassiste genoem en beland in hofsake. Dis maar net ‘n bewys van verrotte waardes, soos die domonstrasie van die agbare adjunk minister (van Onderwys nogal!!).

Abie Blaauw ·

Ek stem saam mett jou, Hennie. Kyk my kommentaar hier onder.

Genieve ·

Ek wil dit nie eens sien nie..dit breek n mens se hart om dit te aanskou.

Swartkat ·

As daai laatie wit was, was hy toegesluit en was borgtog geweier tot hy gevonnis is

Hendrik ·

Hoekom hulle gesigte uit blur? mense moet tenminste die aanrander se gesig kan sien, hy verdien dat almal sy gesig kan sien. Siek! Kinders kan doen net wat hulle vandag, maak my siek hoe vandag se generasie eerder so iets sal afneem as om die slagoffer te help.

Hendrik ·

Wat ek nie verstaan nie hoekom die ou met die jeans (onderwyser? ) nie die meisie help nie en die skool outjie bymekaar maak nie. Dit is tog ‘n man se plig om ‘n vrou te beskerm?

Ella ·

Dit is bitter erg. En toe sy opstaan moet sy maar vir haarself verder sorg… dis seker maar waaraan sy gewoond is. Dis dalk maar wat elke dag in haar omgewing gebeur? Dit is SO hartseer.

Susan ·

Nee regtig ek weet nie wat is die ergste ..die doodskus aanranding of die video..praat dit nie goed verkeerd is verkeerd..ma wonder gaan die mannetjie ok nou tronk toe of is hy te jonk..vra net

jaco ·

As n onderwyser net raak aan n kind, volg klagtes van aanranding en seksuele molestering

Abie Blaauw ·

Die publiek moet een feit in gedagte hou….die definisie van “skoolkind” het drasties verander die afgelope paar jaar. Hierdie is nie “kinders” soos wat tradisioneel die geval was nie…hierdie is produkte van die moderne samelewing…’n “make believe” wêreld waar waardes en norme so deurmekaar is soos die SA bevolking. Sulke “kinders” oorheers die samelewing en bepaal die norme…hulle ouere vrees hulle en die regering kan hulle hoegenaamd nie “regeer” nie. Dit is die volwassenes van môre en wat sal voortgaan om met hulle gebrekkige verwysingsraamwerke die land sal “regeer”…………Dit is tragies.

jannie ·

Nou gaan daar net verskoning gevra word en alles is vergewe en vergete

Daan ·

m. Die kinders is agressief agv geweldadige en demoniese videospeletjies,geweldadige rolprente op al die SAUK,DSTV en ETV kanale.Ook gebroke huishoudings met drank en dwelm misbruik en met afwesige vaderfigure.Baie word ook nie Christelik grootgemaak nie,so die fondasie (Christus) is nie daar nie.’n Huis wat op sand gebou is……?

Piet Pille ·

Ja Abie, die “skoolkinders” kan in graad 6 of 7, reeds 15 of 16 jaar oud wees. Sidder want dit is die leiers van die toekoms. Sal sekerlik ook min. van onderwys word.

Hendrik ·

Dit is wel waar. Dit is die swart laerskole in Newcastle se Madedeni en Osiweni se groot probleme dat die kinders in Graad 5 nalreeds 15 jaar oud is.

Alida ·

As hy te jonk is vir die tronk moet hy verbeteringskool toe gaan as daar nog soiets bestaan. Sal graag wil hoor wat gaan hulle met hom maak. Sal seker nooit hoor nie want daar is mos nie n blanke betrokke nie. Ironies.

Mrs.B ·

Die meisiekind loop in die rigting van die ander klaskamers. Die gang lyk amper soos die laaste ry klasse by die skool. Die seun wat aan die einde van die aanval in die sig in beweeg is in jeans geklee. Skool boelies is volop. My seun het ook deurgeloop so paar jaar gelede en dit hou net nooit op nie.

Johanna Botha ·

Hulle leer mos by die minister wat die 2 vrou in die club geslaan het …dit terwyl 2 poliese lyfwagte gekyk het …en daar gebeur niks met hulle ! Hulle leer dit ook in die ouerhuis en gemeenskap van waar hulle kom.

Andre ·

Waar is die ANC Youth League, ANC Womens League, ANC Vakbonde en selfs ons president of die EFF nou. Die onderwys se Mnr Manana stel ook ‘n voorbeeld. Of is dit die skerpioen se skuld?

Johannes van Staden ·

Het Lasufi al iets gese of stem hy saam deur niks te se nie.

Daleen ·

Ons land het wetteloos geword nou pluk die goewerment die vrugte van dit . Want alle misdaad word oorgekyk niks word gedn aan dit nie

Wat niemand raaksien ·

Sy staan so ongelooflik grasieus op soos n dame, bietjie duiselig van die pyn, vrek ingemaklik en selfbewus. Nee ek kry haar jammer

Andre van der bank. ·

Sorry to say. Beating a child will never work. Never ever. It’s all about you the parents, the way you educate your child, the love, respect for all around him, tollerance and wisdom. The love he or she see, the love between mom and dad, will for sure make a everlasting impression.

beskerm ons kids ·

Ek stel voor dat die nodige kennis vir kinders, onderwysers by skole gegee word, een keer ‘n week met saal opening die onderwerp aanraak en ook soms sprekes, dan kan niemand meld hul het nie geweet nie. Waarom word daar nie by skole plakkate en info details opgesit nie vir hulp ens nie, want ek weet baie kinders bly maar stil en dis nie reg nie

Du P. ·

Pieta, ag se my van watter ras is jy? Mense tree nie so op nie.

Bettie ·

HOEKOM IS SULKE KINDERS NOG IN NORMALE SKOLE…. HULLE MOET GESKORS WORD!!!!

Frans C ·

Kan jou verseker dat as die outjie vir 6 van die bestes met ‘n rotang gebuk het,hy twee keer sal dink voordat hy dit weer doen.

Daan ·

Lizl,dit sou net nuuswaardig wees as dit jou dogter of ‘n ander wit kind was,nê?

Piet ·

Pieta, ek was in n hele paar skole agv my pa se werk. Nerens het ek gesien dat blanke seuns n meisie so aanrand nie. Van watter gemeenskap is jy dan?

Annatjie ·

Hoekom word mens eers bewus hiervan wanneer die video sosiale media bereik? Wat het haar onderwyser gedoen of die personeel wat haar net daarna in haar beseerde toestand gevind het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.