Podcast: Play in new window
Waarskuwing: Die video volg onderaan die berig en mag sensitiewe lesers ontstel
ʼn Skoonmaker by ʼn skool in Standerton, Mpumalanga, is in hegtenis geneem nadat hy op video afgeneem is waar hy ʼn skolier met ʼn besem aanrand.
ʼn Leerling het die voorval met ʼn selfoon afgeneem en die beeldmateriaal aan die Standerton Advertiser-verskaf, wat dit op hul Facebook-blad gelaai het.
Lt. Johannes Nhlabathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het verlede Donderdag by die Stanwest Gekombineerde Skool plaasgevind. “Die 16-jarige skolier het glo voor die voorval op die skoolbanke gespring en die skoonmaker het hom gesien,” het Nhlabathi gesê. “Die skoonmaker het die klaskamer betree en die seun met ʼn besem aangerand. Hy het die besem op die leerling gebreek.”
Nhlabathi het gesê die seun is tydens die aanval beseer en het baie gebloei. ʼn Saak van aanranding is dieselfde dag by die polisie aanhangig gemaak. Die polisie het die skoonmaker Vrydag in hegtenis geneem, en hy het dieselfde dag in die Standerton-landdroshof verskyn.
“Die man moet Dinsdag weer in die hof verskyn. Hy bly in polisieaanhouding tot dan,” het Nhlabathi bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Hierdie nuwe besem het meer as net skoon gevee!
Dit is nou maar hoe dit gedoen word onder skere kulture.
As jy 16 jaar oud is, behoort jy al genoeg breinselletjies te he om te besef daar kan moontlike reperkussies wees as jy soos ‘n onopgevoede barbaar op meubels spring. Se nou net jou voet het gegly en jy het jou nek gebreek!
Is dit maar net nog ‘n bewys van die verval van onderwys in SA? Ek merk dat beide Andre en Marlene tel onder die geledere van die wat nie behoorlik geskool is in lees of die begrip van dit wat hulle lees nie. Nerens het ek iemand iets toegewens nie. Ek het bloot uitgelig dat ‘n “normale” tiener van 16 behoort te besef dat dade gevolge het. Ek keur dit geensins goed dat die tiener met ‘n besem aangerand is nie. Dit is en bly barbaars! Maar die feit bly staan dat sy optrede tot erger beserings kon lei. Die… Lees meer »
Dankie, RS. Beter kon ek dit self nie stel nie.