Video: Skoonmaker rand leerling by skool aan

CaptureWaarskuwing: Die video volg onderaan die berig en mag sensitiewe lesers ontstel

ʼn Skoonmaker by ʼn skool in Standerton, Mpumalanga, is in hegtenis geneem nadat hy op video afgeneem is waar hy ʼn skolier met ʼn besem aanrand.

ʼn Leerling het die voorval met ʼn selfoon afgeneem en die beeldmateriaal aan die Standerton Advertiser-verskaf, wat dit op hul Facebook-blad gelaai het.

Lt. Johannes Nhlabathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het verlede Donderdag by die Stanwest Gekombineerde Skool plaasgevind. “Die 16-jarige skolier het glo voor die voorval op die skoolbanke gespring en die skoonmaker het hom gesien,” het Nhlabathi gesê. “Die skoonmaker het die klaskamer betree en die seun met ʼn besem aangerand. Hy het die besem op die leerling gebreek.”

Nhlabathi het gesê die seun is tydens die aanval beseer en het baie gebloei. ʼn Saak van aanranding is dieselfde dag by die polisie aanhangig gemaak. Die polisie het die skoonmaker Vrydag in hegtenis geneem, en hy het dieselfde dag in die Standerton-landdroshof verskyn.

“Die man moet Dinsdag weer in die hof verskyn. Hy bly in polisieaanhouding tot dan,” het Nhlabathi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marieta ·

As jy 16 jaar oud is, behoort jy al genoeg breinselletjies te he om te besef daar kan moontlike reperkussies wees as jy soos ‘n onopgevoede barbaar op meubels spring. Se nou net jou voet het gegly en jy het jou nek gebreek!

Marlene ·

Ek kan nie glo jy wens ‘n mens dit toe nie – dis WALGLIK.

Die seun moes nie op die tafel gespring het nie, feit, die werker het geen reg gehad om sy hande te lig teenoor hom nie, en nog die besem op hom gebreek het. Dis onaanvaarbaar.

RS ·

Andre, jy moet eerder met jou karretjies op die snelweg gaan speel, mens kan sien jy is een van daai wat geen respek het vir n vrou nie! as jy niks goed kan se, hou eerder jou walglike kommentaar vir jouself!!

Marieta, dit is hoekom vandag se kinders geen maniere het nie, want daar is nie meer so iets soos gehoorsame kinders nie, dit is gehoorsame Ouers! kyk as ek so moes optree het ek wragties nie n vel op my agterstewe oorgehad nie, my Pa sou my ordentlik maniere leer!! Maniere, Respek en discipline is net nie meer in die nageslagte teenwoordig nie, dit vandaar al die moorde, kinders wat hulle eie Ouers of Familielede vermoor ens. verkragting ens. ons lewe in n siek siek wereld!!

Marieta ·

Is dit maar net nog ‘n bewys van die verval van onderwys in SA? Ek merk dat beide Andre en Marlene tel onder die geledere van die wat nie behoorlik geskool is in lees of die begrip van dit wat hulle lees nie. Nerens het ek iemand iets toegewens nie. Ek het bloot uitgelig dat ‘n “normale” tiener van 16 behoort te besef dat dade gevolge het. Ek keur dit geensins goed dat die tiener met ‘n besem aangerand is nie. Dit is en bly barbaars! Maar die feit bly staan dat sy optrede tot erger beserings kon lei. Die enigste walglike kommentaar hier, is van diegene soos julself, wat dit wel aan ‘n ander toewens. Se nie juis veel van jou eie opvoeding nie, of hoe, Andre?

Marlene ·

Marieta, lees asseblief weer my kommentaar, dit was in antwoord op die André wat jou ‘n lelike wens toegewens het wat beslis boekdele van homself as mens spreek.

Ek gaan nie aandring op ‘n verskoning van jou kant af nie, ek stem wel saam met jou aanvanklike kommentaar.

AmY ·

Ek kan nie onthou dat ek ooit, toe ek op skool was, op die tafels gespring het nie. My agterstewe sou verseker aan die brand gewees het. Dog net ek noem dit…

Marlene ·

Jy is reg Amy, toe is kinders nog getugtig tuis, kinders sou dit ook nie waag nie. Dis waar respek vir ouer mense en mekaar inkom. Kyk hoe gaan dit sedert lyfstraf tuis en by skole verbied is.

Marieta ·

Marlene, jy het nie nodig om op ‘n verskoning aan te dring nie. Ek offer dit nederig en uit vrye keuse. Ek was gefokus op die woord “walglik” en het toe self die fout begaan om nie eers die inhoud en konteks van jou kommentaar te ontleed nie. Baie jammer vir my kortsigtigheid.

Marlene ·

Alles reg, lees jou weer raak hier op Maroela. Ek trap self soms in ‘n strik, moenie sleg voel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.