Video: Skote, brandende bande op Malmesbury

‘n Skermgreep van Vrydag se betogings op Malmesbury. (Skermgreep: Twitter)

Mense is aangeraai om paaie in en om Malmesbury te vermy nadat oproer Vrydagoggend in dié Wes-Kaapse dorp uitgebreek het.

Buitebande is onder meer op die N7 by die dorp aan die brand gesteek.

Op video’s van die oproer wat op sosiale media gedeel is, kan gehoor word hoe skote klap terwyl swart rookwolke oor die gebied hang.

Die polisie is ontplooi na dié boerderydorp wat bekend staan as die hart van die Swartland.

Talle mense met stokke in die hand het deur die strate marsjeer en gedreunsing.

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê sowat ʼn duisend ontevrede inwoners van Ilingelethu en Saamstaan het aan ʼn betoging oor beweerde gebrekkige dienslewering betoog.

Hulle is onder meer ontevrede oor ʼn gebrek aan behuising en hoë kragrekeninge.

“Die polisie het vroeër rubberkoeëls gevuur nadat jong mense voertuie op die N7 met klippe bestook het,” sê Swartbooi.

ʼn Memorandum is ook aan die burgemeester oorhandig.

Volgens Swartbooi is geen inhegtenisnemings gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sarel ·

LET WEL Geen Inhegtenisnemings nie..wanneer gasn die ding end kry

andre ·

Immigrante vanoor Suid-Afrika en die res van Afrika stroom die Wes-Kaap binne. Hulle word toegelaat om grond onwettig te beset , Dan word hulle toegelaat om bestaande infrastruktuur te vernietig/afbrand . Dan “demand” hulle infrastrutuur sonder betaling.As hulle nie kry wat hulle “demand” nie word hulle toegelaat om die proses van vernietiging voort te sit. Die onderliggende probleem is na regte die instansies wat alles toelaat.!!

Kokerboom ·

” Demand” kultuur gaan voort. SAPD toon weereens sy onvermoeë en papbroekigheid om paaie te beveilig teen boewe terwyl hardwerkende betalende belastingbetalers die spit moet afbyt…mense moet paaie vermy…Rerig!!!Amper soos borde op paaie wat sê”Potholes” terwyl paaie nie onderhou word!!Die twak moet nou einde kry!!!

JohanR ·

Dit was my eerste gedagte Chris dupreez. Die ANC seisoen van opstookery in die Wes-Kaap het begin en sal aanhou tot die 31ste October. Die ANC is net dood en voudig gemors!

Lourens CFG ·

Dan moes ek en my vrou ook daar gewees het. Ons krag is van R750/m na R1300/m toe, was gewoonlik omtrent helfde van my SASSA geld, nou is dit alles.
Res vd maand gebruik ons vroutjie s’n.

Di ·

Ons ALMAL gaan gebuk onder baie groter krag rekenings, om als te brand en onskuldige mense met klippe te bestook gaan NIKS in die sak bring nie. Gaan na die ANC se kantore toe en gaan doen dit daar, dis waar al die probleme ontstaan.

Hoekom ·

Hulle is sulke lafaards, dat hulle onskuldige mense se lewens ontwrig. Gaan na die middelpunt van die probleem, die ANC en gaan ontwrig hulle lewens…

Kremetart ·

Gebrek aan behuising en hoë kragrekenening? Wil al weer alles verniet hê!!!

Mariana ·

Ag te lekker, dis nou mos maar SA vir jou. As jy ontevrede is mag jy brand, breek, moor en wat nog, solank jy nou net nie wit is nie. Duisende betaal hoë kragrekeninge, gaan betoog by Eskom en ANC, dis hulle skuld en ook Nersa. Dienslewering is ook ongelukkig iets waarvoor ons almal moet betaal en behuising is landwyd ‘n probleem, maar miskien moet mense nie so baie kinders kry nie want die land is te oorbevolk. Te veel mense, te min huise en een van die dae nog te min kos ook.

Cabytheron ·

Hoe dom moet jy wees om op die vooraand van die verkiesing so tekere te wil gaan! Liewe genade, gaan stem net die mense in beheer uit met die verkiesing of is daar ‘n ander agenda???

Saartjievandiebosveld ·

Ons is ook gatvol vir hoë krag rekenings. ..ons s’n is vir Sept 2021… R12 300.00.

Adriana ·

Verjaag al daardie Oos Kapernaars terug na waar hul vandaan kom, 90% van hulle is verantwoordelik vir al die onluste in die Kaap. Seisoen werkers vanaf daar wat net daar plak as hul werk klaar is, jaag hul terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.