Video: Skote klap toe groep op geldwa toeslaan; een dood

‘n Foto van die toneel in Klerksdorp, Noordwes (Foto: SAPD/Twitter)

ʼn Veiligheidswag is dood en twee ander beseer toe ʼn groep swaar gewapende aanvallers Donderdag op ʼn G4S-geldwa buite Standard Bank in Klerksdorp in Noordwes toegeslaan het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 11:30 in OR Tambostraat in dié stad plaasgevind.

Rikhotso sê ʼn groep verdagtes, wat vermoedelik met AK47 en R5-aanvalsgewere gewapen was, het op die transitovoertuig losgebrand waarna hulle die veiligheidswagte in die G4S-voertuig gedwing het om hulle toegang tot die kontant te gee.

Sy sê daar was ʼn skietgeveg toe die polisie en die verdagtes in die middel van die straat op mekaar losgebrand het.

Rikhotso sê ʼn veiligheidswag is raakgeskiet en is op die toneel dood verklaar. Nóg ʼn veiligheidswag en ʼn omstander is in die voorval gewond en na die hospitaal gehaas.

“Die verdagtes het met ʼn groot sak vol geld in ʼn wit Toyota dubbelkajuit-bakkie gevlug,” sê sy. “Dit is nog nie duidelik hoeveel geld in die voorval gesteel is nie.”

In ʼn video van die voorval, wat sedert Donderdagmiddag wyd op sosiale media versprei word, kan gehoor word hoe skote in die middel van die straat klap. Minstens vier verdagtes, al vier met aanvalsgewere gewapen, is duidelik sigbaar.

Rikhotso sê die polisie en ander ondersoekspanne is steeds op die toneel om dit vir leidrade te fynkam. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Let wel: Die klank is uit die video verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Avra ·

Ons moet baie ryk rowers in Suide Afrika he met al die geld wat gespeel word.

Al ·

Stem saam!! Nog ñ onskuldige persoon het deel geraak van die misdaadstatistiek.
Sy sal SA se strate sonder begeleiding moet aandurf – ek glo nie sy sien kans daarvoor nie!
Lindiwe die wêreld is ñ global village, you can’t hide.

Tanya Jacobs ·

Voorval was vandag Donderdag 19 April. Nie Woensdag nie

Hennie ·

Ja nee kyk vandat al die spesiale eenhede in SAPS onbind is gebeur al die nonsens. Die ou moord en roof van brixton het baie sukses behaal. SANAB is toe gemaak hulle was suksesvol. Die ou anti high jacking unit is toegemaak en kyk wat gebeur nou! Al wat die land weer sal begin regkry is om daai eenhede weer op die been te bring en n ordentlike justiese systeem wat vedagtes laat les opse. Dis een rede hoekom baie van ons ou lede ontslag gekoop het!!

Cyril Blackburn ·

Dagsê lesers
Dankie vir julle kommentaar! Dit was inderdaad ʼn oorsig aan ons kant – ons vra om verskoning. Die voorval het beslis Donderdag plaasgevind. Die berig is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Kobus Swart ·

Net regstelling.Volgens die videos was die polisie nie teenwoordig toe daar geskiet is nie.Hulle was eers n halfuur later daar al is hulle skaars 4 blokke weg.Die ambulans was eerste daar.

Speedy Laurens ·

R5 aanvals gewere. Dis polisie en weermag uitreiking so hoeveel polisie en weermag lede betrokke by die rowe??

Hendrik ·

Die sekuriteit en bankwese wil net slagoffers speel en is nie regtig ernstig om transito rooftogte hok te slaan nie. DIe metodes om geld te vervoer en oor te dra is oud modies en maklik deilbaar. Hulle verloor soveel geld en miskien is die versekering op die geld ook ‘n kroekspul. Maatskappy weet mos wat die modus operanti is en daar is genoeg geld in die banksisteem om die geld oordrag te outomatiseer en te beveilig. Nee wat die bank en sekuriteits is ‘n klomp amateurs. Hulle word elke dag gevang deur ‘n klomp slimmer ouens as hulle!.

Security ·

Hendrik in dien moontlik deel asb jou outomatiseer plan met ons

Louwboepens ·

Ja Security ek wil ook van Hendrik weet hoe kom die geld outomaties in die tellermasjiene as ek kontantgeld trek.

Wonder ·

Is dit nie snaaks dat ‘n wit Toyota Hilux double cab gebruik word om die bank te roof, en net ‘n paar da voor die tyd is ‘n wit Toyota Hilux double cab bakkie gesteel in Stilbaai waar 4 persone aangeval is deur vyf mans terwyl hul buite gesit en kuier het nie????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.